Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedig van Ronnie Belcher
Gedig van Ronnie Belcher [boodskap #79545] So, 22 Junie 2003 20:34 na volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nie vir die sensitiewe siele nie!
******************************

Ronnie Belcher

Kamer
Jy't saggies die gordyne toegetrek,
en toe jy omdraai en jou kleed afgly
het ek die hand begerig uitgestrek
na sagte rondings van jou bors en dy.
Teen myne was jou liggaam diep, jong grond
wat oorgee aan die ploeg se geil insteek
en tussen ruigsels hare was jou mond
'n pruim wat in die somer soet oopbreek.
Seisoene het dié nag verbygegaan
van ek en jy en sterre wit gesaai,
en voordag het 'n vroeë hoenderhaan
êrens op 'n werf vergeefs gekraai.
Want tussen ons was geen besef, geen vrees,
was slegs dié in mekaar verlore wees.
Re: Gedig van Ronnie Belcher [boodskap #79577 is 'n antwoord op boodskap #79545] Ma, 23 Junie 2003 14:51 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kinky wrote:

> Ronnie Belcher
> Kamer

> Jy't saggies die gordyne toegetrek,

Dankie. Dit bewys maar net weereens dat
Ronnie Belcher 'n meesterdigter is, as
hy die sonnetvorm so kan beheer.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Reën in die voorwinter " deur G.A. WATERMEYER
Volgende onderwerp: " Winter " deur TOTIUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 19:53:04 MGT 2024