Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Welkom in my kasteel " deur HENNING PIETERSE
" Welkom in my kasteel " deur HENNING PIETERSE [boodskap #82086] Di, 12 Augustus 2003 03:08 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
H.J. Pieterse
Welkom in my kasteel

Welkom in my kasteel. Jy lyk verbaas;
die mure brei uit, trek hulself weer in.
Jy raak aan klip, tas aan die begin
en einde van tyd wat déúr my vensters blaas.
Wat bly oor? Jy kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
Trek die gordyne van jou oë oop
en sien my landgoed se grense in die lug.
Water ruis onder en deur my valbrug
na seë wat alle vastelande sloop.
Wat bly oor? Ek kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
Jy voel vreemd; kom nader, kyk rond.
Uit jou drome ken jy reeds dié prent,
en waarop my kasteel se fondament
ook al gebou is, dit bly steeds grond.
Wat bly oor? Ons kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
Re: " Welkom in my kasteel " deur HENNING PIETERSE [boodskap #82114 is 'n antwoord op boodskap #82086] Di, 12 Augustus 2003 15:38 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Toe ek die oorspronklike gedig oorgeplaas het op die
nuusgroep, het dit die skeidings tussen strofes uitgeskakel.
Hieronder is soos " Welkom in my kasteel" moet lyk.
Henning Pieterse is myns insiens een van die beste jonger
Afrikaanse digters. Hier neem hy die legende van Bloubaard
en speel daarmee in verskillende gedigte.

> Welkom in my kasteel
>
> Welkom in my kasteel. Jy lyk verbaas;
> die mure brei uit, trek hulself weer in.
> Jy raak aan klip, tas aan die begin
> en einde van tyd wat déúr my vensters blaas.
> Wat bly oor? Jy kyk terug.
> Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.

> Trek die gordyne van jou oë oop
> en sien my landgoed se grense in die lug.
> Water ruis onder en deur my valbrug
> na seë wat alle vastelande sloop.
> Wat bly oor? Ek kyk terug.
> Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.

> Jy voel vreemd; kom nader, kyk rond.
> Uit jou drome ken jy reeds dié prent,
> en waarop my kasteel se fondament
> ook al gebou is, dit bly steeds grond.
> Wat bly oor? Ons kyk terug.
> Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
Vorige onderwerp: " By Tontelbos " deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: " Droom van Bloubaard se vrou " deur HENNING PIETERSE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 00:53:55 MGT 2024