Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " meisie 1 " deur PIET VAN ROOYEN
" meisie 1 " deur PIET VAN ROOYEN [boodskap #80718] So, 20 Julie 2003 15:24
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Piet van Rooyen

meisie 1

Kraaitjie Melaaitjie, my liefste ding,
hoe moet ek maak met die tingeling,
die boem en dwa en die tromborsklop,
hoe moet ek maak met die ligtekop?

Kraaitjie Melaaitjie, wat moet ek sê,
as die dinge hier teen my hart kom lê,
hoe moet ek stertgooi, hoe moet ek draai,
as jou hare al voor my oë waai?

Carolina Melanie, my keel trek styf
en 'n rimpelvel hardloop al oor my lyf,
hoe moet ek praat, wat moet ek sê
as die swaarheid plat op my tong kom lê?
Vorige onderwerp: " Gesien uit die wond in my sy " deur INGRID JONKER
Volgende onderwerp: " oorlog 1 " deur PIET van ROOYEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 09:09:14 MGT 2024