Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Afrikaner " deur SHEILA CUSSONS
" Afrikaner " deur SHEILA CUSSONS [boodskap #77675] Wo, 14 Mei 2003 20:35
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sheila Cussons
Afrikaner

Ek braai toe blokkies brood
bruin in olyfolie en kou die smaak
van biltong en ouma en oupa dood.
Ek wonder hoe't hulle gevoel
toe hulle daar anderkant kom
en sien Augustinus is - nou ja.
Dat 'n skepsel wat knipper
van die misrook voor sy stroois
nou bokant hulle vuurmaakplek
moet wees. My volk het hom
verbeel en - toe die skrif gesien.
Nou kou ek met 'n naarheid
op my maag, driftig, driftig
blokkies brood, maar uit my tong:
ouma rediviva! koppig sypel
die ou-ou sout.
Vorige onderwerp: gomringer variasies IV- WOPKO JENSMA
Volgende onderwerp: " Johan van Riebeeck " deur PIROW BEKKER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 23:27:00 MGT 2024