Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Blommekykers " deur GEORGE WEIDEMAN
"Blommekykers " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #84618] So, 28 September 2003 14:39 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
George Weideman

Blommekykers

sal daar blomme wees vanjaar?
is vooruitsigte goed of sleg?
nooit vra hoe staan die koring
het dit al gereën het die skaap kondisie nie
aljimmers net die blomme

en end augustus kom die konvooie
uit die kaap die baai en die transvaal
kom kombi's en langslapgatkarre
kom trap gousblom en sporrie snuif
kom bier en braairib in die hand
die kameras die zirr en klik
van kykgat tot by kamieskroon
(tot selfs ouma nie meer kán lag nie)

julle noordwesters is dárem gasvry
maar hoe lééf julle sonder tv?
't amper vir hom gesê dankie ons sien vêr genoeg
maar verdee of hy sal verstaan
as ons vêr oor die vlaktes na die weste tuur
sien ons hoe wissel kleur op kleur:
bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
en die baldadigste geel varkensknol
saans die son pure bóntkopdoek
snags die sterre ons eie silwerdoek
vroegskemer smôrs misroepertjie wat fuuut
die mis stoot oor klaasvakie stout sê sjuut

maar as die blomme vir hulle te veel word
of die water darem té brak, dan pak hulle in
wat die oë sien en die hande kan dra:
here wat sal pam sê van dié "karos" -
wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
hoe groen sal ou herbie net nie wees nie!
imagine 'n egte "tonteldoos"! dalk
kan jy die watsenaam - gat, nè? - gat-
skuur vir 'n deurstop vat
en o ja dankievirriewildsbiltong
dis awfulnicevanjulle sê my watsievinnigstepad
uit hierdie godverlate gat

somtyds voel mens
jy sien net bittergousblom
en gifmelkbos
somtyds wil mens bid
kóm toemaakmis
kom trek jou sluier
kom maak jou kinders se oë toe
of oostewind
kom waai jou waai
kom waai maar
álles
moerland toe
Re: "Blommekykers " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #84630 is 'n antwoord op boodskap #84618] Ma, 29 September 2003 04:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hier in moerland is die Jakarandas besig om reg te maak vir 'n pers kombers.
Dit lyk my of hulle hierdie jaar 'n aks laat kan wees.
Vir 4 weke van die jaar betower die Jakarandas al die besoekers - en daarna
versuur hulle die lewe van die inwoners, grensloos.

"@rogers.com" wrote in message
news:RoCdb.144703$Lnr1.322@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
> George Weideman
>
> Blommekykers
>
> sal daar blomme wees vanjaar?
> is vooruitsigte goed of sleg?
> nooit vra hoe staan die koring
> het dit al gereën het die skaap kondisie nie
> aljimmers net die blomme
>
> en end augustus kom die konvooie
> uit die kaap die baai en die transvaal
> kom kombi's en langslapgatkarre
> kom trap gousblom en sporrie snuif
> kom bier en braairib in die hand
> die kameras die zirr en klik
> van kykgat tot by kamieskroon
> (tot selfs ouma nie meer kón lag nie)
>
> julle noordwesters is dárem gasvry
> maar hoe lééf julle sonder tv?
> 't amper vir hom gesê dankie ons sien vér genoeg
> maar verdee of hy sal verstaan
> as ons vér oor die vlaktes na die weste tuur
> sien ons hoe wissel kleur op kleur:
> bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
> en die baldadigste geel varkensknol
> saans die son pure bóntkopdoek
> snags die sterre ons eie silwerdoek
> vroegskemer smôrs misroepertjie wat fuuut
> die mis stoot oor klaasvakie stout sê sjuut
>
> maar as die blomme vir hulle te veel word
> of die water darem té brak, dan pak hulle in
> wat die oë sien en die hande kan dra:
> here wat sal pam sê van dié "karos" -
> wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
> hoe groen sal ou herbie net nie wees nie!
> imagine 'n egte "tonteldoos"! dalk
> kan jy die watsenaam - gat, nê? - gat-
> skuur vir 'n deurstop vat
> en o ja dankievirriewildsbiltong
> dis awfulnicevanjulle sê my watsievinnigstepad
> uit hierdie godverlate gat
>
> somtyds voel mens
> jy sien net bittergousblom
> en gifmelkbos
> somtyds wil mens bid
> kóm toemaakmis
> kom trek jou sluier
> kom maak jou kinders se oë toe
> of oostewind
> kom waai jou waai
> kom waai maar
> álles
> moerland toe
>
Re: "Blommekykers " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #84648 is 'n antwoord op boodskap #84630] Ma, 29 September 2003 12:38 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Hier in moerland is die Jakarandas besig om reg te maak vir 'n pers kombers.
> Dit lyk my of hulle hierdie jaar 'n aks laat kan wees.
> Vir 4 weke van die jaar betower die Jakarandas al die besoekers - en daarna
> versuur hulle die lewe van die inwoners, grensloos.

En is hulle nou nie ook veronderstel om onwettig en onwelkom
te wees nie?
Hier is die blare ook laat. Net so hier en daar sien mens iets wat
verkleur. Dit is vir my altyd so effens skokkend om te dink dat
juis op die tyd wanneer die kleurewonder so in die noordelike
halfrond begin, die jakarandas ook blou in die suidelike halfrond
staan.

Gloudina
Vorige onderwerp: " selfs die son " deur PIETER SMIT
Volgende onderwerp: " Naaldekoker " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 10:35:00 MGT 2024