Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Give me hope Johanna . . . . .
Give me hope Johanna . . . . . [boodskap #81138] Sa, 26 Julie 2003 19:36 na volgende boodskap
Fransie  is tans af-lyn  Fransie
Boodskappe: 38
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Almal ken seker daai anti-apartheids liedjie wat ons supposedley nie mog
hoor nie.

Kan iemand my dalk verduidelik wie daai "Preacher who works for Jesus" van
wie die man sing?

Desmond (snotklap) Tutu?
Re: Give me hope Johanna . . . . . [boodskap #81178 is 'n antwoord op boodskap #81138] So, 27 Julie 2003 01:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Fransie" wrote in message

> Almal ken seker daai anti-apartheids liedjie wat ons supposedley nie mog
> hoor nie.
>
> Kan iemand my dalk verduidelik wie daai "Preacher who works for Jesus" van
> wie die man sing?
>
> Desmond (snotklap) Tutu?

Ja, dis Tutu. Die woorde is:

Even the preacher who works for Jesus
The archbishop who's a peaceful man
together say that the freedom fighters will
Overcome the very strong.

Dit was vir my nog egter altyd snaaks hoe hulle
van " johanna " gepraat het (wat tog duidelik na
Johannesburg verwys) asof hulle na die apartheids-
regering verwys. Asof hulle dink die hoofstad van
SA is Johannesburg.
Die song is nogal taamlik spesifiek in sy kennis
van die situasie. Soos in

Sneakin' across all the neighbours borders
now and again having little fun
She doesn't care if the fun and games she play
Is dangerous to everyone.
en
She's got supporters in high-up places
who turn their heads to the city sun

Ek neem aan laasgenoemde verwys na Reagan en Margaret
Thatcher. Mens mis eintlik hierdie anti-apartheid liedere noudat
dit nie meer nodig is om dit te sing nie. " Biko" was so 'n goeie
song, en is met soveel ontroering gesing deur so baie bekende
sangers.

Gloudina
Re: Give me hope Johanna . . . . . [boodskap #81193 is 'n antwoord op boodskap #81178] So, 27 Julie 2003 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tufka  is tans af-lyn  Tufka
Boodskappe: 31
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Wie het die song nouweer geskryf en gesing?
Tuff

@rogers.com wrote:
> "Fransie" wrote in message
>
>
>> Almal ken seker daai anti-apartheids liedjie wat ons supposedley nie mog
>> hoor nie.

>> Kan iemand my dalk verduidelik wie daai "Preacher who works for Jesus" van
>> wie die man sing?

>> Desmond (snotklap) Tutu?
>
>
> Ja, dis Tutu. Die woorde is:
>
> Even the preacher who works for Jesus
> The archbishop who's a peaceful man
> together say that the freedom fighters will
> Overcome the very strong.
>
> Dit was vir my nog egter altyd snaaks hoe hulle
> van " johanna " gepraat het (wat tog duidelik na
> Johannesburg verwys) asof hulle na die apartheids-
> regering verwys. Asof hulle dink die hoofstad van
> SA is Johannesburg.
> Die song is nogal taamlik spesifiek in sy kennis
> van die situasie. Soos in
>
> Sneakin' across all the neighbours borders
> now and again having little fun
> She doesn't care if the fun and games she play
> Is dangerous to everyone.
> en
> She's got supporters in high-up places
> who turn their heads to the city sun
>
> Ek neem aan laasgenoemde verwys na Reagan en Margaret
> Thatcher. Mens mis eintlik hierdie anti-apartheid liedere noudat
> dit nie meer nodig is om dit te sing nie. " Biko" was so 'n goeie
> song, en is met soveel ontroering gesing deur so baie bekende
> sangers.
>
> Gloudina
>
Re: Give me hope Johanna . . . . . [boodskap #81194 is 'n antwoord op boodskap #81193] So, 27 Julie 2003 15:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tufka" wrote in message

> Wie het die song nouweer geskryf en gesing?

Geskryf deur Eddy Grant. Bekend gemaak deur
Dr. Victor and the Rasta Rebels, 'n groep oorspronklik
van Kimberly.

Gloudina
Re: Give me hope Johanna . . . . . [boodskap #81195 is 'n antwoord op boodskap #81178] So, 27 Julie 2003 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" < wrote in message >

> Ja, dis Tutu. Die woorde is:
>
> Even the preacher who works for Jesus
> The archbishop who's a peaceful man
> together say that the freedom fighters will
> Overcome the very strong.

Ek dink ek het 'n fout gemaak. Die teks is bietjie
dubbelsinnig. Maar dit lyk tog of daar van twee
mense gepraat word. Anders is the " together say"
onvanpas. Ek raai dus dat die " preacher" waarna
verwys word, Boesak is. Boesak was op daardie
stadium die direkteur van die World Council of
Churches ( ek hoop ek het die naam reg) en die
beskrywing sou hom dus pas.
Boesak is 'n produk van Kakamas. 'n Kakamas
wat 'n maaksel was van die Nederduits Gereformeerde
Kerk. 'n Plek waar wit mense welkom was. Maar 'n
plek waar die oorspronklike bewoners van die
eilande en buitegrond in daardie geweste onmenslik
behandel is. Hulle is alleen toegelaat om weg van die
riviergrond in die bulte hulle " kroeke" op te rig.
( Tensy hulle nou toegelaat is om op 'n wit boer se erf
te bly.) Die enkele kere wat ek as kind in Marchand
se kroek gekom het, het dit my verbaas hoe skoon
en vernugtig hulle hulle armoedige huisies saamgeflans
het. Tot taamlik laat in die vyftigerjare, het hulle nie
lopende water gehad nie, en moes hulle water gaan
haal met karretjies en op hulle koppe uit die kanaal
wat deur Marchand geloop het sodat die witmense
wat hulle huise op die walle van die rivier gebly het,
hulle tuine kon natmaak.
Elke Kersaand het hulle vir daardie witmense
op die walle van die rivier kersliedere kom sing. As
ek nou nog daaraan dink, bring dit trane.

Gloudina
Re: Give me hope Johanna . . . . . [boodskap #81196 is 'n antwoord op boodskap #81195] So, 27 Julie 2003 15:54 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Trane. Vir Boesak of die Kersliedere?
Beide verdien dit.
"@rogers.com" wrote in message
news:1lSUa.57039$Ii1.24716@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "@rogers.com" < wrote in message >
>
>> Ja, dis Tutu. Die woorde is:
>>
>> Even the preacher who works for Jesus
>> The archbishop who's a peaceful man
>> together say that the freedom fighters will
>> Overcome the very strong.
>
>
> Ek dink ek het 'n fout gemaak. Die teks is bietjie
> dubbelsinnig. Maar dit lyk tog of daar van twee
> mense gepraat word. Anders is the " together say"
> onvanpas. Ek raai dus dat die " preacher" waarna
> verwys word, Boesak is. Boesak was op daardie
> stadium die direkteur van die World Council of
> Churches ( ek hoop ek het die naam reg) en die
> beskrywing sou hom dus pas.
> Boesak is 'n produk van Kakamas. 'n Kakamas
> wat 'n maaksel was van die Nederduits Gereformeerde
> Kerk. 'n Plek waar wit mense welkom was. Maar 'n
> plek waar die oorspronklike bewoners van die
> eilande en buitegrond in daardie geweste onmenslik
> behandel is. Hulle is alleen toegelaat om weg van die
> riviergrond in die bulte hulle " kroeke" op te rig.
> ( Tensy hulle nou toegelaat is om op 'n wit boer se erf
> te bly.) Die enkele kere wat ek as kind in Marchand
> se kroek gekom het, het dit my verbaas hoe skoon
> en vernugtig hulle hulle armoedige huisies saamgeflans
> het. Tot taamlik laat in die vyftigerjare, het hulle nie
> lopende water gehad nie, en moes hulle water gaan
> haal met karretjies en op hulle koppe uit die kanaal
> wat deur Marchand geloop het sodat die witmense
> wat hulle huise op die walle van die rivier gebly het,
> hulle tuine kon natmaak.
> Elke Kersaand het hulle vir daardie witmense
> op die walle van die rivier kersliedere kom sing. As
> ek nou nog daaraan dink, bring dit trane.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Afrikaner Volkslied
Volgende onderwerp: Wat is 'n wiepie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:57:11 MGT 2024