Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Boerneef
Boerneef [boodskap #80067] Vr, 04 Julie 2003 09:22
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Boerneef

By Pramberg blêr 'n moflam

van hongerte en dors

by Pramberg vrek 'n moflam

dit is vanjaar die stryk

sny keelaf wat nog lewe

dis hoeka sukke tyd

by Pramberg blêr geen moflam

maar die jakkals hou jolyt

Die berggans het 'n veer laat val

van die hoogste krans by Woeperdal

my hart staan tuit al meer en meer

ek stuur vir jou die berggansveer mits dese wil ek vir jou sê

hoe diep my liefde vir jou lê

Lappa lei vir Bella koud

in waboomskloof se geelbossies

Lappa maak vir Bella stout

met hanepoot se natrossies

donkerrooi die wingerdblaar

warmrooi die mond van haar

So tik ek met die handsambok

so ry ek die skimmel handgalop

hy trap die aarde van hom weg

hy maak die ding by die meisie reg

dis baie jare reeds verby

wat het geword van hom en my
Vorige onderwerp: " Die lewe is 'n grenshotel " deur HENNIE AUCAMP
Volgende onderwerp: " by ou tafelberg" deur DAN ROODT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 00:57:50 MGT 2024