Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Heilige Beeste " deur D.J. OPPERMAN
" Heilige Beeste " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #81380] Di, 29 Julie 2003 22:30
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
D.J. Opperman

Heilige beeste

Dit is my laaste besit
wat ek bedags langs die Taka verdedig
en snags in die kraal tussen kiepersol en klip:

hulle wat wei
waar die hadida in die noorsboom wag
bo peule, miershoop en gras;

hulle wat afhanklik is
van die bul wat die sand krap
en die reuk van die koei nog vat;

hulle wat afstam
van kuddes deur dansende impi's omring
in die koningskrale van Senzangakona en Dingaan;

hulle my drie drifte:
die aardse, die vrou en die Groot-Groot-Gees
oor die kraal tussen kiepersol en klip.
Vorige onderwerp: " Kontrak " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Withings van die Namib" deur EVERWYN WESSELS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:24:42 MGT 2024