Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Molle!
Molle! [boodskap #77381] Di, 06 Mei 2003 18:17 na volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, Afrikaners,

Hier in Vlaandere is dit nou lente en ek is besig om my tuin klaar te
maak vir groentekweek. Dit gaan goed en ek het al baie plantjies
wat groot word. Maar ik het 'n probleem. Daar is 'n mol besig my ganse
skorsenierbed om te vroetel. Weet dalk iemand van julle wat ek
daarteen kan doen? Ek het vroeër al rook en petrol gebesig om daardie
diere weg te kry maar dit wil nie help nie. Hulle herbegin dan elders
in die tuin. Het die mense in SA ook las van molle? En wat doen julle
dan?

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Molle! [boodskap #77383 is 'n antwoord op boodskap #77381] Di, 06 Mei 2003 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 20:17:25 +0200, Sterrenkijker
wrote:

> Hallo, Afrikaners,
> . Daar is 'n mol besig my ganse
> skorsenierbed om te vroetel. Weet dalk iemand van julle wat ek
> daarteen kan doen?
>
> Norbert (uit Vlaandere)

Miskien hulle vir 'n oogtoets neem en dit so duur maak
dat hulle self padgee?

(Eys tested while you wait:-)
Re: Molle! [boodskap #77389 is 'n antwoord op boodskap #77381] Di, 06 Mei 2003 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
My oupa-hulle op die dorp se Jack Russel brak haal hulle uit. Dit laat die
grasperk egter in 'n erger toestand.. hang af hoe desperaat jy is. (",)

-AJ

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:13ufbv4ctqhg9un2g53o2e5le8koronng9@4ax.com...
> Hallo, Afrikaners,
>
> Hier in Vlaandere is dit nou lente en ek is besig om my tuin klaar te
> maak vir groentekweek. Dit gaan goed en ek het al baie plantjies
> wat groot word. Maar ik het 'n probleem. Daar is 'n mol besig my ganse
> skorsenierbed om te vroetel. Weet dalk iemand van julle wat ek
> daarteen kan doen? Ek het vroeër al rook en petrol gebesig om daardie
> diere weg te kry maar dit wil nie help nie. Hulle herbegin dan elders
> in die tuin. Het die mense in SA ook las van molle? En wat doen julle
> dan?
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
Re: Molle! [boodskap #77391 is 'n antwoord op boodskap #77383] Di, 06 Mei 2003 18:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 20:28:25 +0200, DD wrote:

> Miskien hulle vir 'n oogtoets neem en dit so duur maak
> dat hulle self padgee?
>
> (Eys tested while you wait:-)
>
Ek het al so 'n voorgevoel gehad ek sou so 'n antwoord kry...

Norbert
Re: Molle! [boodskap #77394 is 'n antwoord op boodskap #77391] Di, 06 Mei 2003 19:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 20:50:49 +0200, Sterrenkijker
wrote:

> Ek het al so 'n voorgevoel gehad ek sou so 'n antwoord kry...
>
> Norbert

Waarom Norbert? Omdat ons 'n sarkastiese spul is?
Omdat ons 'n nice lot is? Of omdat ons 'n groep met
'n sin vir humor is? Omdat hier 'n spesifieke deel van
ons nuusgroepbevolking is wat nie bang is ons gesigte
kraak as ons lag nie? Omdat jy 'n kristalbal kursus volg?

DD
Re: Molle! [boodskap #77395 is 'n antwoord op boodskap #77389] Di, 06 Mei 2003 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 6 May 2003 20:42:38 +0200, "AJ" wrote:

> My oupa-hulle op die dorp se Jack Russel brak haal hulle uit. Dit laat die
> grasperk egter in 'n erger toestand.. hang af hoe desperaat jy is. (",)
>
> -AJ
>

Ek was nie desperaat nie! Maar nou ek is!

Norbert
Re: Molle! [boodskap #77396 is 'n antwoord op boodskap #77395] Di, 06 Mei 2003 19:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 21:06:17 +0200, Sterrenkijker
wrote:

> On Tue, 6 May 2003 20:42:38 +0200, "AJ" wrote:
>
>> My oupa-hulle op die dorp se Jack Russel brak haal hulle uit. Dit laat die
>> grasperk egter in 'n erger toestand.. hang af hoe desperaat jy is. (",)

>> -AJ

>
> Ek was nie desperaat nie! Maar nou ek is!
>
> Norbert

Dink aan die voordeel. Jy kan dan mielies plant
Re: Molle! [boodskap #77397 is 'n antwoord op boodskap #77394] Di, 06 Mei 2003 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 21:02:58 +0200, DD wrote:

> Waarom Norbert? Omdat ons 'n sarkastiese spul is?
> Omdat ons 'n nice lot is? Of omdat ons 'n groep met
> 'n sin vir humor is? Omdat hier 'n spesifieke deel van
> ons nuusgroepbevolking is wat nie bang is ons gesigte
> kraak as ons lag nie? Omdat jy 'n kristalbal kursus volg?
>
> DD
>
Moes jy my buurman gewees het dan sou jy nie met my lag nie!
Daardie mol kan mos ook by jou teregkom.

Norbert
Re: Molle! [boodskap #77398 is 'n antwoord op boodskap #77395] Di, 06 Mei 2003 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker wrote:

> Ek was nie desperaat nie! Maar nou ek is!

In sekere state hier in Amerika is dit onwettig om molle dood te maak
of in "traps" te vang. Toe moes ons leer om uit te vind wat die molle
eet, en dan raak jy ontslae van hulle voedselbron. In ons geval was
dit "grubs". Wat mens dan suksesvol kan uitroei met chemiese middels
(organofosfate soos bv diazinon) wat beskikbaar en uiters suksesvol
is. Die molle sal vinnig wegtrek as daar nie meer kos vir hulle is
nie.
Dis al raad wat ek vir jou het.
(terloops, ek weet nie of julle ook Japanese beetles het nie - maar
hierdie "grubs" is die larwe van die pestelike goeters wat alles voor
die voet hier opvreet)
Re: Molle! [boodskap #77400 is 'n antwoord op boodskap #77398] Di, 06 Mei 2003 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 15:23:34 -0400, Katryn wrote:

> In sekere state hier in Amerika is dit onwettig om molle dood te maak
> of in "traps" te vang. Toe moes ons leer om uit te vind wat die molle
> eet, en dan raak jy ontslae van hulle voedselbron. In ons geval was
> dit "grubs". Wat mens dan suksesvol kan uitroei met chemiese middels
> (organofosfate soos bv diazinon) wat beskikbaar en uiters suksesvol
> is. Die molle sal vinnig wegtrek as daar nie meer kos vir hulle is
> nie.
> Dis al raad wat ek vir jou het.
> (terloops, ek weet nie of julle ook Japanese beetles het nie - maar
> hierdie "grubs" is die larwe van die pestelike goeters wat alles voor
> die voet hier opvreet)

Dankie, Danielle, maar ek werk nie graag met skeikundige middels nie.
Ek besig daar so min moontlik van in my tuin. Ek weet nie of dit
onwettig is om molle dood te maak hier in Vlaandere. Ek het vroeër al
molklemme gebesig maar moet weet daar is meestal nie slegs een enkele
mol nie maar gewoonlik 'n ganse familie. Ek het al verneem ek moet 'n
bottel in hulle gange steek met die hals bo-toe. Dan maak die wind 'n
geluid daarin waar die mol nie teen kan nie. Ek weet egter nie of dit
sou kan help nie.

Groetjies,

Norbert
Re: Molle! [boodskap #77402 is 'n antwoord op boodskap #77400] Di, 06 Mei 2003 19:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 21:40:05 +0200, Sterrenkijker
wrote:

>
> Dankie, Danielle, maar ek werk nie graag met skeikundige middels nie.

> Groetjies,
>
> Norbert

Jy maak dit moeilik om jou en die rotte te skei, Norbert.

DD
Re: Molle! [boodskap #77406 is 'n antwoord op boodskap #77402] Di, 06 Mei 2003 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 21:48:29 +0200, DD wrote:

>
> Jy maak dit moeilik om jou en die rotte te skei, Norbert.
>
> DD
>
Ja, O.K., maar ek werk graag biologies. Wat doen JY feitelik teen
molle?

Norbert
Re: Molle! [boodskap #77408 is 'n antwoord op boodskap #77406] Di, 06 Mei 2003 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 22:13:43 +0200, Sterrenkijker
wrote:

> On Tue, 06 May 2003 21:48:29 +0200, DD wrote:
>
>

>> Jy maak dit moeilik om jou en die rotte te skei, Norbert.

>> DD

> Ja, O.K., maar ek werk graag biologies. Wat doen JY feitelik teen
> molle?
>
> Norbert

Waar's hulle?
Re: Molle! [boodskap #77409 is 'n antwoord op boodskap #77408] Di, 06 Mei 2003 20:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 22:22:28 +0200, DD wrote:

>
> Waar's hulle?
>

My huis staan op 'n relatief grrot erf, Norbert.
Bietjie meer as 'n derde van 'n eeu gelede
laar bou. As ek reg onthou het ons een
keer (slegs vir 'n baie kort rukkie)
molle in die grasperk gehad. So
lank gelede dat ek nie eens
onthou hoe ek hulle oorreed
het dat die buurman se
gras baie gesonder is
nie.

DD
Re: Molle! [boodskap #77410 is 'n antwoord op boodskap #77409] Di, 06 Mei 2003 20:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 22:27:59 +0200, DD wrote:

> On Tue, 06 May 2003 22:22:28 +0200, DD wrote:
>
>

>> Waar's hulle?

>
>
> My huis staan op 'n relatief grrot erf, Norbert.

> DD
>

sjoe, gisteraand was dit 'n spoorwegbrug.
Nou's dit 'n grot:-)))

Grotbewoner
Re: Molle! [boodskap #77413 is 'n antwoord op boodskap #77409] Di, 06 Mei 2003 20:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

DD wrote:

As ek reg onthou het ons een
> keer (slegs vir 'n baie kort rukkie)
> molle in die grasperk gehad.

Ek kan net van een keer in my lewe
onthou dat ek 'n mol in Suid-Afrika
gesien het. Dit was op 'n maanlignag
in Hilton Road (net buitekant Pieter-
maritzburg) en ek het skielik die
mol in die tuin gesien in die maanlig.
Ek dink nie ek het ooit geweet van
molle nie; iemand moes my vertel wat
dit is. Die grond in SA is miskien te
hard vir molle. Maar ek dink byvoorbeeld
nie ons het hulle in die baie sagte
riviergrond van die Oranje-rivier gehad
nie.
Hier in Kanada is hulle ook, maar
mens sien nie veel van hulle nie; net
die molshope waar hulle gewerk het. Ek
wonder of ons minder hier het omdat daar
'n paar eeue gelede jag op hulle gemaak
is vir "moleskin" wat, dink ek, meestal
gebruik is vir baadjies. Ek moet tog
uitvind of dit onwettig is om hulle hier
dood te maak.

Gloudina
Re: Molle! [boodskap #77414 is 'n antwoord op boodskap #77409] Di, 06 Mei 2003 20:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 22:27:59 +0200, DD wrote:

> My huis staan op 'n relatief grrot erf, Norbert.
> Bietjie meer as 'n derde van 'n eeu gelede
> laar bou. As ek reg onthou het ons een
> keer (slegs vir 'n baie kort rukkie)
> molle in die grasperk gehad. So
> lank gelede dat ek nie eens
> onthou hoe ek hulle oorreed
> het dat die buurman se
> gras baie gesonder is
> nie.
>
> DD
>
Ja, ek kan al dink wat jy toe gedoen het.. Jy het daar toe vergif op
gesmyt, nè? Neen, dit kan ek nie doen nie want dis vir my groentjies.
Ek wil geen skadelike stowwe in my groente hê nie. Ek is daarvan
oortuig dit maak mense dood.

Norbert
Re: Molle! [boodskap #77416 is 'n antwoord op boodskap #77413] Di, 06 Mei 2003 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 20:44:35 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> DD wrote:
>
>
> As ek reg onthou het ons een
>> keer (slegs vir 'n baie kort rukkie)
>> molle in die grasperk gehad.
>

Ek het vir 'n oomblik gewonder of hulle
op die grasperk, in die grasperk of ònder
die grasperk was:-)

DD
Re: Molle! [boodskap #77419 is 'n antwoord op boodskap #77413] Di, 06 Mei 2003 21:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 20:44:35 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Hier in Kanada is hulle ook, maar
> mens sien nie veel van hulle nie; net
> die molshope waar hulle gewerk het. Ek
> wonder of ons minder hier het omdat daar
> 'n paar eeue gelede jag op hulle gemaak
> is vir "moleskin" wat, dink ek, meestal
> gebruik is vir baadjies. Ek moet tog
> uitvind of dit onwettig is om hulle hier
> dood te maak.
>
> Gloudina
>
Ja, inderdaad, ons sien hier ook nie veel van die molle self nie maar
hulle molshope sien ek wel.. En hulle gange ook!
Jou geskiedenis van die mollevelle wat gebruik is vir baadjies is juis
maar die jag van 'n paar eeue gelede het daardie diertjies nie
uitgeroei nie! Ek pleit daarvoor dat hier terug 'n industrie kom wat
mollevelle nodig het. Hulle kan onmiddellik spesialiste na my tuin toe
stuur en hulle vang. (DD sou sê: in hegtenis neem).

Norbert
Re: Molle! [boodskap #77424 is 'n antwoord op boodskap #77400] Di, 06 Mei 2003 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker wrote:

> Dankie, Danielle, maar ek werk nie graag met skeikundige middels nie.
> Ek besig daar so min moontlik van in my tuin.

Dis uitstekend! Ek probeer meeste van die tyd om so min as moontlik
chemiese middels te gebruik - my dogter is vreeslik "groen". Sy raas
gewoonlik vreeslik as sy kom kuier en die gifstowwe en goeters in die
stoorkamer sien. Maar ai, soms is dit net sooooveeel makliker.
Terloops, daar is 'n biologiese manier om van "grubs" ontslae te raak.
Self nog nooit probeer nie, maar 'n vriendin van my glo daaraan. Sy
gebruik nematodes. Jy sal baie inligting daaroor kry op die Internet.
En dalk selfs plekke daar in België wat dit verskaf.
Elkgeval - laat ek ophou babbel.
Re: Molle! [boodskap #77427 is 'n antwoord op boodskap #77424] Di, 06 Mei 2003 22:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 17:54:13 -0400, Katryn wrote:

> Sterrenkijker wrote:
>
>> Dankie, Danielle, maar ek werk nie graag met skeikundige middels nie.
>> Ek besig daar so min moontlik van in my tuin.
>
> Dis uitstekend! Ek probeer meeste van die tyd om so min as moontlik
> chemiese middels te gebruik - my dogter is vreeslik "groen". Sy raas
> gewoonlik vreeslik as sy kom kuier en die gifstowwe en goeters in die
> stoorkamer sien. Maar ai, soms is dit net sooooveeel makliker.
> Terloops, daar is 'n biologiese manier om van "grubs" ontslae te raak.
> Self nog nooit probeer nie, maar 'n vriendin van my glo daaraan. Sy
> gebruik nematodes. Jy sal baie inligting daaroor kry op die Internet.
> En dalk selfs plekke daar in België wat dit verskaf.
> Elkgeval - laat ek ophou babbel.

Ek sou sê: babbel so hard jy wil, Danielle.
Ek het vanaand uit Suid-Afrika al 'n belangrike inligting gekry via
e-pos. Daar is 'n mens wat my geskryf het ek moet klappers in die
molshope plaas en hierdie vuurwerk aansteek. Ek glo rêrig dit gaan
werk omdat molle 'n baie gevoelige gehoorsysteem het. Met ontploffings
in hulle gange maak 'n mens hulle gehoor sodanig stukkend dat hulle
vanself verdwyn. As ek klappers kan vind sal ek dit een van deesdae
uitprobeer. Molle het hulle gehoor nodig om die swakke geluide van
ondergrondse wurms te kan hoor.
Nematodes? Ja, ek het daardie woord al gehoor maar ek weet nie wat dit
beteken nie. Dankie vir die inligtings! Dis waarskynlik ook
interessant om die "grubs" te bestry vir andere redes.

Baie groete!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Molle! [boodskap #77428 is 'n antwoord op boodskap #77394] Di, 06 Mei 2003 22:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 May 2003 21:02:58 +0200, DD wrote:

> On Tue, 06 May 2003 20:50:49 +0200, Sterrenkijker
> wrote:
>
>> Ek het al so 'n voorgevoel gehad ek sou so 'n antwoord kry...

>> Norbert
>
> Waarom Norbert? Omdat ons 'n sarkastiese spul is?
> Omdat ons 'n nice lot is? Of omdat ons 'n groep met
> 'n sin vir humor is? Omdat hier 'n spesifieke deel van
> ons nuusgroepbevolking is wat nie bang is ons gesigte
> kraak as ons lag nie? Omdat jy 'n kristalbal kursus volg?
>
> DD
>

Ek is hier nou al amper 3 jaar op hierdie nuusgroep en ek ken julle
almal al so 'n bietjie.. Indien julle katoliek was dan sou die pastoor
die vergewing van julle sondes uitspreek sonder bieg.

Norbert
Re: Molle! [boodskap #77438 is 'n antwoord op boodskap #77400] Wo, 07 Mei 2003 10:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Norbert

dis reg van die bottel.
Dit werk baie goed, ek kan vir jou verseker.

Maar dalk is dit net vir Hollandse molle en Heineken botteltjies :-)

Traai Stella Artois botteljies en jou molle sal wegtrek. maar stuur hulle
naar die suide asseblief.

Ek het nie molle nie, maar ek het besluit 3 hoog te gaan woon :-)

Gr.Rico

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:h83gbvsgre6m9v461s6ib8sn08gj4q9gbi@4ax.com...
> On Tue, 06 May 2003 15:23:34 -0400, Katryn
> wrote:
>
>> In sekere state hier in Amerika is dit onwettig om molle dood te maak
>> of in "traps" te vang. Toe moes ons leer om uit te vind wat die molle
>> eet, en dan raak jy ontslae van hulle voedselbron. In ons geval was
>> dit "grubs". Wat mens dan suksesvol kan uitroei met chemiese middels
>> (organofosfate soos bv diazinon) wat beskikbaar en uiters suksesvol
>> is. Die molle sal vinnig wegtrek as daar nie meer kos vir hulle is
>> nie.
>> Dis al raad wat ek vir jou het.
>> (terloops, ek weet nie of julle ook Japanese beetles het nie - maar
>> hierdie "grubs" is die larwe van die pestelike goeters wat alles voor
>> die voet hier opvreet)
>
> Dankie, Danielle, maar ek werk nie graag met skeikundige middels nie.
> Ek besig daar so min moontlik van in my tuin. Ek weet nie of dit
> onwettig is om molle dood te maak hier in Vlaandere. Ek het vroeër al
> molklemme gebesig maar moet weet daar is meestal nie slegs een enkele
> mol nie maar gewoonlik 'n ganse familie. Ek het al verneem ek moet 'n
> bottel in hulle gange steek met die hals bo-toe. Dan maak die wind 'n
> geluid daarin waar die mol nie teen kan nie. Ek weet egter nie of dit
> sou kan help nie.
>
> Groetjies,
>
> Norbert
Re: Molle! [boodskap #77449 is 'n antwoord op boodskap #77438] Wo, 07 Mei 2003 16:36 Na vorige boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 7 May 2003 12:31:34 +0200, "Rico" wrote:

> Norbert
>
> dis reg van die bottel.
> Dit werk baie goed, ek kan vir jou verseker.
>
Rêrig? Dan sal ek dit maar eens gaan probeer!
Dankie!

Norbert
Vorige onderwerp: Vellelooi
Volgende onderwerp: My sussie se kat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:18:32 MGT 2024