Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS
" the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83243] Wo, 03 September 2003 11:30 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
André Letoit (Koos Kombuis)
the rise and fall of the afrikaans empire

"You reached for the secret too soon -
You cried to the moon" Pink Floyd

Langs die ou grondpad
Het 'n doringboompie gestaan.
Ossewaens en Model T's
Het elke week verby gegaan -
Families het later
Piekniek gehou in sy skadu,
By die water
Van die stroom
Met hampers en kiste bier.
So is die Afrikanervolk gebore;
Babalaas en loom,
'n Burp wat eggo
Verby doringdraad, blokhuis
En die verveelde doringboom.

Geen Engelse wa het hom vertrap nie -
Hy het homself ingeperk, verdors, verknel,
Toe, op 'n dag,
Die bouers in hul blikhuisies kom werk
Aan 'n nuwe hoofweg; glad en snel
Vir môre se toeriste
In hulle fur-en-chroom-ses-silinder-
doodskiste.

Vandag weet niemand van die doringboom
En slegs 'n skelet
Is sigbaar in die nag
En, as jy naby genoeg stap
Tussen die kliperts en die kriekies
Hoor jy nog die gelag van kinders
Waar families vleis gebraai het -
Die doringboom is dood
En gister se geskater
Met blikkoppies by die water
Is versteen vir 'n nuwe nageslag
In muf swart bladsye
En geel kiekies.

'n Stukkende stofpad
Bak nog agtermiddags in die son
Met disselbos en klitsgras geplavei
As afgeleefde monument
Vir reisigers uit die ou tyd
Maar 'n eeu moes end
En inkeer op homself, going, going, gone .
Stil, herders van die volk, leiers van die
warboel-trekkery
Want die era van die doringboom is klaar
verby.
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83247 is 'n antwoord op boodskap #83243] Wo, 03 September 2003 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bliksim wit  is tans af-lyn  bliksim wit
Boodskappe: 54
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 03 Sep 2003 11:30:28 +0000, @rogers.com wrote:

> André Letoit (Koos Kombuis)
> the rise and fall of the afrikaans empire
>
> "You reached for the secret too soon - You cried to the moon" Pink
> Floyd
>
Is dit iets wat Andre geskryf het (nie die quote nie!)?

Hoekom is party afrikaners:
a. Self-behep en voel die ingelse het ons ingedoen b. Self-behep en voel
dat die ANDER afrikaners voel die ingelse het ons ingedoen c. Behep met
beelde uit die verlede van 2 miljoen wit mense wat met niemand in europa
oor die weg kon kom nie (om nie eers te praat van die locals nie)
d. Naief oor wie eintlik belang stel om te luister na enige komentaar wat
geisoleerd en gekonstrueer is om a romantiese (of anti-romantiese) verlede
te vereer.

Wat is dit wat Koos,bitterkomix etc. wil behou? Ons passie vir
regverdigheid? Die NG kerk? Die broederbond? Onafhanklikheid? Die feit dat
ons nie soos Rhodesia was nie? Afrikaner kultuur?

Of net miskien ons ironiese oogpunt oor die voortrekker monument?

Verandering in globale ekonomiese reels is heeltyd aan die gang. Wereld
politiek verander (die amerikaners is nie ons vriende nie!). Die mense in
Irak is werklik broers in die internasionale teater want soos die buurman
wie se hond op jou stoep poefie, raak Sadam/Putin/Bush se optrede ons in
elke faset van ons lewe. Nou praat ons van "real issues!" soos Israel en
die palesteine.

Jammer dat die afrikaans so geroes is soos a pomphuis in die neentigs op
Odendalsrus.
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83254 is 'n antwoord op boodskap #83247] Wo, 03 September 2003 18:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit wrote

> Is dit iets wat Andre geskryf het (nie die quote nie!)?
>
> Hoekom is party afrikaners:
> a. Self-behep en voel die ingelse het ons ingedoen b. Self-behep en voel
> dat die ANDER afrikaners voel die ingelse het ons ingedoen c. Behep met
> beelde uit die verlede van 2 miljoen wit mense wat met niemand in europa
> oor die weg kon kom nie (om nie eers te praat van die locals nie)
> d. Naief oor wie eintlik belang stel om te luister na enige komentaar wat
> geisoleerd en gekonstrueer is om a romantiese (of anti-romantiese) verlede
> te vereer.

Ja, dis iets wat Koos Kombuis geskryf het.

Jy vra indringende vrae, maar mag ek jou 'n vraag vra?
Hoekom het jou eie gedig ( as dit deur jou geskryf is)
so "behep" geklink met Afrikaners en SA realiteite?
Ek wil graag weet, hoekom het jy PJ Nienaber in jou
gedig verewig. Dis seker die laaste persoon wat ek sou
verwag om as 'n verwysing in 'n gedig raak te loop.

Penkop van die Derde Republiek
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83260 is 'n antwoord op boodskap #83254] Wo, 03 September 2003 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bliksim wit  is tans af-lyn  bliksim wit
Boodskappe: 54
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 03 Sep 2003 18:26:07 +0000, @rogers.com wrote:

> bliksim wit wrote
>
>> Is dit iets wat Andre geskryf het (nie die quote nie!)?

>> Hoekom is party afrikaners:
>> a. Self-behep en voel die ingelse het ons ingedoen b. Self-behep en
>> voel dat die ANDER afrikaners voel die ingelse het ons ingedoen c.
>> Behep met beelde uit die verlede van 2 miljoen wit mense wat met
>> niemand in europa oor die weg kon kom nie (om nie eers te praat van die
>> locals nie) d. Naief oor wie eintlik belang stel om te luister na enige
>> komentaar wat geisoleerd en gekonstrueer is om a romantiese (of
>> anti-romantiese) verlede te vereer.
>
> Ja, dis iets wat Koos Kombuis geskryf het.
>
> Jy vra indringende vrae, maar mag ek jou 'n vraag vra? Hoekom het jou
> eie gedig ( as dit deur jou geskryf is) so "behep" geklink met
> Afrikaners en SA realiteite? Ek wil graag weet, hoekom het jy PJ
> Nienaber in jou gedig verewig. Dis seker die laaste persoon wat ek sou
> verwag om as 'n verwysing in 'n gedig raak te loop.
>
> Penkop van die Derde Republiek

Om die waarheid te se, dit was a arbitrere "vis". Net om te sien wie wat
optel. Dit is waar, Nienaber is a arbitrere verwysing na my eie verlede,
Caledon, Riana .... en man met baard (was a radio omroeper gewees met soet
stem). Ek dink Tafelberg het hulle uitgestuur om met die oumense te gaan
praat. Een of ander digbundel aan die boere af te smeer. Op daardie
stadium het ek in Greyton gebly en toe besluit om te gaan luister.
Nienaber was vereer deur dieselle afrikaners wat hom NY toe gedryf het (ek
kan nie die details van N se storie onthou nie anders as wat die mat met
die soet stem die aand vertel het nie).

Sy gedigte het geen indruk op my gelos nie, maar dit was waarskeinlik
myself gewees. Ek het omtrent daardie tyd geleer die my oogpunt net my
oogpunt was, so, bestaansreg vir almal.

Sover as die beheptheid met afrikana: Niks fout met dink nie. Die probleem
is die probleemstelling. Koos (met alle respek gese omdat ek baie respek
het vir wat die man in sy lewe al geskryf het) is soos RR Ryger en meeste
Hond skrywers interessant want die eksestensiele angs raak aan iets in my
boere siel. Maar, tyd stap aan en meeste van die kwessies wat keer na keer
opgebraak word is dieselle kwessies wat ek in enige kroeg by suiplap kan
uittrek. Net in ander woorde. Daar is volgens my al baie vordering gemaak
in terme van die "wie, wat, waar hoekom kwessies ....."

Jy sien die slang en sy stert ding...
Is a boer soos valhalla, iets gehammer uit die bybel en ander goeie boeke?

Anyhow, die derde republiek? Wat is die reels in die derde republiek? Hoe
word mens a penkop in die derde republiek?

Verskoning oor die indringendheid van die vorige email. Was nie bedoel
nie.

Cheers,
B
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83266 is 'n antwoord op boodskap #83260] Wo, 03 September 2003 22:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit wrote

> Anyhow, die derde republiek? Wat is die reels in die derde republiek? Hoe
> word mens a penkop in die derde republiek?

Wel, wel, wel. Ek het nooit gedink ek sal die dag sien
dat mense begin vra oor lidmaatskap in die Derde
Republiek nie. Ek dink nie daar is reëls in ons Derde
Republiek nie. Dis 'n kuber-republiek. Jy hoef nie
eens in SA te bly nie. (Dit sluit dus die diaspora in.
Jy kan in die strate van Liverpool loop en nog in
die Derde Republiek wees.) Die enigste reël
waaraan ek kan dink, is om trots te wees op jou
Afrikanerskap, en die respek van die wêreld
na te streef en te verdien. Dit beteken dat daar
groot huisskoongemaak moet word onder die
Afrikaner. Al die snert van die apartheidsvarke,
al die snert oor hoe vreeslik sleg die Afrikaner na
die Tweede Vryheidsoorlog behandel was, moet
uitgegooi word.

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens
(voorsitster van die komitee wat nuwe lidmate
werf vir die Derde Republiek.)
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83267 is 'n antwoord op boodskap #83260] Wo, 03 September 2003 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit wrote

Dit is waar, Nienaber is a arbitrere verwysing na my eie verlede,
> Nienaber was vereer deur dieselle afrikaners wat hom NY toe gedryf het (ek
> kan nie die details van N se storie onthou nie anders as wat die mat met
> die soet stem die aand vertel het nie).
>
> Sy gedigte het geen indruk op my gelos nie

Ek is nog effens verwar. PJ Nienaber, as ons van dieselfde
ou praat, was nie eintlik 'n digter nie. Ek praat van die ou
wat Afrikaanse professor by Wits was en wat bekend was
vir sy talle bloemlesings van ander mense se werk. Sy broer
Stoffel het, dink ek , gedigte geskryf. Stoffel se eerste vrou
was Sheila Cussons, wat natuurlik bekend is as digter.
'n Afrikaanse digter wat wel vir 'n ruk in NY gebly het,
was Barend Toerien.

Tant Hessie van die Bronx
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83268 is 'n antwoord op boodskap #83260] Wo, 03 September 2003 22:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit wrote

. Maar, tyd stap aan
Net in ander woorde. Daar is volgens my al baie vordering gemaak
> in terme van die "wie, wat, waar hoekom kwessies ....."

Ek is geinteresseerd. Kan jy die vordering beskryf oor die
wie/wat/waar/hoekom kwessies.

Die Ruiter in die Nag
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83269 is 'n antwoord op boodskap #83260] Wo, 03 September 2003 22:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit wrote

> Is a boer soos valhalla, iets gehammer uit die bybel en ander goeie boeke?

Dierbaarheid. Jy is goed. Ek dink dis die kruks van die
saak. Ek wil van nee antwoord, maar laat ons hoor wat
jy (en ander) daaroor te sê het.

Penkop tussen die twee oseane
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83275 is 'n antwoord op boodskap #83266] Do, 04 September 2003 00:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bliksim wit  is tans af-lyn  bliksim wit
Boodskappe: 54
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 03 Sep 2003 22:23:52 +0000, @rogers.com wrote:

> bliksim wit wrote
>
>> Anyhow, die derde republiek? Wat is die reels in die derde republiek?
>> Hoe word mens a penkop in die derde republiek?
>
> Wel, wel, wel. Ek het nooit gedink ek sal die dag sien dat mense begin
> vra oor lidmaatskap in die Derde Republiek nie. Ek dink nie daar is
> reëls in ons Derde Republiek nie. Dis 'n kuber-republiek. Jy hoef nie
> eens in SA te bly nie. (Dit sluit dus die diaspora in. Jy kan in die
> strate van Liverpool loop en nog in die Derde Republiek wees.) Die
> enigste reël waaraan ek kan dink, is om trots te wees op jou
> Afrikanerskap, en die respek van die wêreld na te streef en te verdien.
> Dit beteken dat daar groot huisskoongemaak moet word onder die
> Afrikaner. Al die snert van die apartheidsvarke, al die snert oor hoe
> vreeslik sleg die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog behandel was,
> moet uitgegooi word.
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens (voorsitster van die
> komitee wat nuwe lidmate werf vir die Derde Republiek.)

Ok, dis al amper slaap tyd vir my maar siende dat ek in elke geval vanaand
in die sitkamer slaap is dit nie regtig a probleem nie.

1. Ek wil onmiddellik aansoek doen om a penkop vir die derde republiek te
word. Ek hou van kamp en vleisbraai en ek glo in reg in verkeerd.

2. P J Nienaber mag ek dalk heeltemal verkeer het. Vir baie jare het ek
nou glad nie aan die saak gedink nie en dit mag wees dat ek jesus en die
duiwel met mekaar verwar. Nienaber lyk my soos die ou wat my eerste boek
met afrikaanse gedigte uitgegee het.

3. Vordering oor die wat/waar/hoekom kwessies le vir my opgesluit in
amateur wiskunde. Die probleem is eerstens om die probleem te formuleer en
dit is waar die menslike brein tekort skiet. Dit is vir my duidelik dat
daar sekere paradokse bestaan wat miskien die duidelikste beskryf word in
Hofstadter se boeke (GEB and MMT). Ander skrywers soos Stephen Wolfram
sien die probleem in a baie spesifieke lig maar op die ou end stem meeste
van die ouens saam dat daar a gaping is tussen die individu se denke en sy
vermoee om sekere pradokse oonskeinlik energie-loos op te los, maar ter
selfde tyd kan hy nie die proses beskryf nie. Daar is lig aan die einde
van die tonnel in dat al die probleme verband hou met "self verwysing". Om
die verbinding met afrikaanse skrywers wat soos asvoels om hulle eie kop
tol te maak is moeilik, want daarvoor moet ek die probleem en sy oplossing
kan beskryf en dit is ..... a self verwysende probleem. Maar dit is
moontlik om die probleem aan te spreek sonder om dit te formuleer of te
probeer oplos. So hier is a paar riglyne:

Skrywers moet hul self addresseer in hulle eie werk anders is die werk
boring. Die balans is in die rekursiewe aspek van die verwysing. Soos my
kinders se; more is less and less is more.

Konteks skakeling is belangrik en dit is waarskeinlik die oplossing vir
skrywers. Die voor/nadeel van teks is dat die leeser se konteks bestaan
grootendeels in hulle kop en die teks kan dit verander. My ervaring is dat
skryfwerk met min konteks skakeling is vervelig.

Nie alle rekursiewe verwysings is gelyk nie. Maar meeste van hulle is
omtrent ewe fasineerend as jy eers daaraan begin dink.(moet nog meer
daaroor dink en dit is die probleem, dink)

Laastens het ek die voorbeeld van a skrywer hier gebruik. Vir my maak dit
nie saak of die rokit wetenskap, a verhouding met jou lewensmaat of a trip
na die kafee op die hoek is nie, alle aspekte van mens wees het die
beginsels in gemeen. Die probleem is net dat ons nie toegang het hierna
nie en dit is werklik net in ons koppe.

Dit is vir my a form van ontoeganklike universialiteit.

Maar, dan is ek dalk soos so baie afrikaners heeltemal verkeerd, op a
dwaalspoor, besig on my eie chromosome te regverdig.

Groete van a penkop in die derde republiek (aansoek afwagtend)
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83278 is 'n antwoord op boodskap #83275] Do, 04 September 2003 02:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit wrote

> 1. Ek wil onmiddellik aansoek doen om a penkop vir die derde republiek te
> word. Ek hou van kamp en vleisbraai en ek glo in reg in verkeerd.

Ek weet nou nie so mooi van die "glo in reg in verkeerd" nie,
tensy jy nou bedoel het "reg en verkeerd." Die "reg in verkeerd"
is 'n ernstige metafisiese probleem wat Tant Hessie nog nie
heeltemal goed gedeurdink het nie.
Ek wonder of jy besef wat jy op jou skouers neem wanneer
jy 'n penkop in die Derde Republiek wil word. Weet jy hoe eensaam
dit is om op die grense wag te staan? Weet jy hoe hard dit is om
gedurig "werda" te roep en mense te konfronteer. Maar jy is welkom
om aan te sluit. Teken net jou naam saam met die titel Penkop, sodat
ons kan onderskei tussen die twee penkoppe wat ons nou in die
Derde Republiek het.

Tant Hessie van Jerigo
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83279 is 'n antwoord op boodskap #83275] Do, 04 September 2003 03:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit wrote

> 3. Vordering oor die wat/waar/hoekom kwessies le vir my opgesluit in
> amateur wiskunde. Die probleem is eerstens om die probleem te formuleer

Jy begin nou hier in diep waters inloop, maar hou asseblief aan
loop. Ek neem aan jy ken die werk van Poincaré in die verband.

Ken jy "Zen and the Art of Motorcycle Maintenance" van Robert
Pirsig?

Gloudina
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83280 is 'n antwoord op boodskap #83275] Do, 04 September 2003 03:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit

> Skrywers moet hul self addresseer in hulle eie werk anders is die werk
> boring.

> Konteks skakeling is belangrik en dit is waarskeinlik die oplossing vir
> skrywers. Die voor/nadeel van teks is dat die leeser se konteks bestaan
> grootendeels in hulle kop en die teks kan dit verander. My ervaring is dat
> skryfwerk met min konteks skakeling is vervelig.

As ek jou reg verstaan, dink jy dat 'n skrywer eers interessant en
relevant word as hy sy eie ondervindings-sfeer in die gedig betrek,
maar dat dit ook moet skakel met die "konteks" wat die leser in
sy kop ronddra. Ek stem heeltemal daarmee saam. Dit is daarom
dat ek somtyds baie verveeld word met gedigte van Breyten
Breytenbach, omdat hy somtyds te min aanskakeling vind by die
kontekste wat ek in my brein ronddra. En waarom ek byvoorbeeld
dink die gedig wat ek onlangs geplaas het - Die Brommer van
Charl-Pierre Naude - so 'n briljante gedig is, want dit skakel aan
by so baie kontekste in my kop.

Gloudina
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83329 is 'n antwoord op boodskap #83279] Do, 04 September 2003 20:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bliksim wit  is tans af-lyn  bliksim wit
Boodskappe: 54
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 04 Sep 2003 03:11:16 +0000, @rogers.com wrote:

> bliksim wit wrote
>
>> 3. Vordering oor die wat/waar/hoekom kwessies le vir my opgesluit in
>> amateur wiskunde. Die probleem is eerstens om die probleem te formuleer
>
> Jy begin nou hier in diep waters inloop, maar hou asseblief aan loop. Ek
> neem aan jy ken die werk van Poincaré in die verband.
>
> Ken jy "Zen and the Art of Motorcycle Maintenance" van Robert Pirsig?
>
> Gloudina

Vergewe my, maar die stelling was "reg en verkeerd". Ha weereens word daar
vir ons gewys hoe een glip van die finger wit in swart verander. Chaos
teorie in aksie.

Poincare se wiskunde kom terug van my universiteits dae of Wiskunde 201 of
iets? Is daar iets anders in die veld wat die moete werd is om in te kyk?
Ek is altyd op soek na kort, kragtig en doelgerigte rugbyspeelers....eh,
opstelle.

Het Zen al a paar keer probeer lees en sal volgende keer meer moeite maak.

Gloudina, is die nie erns in die Vrystaat nie? ;-)

Dit is vir my altyd verbasend hoe min vryheid daar in die Vrystaat is.
Tensy jy die tekort aan geleentheid as a vryheid sien. Ah, chaos teorie op
sy beste.

Groete,

Penkop B

(onthou, net omdat ek a penkop is beteken nie dat ek met neef se opinie
saam stem nie. Jy sien, dit is die ding van hierargie, een drag maak mag!)
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83330 is 'n antwoord op boodskap #83329] Do, 04 September 2003 22:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit wrote

Ha weereens word daar
> vir ons gewys hoe een glip van die finger wit in swart verander. Chaos
> teorie in aksie

Ja, so baie "glipse" so baie verskillende "situasies." Ek hou
van die Tibetaanse buddhisme se konsep van die bestaan
van miljarde heelalle, almal geskep in die proses van
"dependent origination." Alles natuurlik geskep deur die
brein.

Gloudina
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83331 is 'n antwoord op boodskap #83329] Do, 04 September 2003 22:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit

> Poincare se wiskunde kom terug van my universiteits dae of Wiskunde 201
of
> iets? Is daar iets anders in die veld wat die moete werd is om in te kyk?
> Ek is altyd op soek na kort, kragtig en doelgerigte rugbyspeelers....eh,
> opstelle

Ek stel voor dat jy "Zen and the Art of Motorcycle Maintenance"
weer 'n slag goed deurlees. Elke keer as ek dit weer deurlees, en
ek lees dit gereeld oor en oor, begryp ek meer waarvan hy praat.
Ek kry die Poincaré angle by hom. Net soos die hoofkarakter,
het Poincaré tot die ontdekking gekom dat wat ons wetenskaplike
konsepte en feite noem, maar net keuses is wat gemaak is op een
of ander stadium omdat hulle "convenient" is.

Gloudina
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83332 is 'n antwoord op boodskap #83329] Do, 04 September 2003 22:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit

> Gloudina, is die nie erns in die Vrystaat nie? ;-)
>
> Dit is vir my altyd verbasend hoe min vryheid daar in die Vrystaat is.
> Tensy jy die tekort aan geleentheid as a vryheid sien. Ah, chaos teorie op
> sy beste.

Ek dink daar is 'n Gloudina in die Vrystaat. Wonder
hoekom so 'n skaars naam nou verewig is in 'n dorp
se naam?
Daar is glo ook 'n handdoek met die naam "gloudina"
daarop. Daar was 'n periode toe mannetjies wat gif
op my wou spoeg, altyd hierdie feit aangehaal het.
Maar ek dink hulle tipe het besluit dat hierdie nuusgroep
nie vrugbare teelaarde vir hulle verkrampte opinies is
nie, toe het hulle maar die handdoek ingegooi.
Snaaks dat jy dink daar is so min vryheid in die
Vrystaat is. Ek dink altyd aan die Vrystaat se
geskiedenis as meer verlig as die van die ou
Transvaal. En die mense wat daar bly, as minder
bekonkel en bekramp as die mense verder oos.

Gloudina
Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83333 is 'n antwoord op boodskap #83329] Do, 04 September 2003 22:08 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit wrote

> Penkop B
>
> (onthou, net omdat ek a penkop is beteken nie dat ek met neef se opinie
> saam stem nie. Jy sien, dit is die ding van hierargie, een drag maak mag!)

Natuurlik is jy geregtig op jou eie opinies. Dis juis een van
die boustene van die Derde Republiek.
Solank ons maar net saamstem oor die feit dat ek
Penkop A is.

Penkop A van Agtertang
Vorige onderwerp: " Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het " deur S.J. du TOIT
Volgende onderwerp: " Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 21:35:53 MGT 2024