Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " aanraaklied " deur TOM GOUWS
" aanraaklied " deur TOM GOUWS [boodskap #78894] Vr, 06 Junie 2003 21:19
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Tom Gouws
aanraaklied

in die lente van my drie-en-dertigste jaar
keer ek versigtig terug na die leë grot.
ongewoond aan die donker soek my oë
na die slapende Seun van God.

vir die liggaam wat gebreek in bloed gestol
op kliptafels lê, bring ek bewoë 'n salf van spesery.
Hom wil ek saggies met trane en met woorde was
en toevou in die weefsels van my sagste sy.

binne aarsel die intieme reuk van dit wat bederf;
ín my groei swart stilte amper onuithoudbaar.
dán hoor ek Hy sê my naam, soos vir een wat sterf.

in die grot staan ek verblind voor Hom, nat en naak.
in die lente van my drie-en-dertigste jaar
voel ek hoe Hy versigtig aan my raak.
Vorige onderwerp: Ballade van die bose kriek
Volgende onderwerp: " my lewerik wou te hoog " deur DOLF VAN NIEKERK
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 22:06:16 MGT 2024