Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT
" Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT [boodskap #83256] Wo, 03 September 2003 18:49 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koos A Kombuis (André Letoit)
Swart Transvaal

In die glasruite van aande
Weerkaats die laaste maande
Skimme van 'n ou beskawing
Voor ons kerkgeslag se sonde

En in die slootjies van Pretoria
Tussen die disko's en geboue
Vloei bloed tussen indoena-oë
Wat opflikker uit die koue

Van die Empireweg in Melville
Tot die mynhope van weerwil
Groei die dood tot krasser lewe
Deur gesprek en geld-opdrifsel

Want die erwe van ons vaad're
Sal vir plotte teen ons kinders tel
Vars grond, bloedgrond tuimel in
Ideale val soos Carltonville

Ondergronds is God die hel in
Vir die Boerenasie
Wat bid soos Fariseërs
Maar nooit wil ophou rasie

Afrikaners, vroueslaners
Doemprofete en kritici
Kom vergader hier en sing nou saam
Die wiegelied van anargie

Afrikaners, babaslaners
Skisofrene en politici
Kom vergader hier en sing nou saam
Die wiegelied van anargie

Kluite vroetel, krieke jakker
Vloerplanke kraak slapers wakker
Grafstene kom in opstand
En beset die Heldeakker

Sigarette word uitgedoof
Terwyl trae psalms God nog loof
Ons hoogste ambisies is van onder
Deurdrenk met suur, geskeur, gekloof

Afrikaners, swarteslaners
Balhangers en para-medici
Kom vergader hier en sing nou saam
Die wiegelied van anargie

Afrikaners, volksvermaners
Digters en akademici
Kyk hoe lê die land weer braak
Net soos voor die Trek van vanmelie

Van dak tot fondament
Sprei rysmiere oor monument
En kil torings van klein dorpies
Selfs die Strydom-koepel is geskend

So kom ons om, so kom ons om
En al verder rank die honger blom
Van revolusie oor die aarde
So word ons Voortrekkers weer stom

Van skrik ...

En blaai deur boeke
Vergeel met voorvaders se soeke
Verspil soos bloed oor ou portrette
Gebars soos spieëls in donker hoeke

Afrikaners, jaag-kak-aners
Vroedvroue en tegnici
Kom sing nou saam, kom sing nou saam
Kom sing nou saam en wees nie skaam nie

Afrikaners, Pretorianers
En M.A.-grade met Cum Laude
Kom kniel hier saam en sing uit volle bors
Die slaaptydliedjie van nog 'n revolusie
Re: " Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT [boodskap #83273 is 'n antwoord op boodskap #83256] Wo, 03 September 2003 23:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien jy het nou 'n ding vir onse Koos. Ek het nog nooit regtig aanklank
gevind by die mense nie, maar "each to his own" as jy van sy goed hou is ek
bly vir jou - regtig :))

E

"@rogers.com" wrote in message
news:oJq5b.64959$kH3.13593@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
> Koos A Kombuis (André Letoit)
> Swart Transvaal
Re: " Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT [boodskap #83276 is 'n antwoord op boodskap #83273] Do, 04 September 2003 00:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Ek sien jy het nou 'n ding vir onse Koos. Ek het nog nooit regtig aanklank
> gevind by die mense nie, maar "each to his own" as jy van sy goed hou is ek
> bly vir jou - regtig :))

Nee, ek het nou nie regtig 'n ding vir Koos Kombuis
nie. Maar wat hy sê hou verband met sommige van
die dinge wat deesdae op die nuusgroep bespreek
word. Baie van die dinge het hy natuurlik lank gelede
geskryf, en ek neem aan meeste van die dinge is
eintlik woorde van songs, dus is dit nou nie eintlik
vreeslik goeie gedigte nie.

Gloudina
Re: " Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT [boodskap #83282 is 'n antwoord op boodskap #83276] Do, 04 September 2003 04:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti. Ek hou baie van Koos K. Mal oor sy songs. Maar in die gediggie oortref
die skisofreen homself.
"@rogers.com" wrote in message
news:a8w5b.367383$4UE.89561@news01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Elaine wrote
>
>> Ek sien jy het nou 'n ding vir onse Koos. Ek het nog nooit regtig
> aanklank
>> gevind by die mense nie, maar "each to his own" as jy van sy goed hou is
> ek
>> bly vir jou - regtig :))
>
> Nee, ek het nou nie regtig 'n ding vir Koos Kombuis
> nie. Maar wat hy sê hou verband met sommige van
> die dinge wat deesdae op die nuusgroep bespreek
> word. Baie van die dinge het hy natuurlik lank gelede
> geskryf, en ek neem aan meeste van die dinge is
> eintlik woorde van songs, dus is dit nou nie eintlik
> vreeslik goeie gedigte nie.
>
> Gloudina
>
Re: " Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT [boodskap #83293 is 'n antwoord op boodskap #83276] Do, 04 September 2003 09:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Liedjies is ook gedigte. As jy die musiek wegvat is dit woorde wat rym -
dus 'n gedig.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Nee, ek het nou nie regtig 'n ding vir Koos Kombuis
> nie. Maar wat hy sê hou verband met sommige van
> die dinge wat deesdae op die nuusgroep bespreek
> word. Baie van die dinge het hy natuurlik lank gelede
> geskryf, en ek neem aan meeste van die dinge is
> eintlik woorde van songs, dus is dit nou nie eintlik
> vreeslik goeie gedigte nie.
>
> Gloudina
>
Re: " Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT [boodskap #83300 is 'n antwoord op boodskap #83293] Do, 04 September 2003 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - wat is jou punt?

"Elaine" skryf in boodskap news:3f5706aa$0$64721@hades.is.co.za...
> Liedjies is ook gedigte. As jy die musiek wegvat is dit woorde wat rym -
> dus 'n gedig.
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Nee, ek het nou nie regtig 'n ding vir Koos Kombuis
>> nie. Maar wat hy sê hou verband met sommige van
>> die dinge wat deesdae op die nuusgroep bespreek
>> word. Baie van die dinge het hy natuurlik lank gelede
>> geskryf, en ek neem aan meeste van die dinge is
>> eintlik woorde van songs, dus is dit nou nie eintlik
>> vreeslik goeie gedigte nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: " Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT [boodskap #83316 is 'n antwoord op boodskap #83300] Do, 04 September 2003 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie een nie...

"Jonas" skryf in boodskap news:bj789f$6dd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - wat is jou punt?
Re: " Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT [boodskap #83319 is 'n antwoord op boodskap #83316] Do, 04 September 2003 17:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit bevestig my indruk ...

"Elaine" skryf in boodskap news:3f575730$0$64728@hades.is.co.za...
> Ek het nie een nie...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bj789f$6dd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Elaine - wat is jou punt?
>
Re: " Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT [boodskap #83324 is 'n antwoord op boodskap #83319] Do, 04 September 2003 19:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Sep 2003 19:16:52 +0200, "Jonas" wrote:


>> "Jonas" wrote in message
>> news:bj789f$6dd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Elaine - wat is jou punt?


>
> "Elaine" wrote in message
> news:3f575730$0$64728@hades.is.co.za...
>> Ek het nie een nie...

> "Jonas"
> Dit bevestig my indruk ...

gmmf. Hieraan moet onttrek word

DD
Re: " Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT [boodskap #83367 is 'n antwoord op boodskap #83324] Vr, 05 September 2003 12:18 Na vorige boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Katolieke metode.

> gmmf. Hieraan moet onttrek word
>
> DD
>
Vorige onderwerp: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS
Volgende onderwerp: " Sondag van 'n kind" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 06:20:45 MGT 2024