Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Sondag van 'n kind" deur D.J. OPPERMAN
" Sondag van 'n kind" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #83839] Vr, 12 September 2003 22:59
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
SONDAG VAN 'N KIND
D.J. Opperman

My vader, moeder, broer en ek
het rape uit die land getrek,

hulle in die spruitjie skoon gewas
en saam gaan eet op klawergras.

Later toe ons by 'n waenhuis kom
was al die bure saamgedrom,

en by die een vervalle hoek
lees iemand vir ons uit 'n boek.

Klip na klip word die muur gerol
tot by 'n lam met raapwit wol.
Vorige onderwerp: " Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT
Volgende onderwerp: " 11 September 2001 " deur VINCENT OLIPHANT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 00:46:30 MGT 2024