Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Johan van Riebeeck " deur PIROW BEKKER
" Johan van Riebeeck " deur PIROW BEKKER [boodskap #77759] Do, 15 Mei 2003 23:02
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Pirow Bekker
Johan van Riebeeck

O Here van die VOC, vir eet en slaap
dank ek u nie, u hou my hier gestrand.
Met vrou en kind en suurkool plant
is ek slegs trapplek, ek en hierdie kaap.
Met geen ander doel het u 'n fort verwag
teen hierdie vasteland, en: Hou verhoudinge maar goed
want hulle wat die kosbaarhede haal, moet vars gevoed
en vol die togte onderneem waarna jy smag.

Ek vervloek u nie, ek merk net aan my boek
hoe die verkeerde land al nader lêplek vind,
selfs die klimaat is mild, behalwe-nou 'n wind
wat dikwels deur ons tydelike stasie woed,
en gister by Houtbaai teen die hang, alleen,
het ek gelag oor hoe 'n reën kan boontoe reën.
Vorige onderwerp: " Afrikaner " deur SHEILA CUSSONS
Volgende onderwerp: " nuusgerigte '80's " deur TOM GOUWS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:43:21 MGT 2024