Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ek het al elke koers gevat " deur KOOS DU PLESSIS
" Ek het al elke koers gevat " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #84350] So, 21 September 2003 14:33
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koos du Plessis

Ek het al elke koers gevat

Ek het al elke koers gevat
die hoofweg en die kronkelpad,
gedrink en eet wat ek kon kry,
van duiwelsdrek tot wildevy,
hier gery en daar geloop,
soms getwyfel, soms gehoop;
veel bemin en veel gehaat,
van albei ewe min gebaat.
Toe sien ek oos word eindelik wes
en elke pad is soos die res
en alle water kom van bo;
dat duiwelsdrek en wildevy
in net dieselfde grond gedy
en waar die wildevye vrek
daar kwyn maar ook die duiwelsdrek
en of jy loop en of jy ry
die koers sal net dieselfde bly.
Vorige onderwerp: " Kwaad wind" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: " Lady Anne by die mikrogolfoond" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:45:19 MGT 2024