Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Musietejag
Musietejag [boodskap #78644] So, 01 Junie 2003 15:36 na volgende boodskap
Ouboet  is tans af-lyn  Ouboet
Boodskappe: 12
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Ek is opsoek na die woorde van hierdie gedig asseblief.
Re: Musietejag [boodskap #78645 is 'n antwoord op boodskap #78644] So, 01 Junie 2003 15:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
A.D. Keet se "Muskietejag"

"Jou vabond, wag, ek sal jou kry, van jóú sal net 'n bloedkol bly, hier op
my kamermure ... "

:-)

TJ
www.artslink.co.za
Re: Musietejag [boodskap #78646 is 'n antwoord op boodskap #78644] So, 01 Junie 2003 15:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Jou vabond wag, ek sal jou kry, van jou sal net 'n bloedkol bly hier op my
kamermure."

"Deur jou vervloekte gonsery, deur jou gebyt en plagery, kon ik nie slaap
vir ure!"

"Hoe sedig zit hy, o die kreng; sy kinders kan maar kranse breng, nou ga die
vabond sterwe. Pardoe! d'is mis, daar gaan hij weer, maar dood sal hij
sowaar ik zweer: my naam is Van Der Merwe!"

?

TJ
www.artslink.co.za
Re: Musietejag [boodskap #78647 is 'n antwoord op boodskap #78644] So, 01 Junie 2003 15:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net 'n bloedkol bly
Hier op my kamermure,
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei
Eer jy die doodslag van my kry -
My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie
Wees ook nie so keiskeurig nie,
Jy moet tog één dag sterwe.

Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria -
Nog een minuut vir grasie
Al soebat jy nou nog so lang,
Al se jy ook: ek es nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie ....

Hoe sedig sit hy. O, die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
Nou gaan die vabond sterwe ....
Pardoef! Dis mis! Daar gaan hy weer!
Maar dood sal hy, sowaar, ek sweer -
My naam is van der Merwe!

A. D. Keet

-------------------------

Beste wense

Alex Koster
Student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk
Re: Musietejag [boodskap #78650 is 'n antwoord op boodskap #78646] So, 01 Junie 2003 17:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
> "Jou vabond wag, ek sal jou kry, van jou sal net 'n bloedkol bly hier op my
> kamermure."
>
> "Deur jou vervloekte gonsery, deur jou gebyt en plagery, kon ik nie slaap
> vir ure!"
Deur jou vervloekte gonsery, deur jou gebyt en plaery, kon ek nie slaap vir
ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei.
eer jy die doodslag van my kry
My naam is Van der Merwe

>
> "Hoe sedig zit hy, o die kreng; sy kinders kan maar kranse breng, nou ga die
> vabond sterwe. Pardoe! d'is mis, daar gaan hij weer, maar dood sal hij
> sowaar ik zweer: my naam is Van Der Merwe!"
>
Hoe sedig sit hy, o die kreng
Jou kinders kan maar kranse breng
Nou gaan die vabond sterwe
Padoems!! Dis mis!!
Daar gaan hy weer.
maar dood sal hy, sowaar, ek sweer.
my naam is Van der Merwe

>
> ?
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
Re: Musietejag [boodskap #78823 is 'n antwoord op boodskap #78647] Wo, 04 Junie 2003 20:00 Na vorige boodskap
Ouboet  is tans af-lyn  Ouboet
Boodskappe: 12
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Ouboet

Baie dankie aan almal van julle wat n bydrae gemaak het oor die muskietejag
julle is almal sterre !!!
Vorige onderwerp: " Herinneringe van die teruggekeerde soldaat " deur GEORGE WEIDEMAN
Volgende onderwerp: Ballade van die bose kriek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 22:20:52 MGT 2024