Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Withings van die Namib" deur EVERWYN WESSELS
" Withings van die Namib" deur EVERWYN WESSELS [boodskap #81568] Do, 31 Julie 2003 20:12
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Everwyn Wessels

Withings van die Namib

En teen die hele, groot, koue
woestynmakende
Suid-Atlantiese wêreld-see,
op wie se rug ysberge soos Rynse kastele ry,
die vurige oë van 'n wit Namalandse Arabierhings,
met blouskimmelmane soos branderspat,
geteel deur Freiherr Von Funcke op Brak-Oos,
en geskilder deur Meester Adolph Jentsch,
geskenk aan 'n vrou, 'n skraal bruinvelvrou,
met lang grys oë en steil, blinkswart hare,
klein, sterk, dun hande, en rats, dun voetjies,
in nommer vier hoëhak-hofskoentjies,
en dun, effens getuite, rooi lippies,
en spierwit, sterk tande in Binne-Kannaland
se rypappelkoos-rooi, diep-grond-op-kalk geteel,
soos die Ingelse perd moer van daardie
vuurslag-vuurvreter hingsperd,
ongetemd
soos die ongetemde, ontembare Namibwoestyn,
en die Suid-Atlantiese groen-blou seë-see,
wat ontembaar self, alles tem
met die oudste stang en kenketting,
die inbreek snytrens, dood.
Vorige onderwerp: " Heilige Beeste " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Troos " deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 13:49:39 MGT 2024