Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " nuusgerugte ' 80 's " deur TOM GOUWS
" nuusgerugte ' 80 's " deur TOM GOUWS [boodskap #77028] Vr, 02 Mei 2003 17:40
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Tom Gouws
nuusgerugte '80's

dié land vra water en hy kry bloed
- BREYTEN BREYTENBACH

dit was 'n goeie dekade vir die dood dié gedagtige
jare van onse hereboer negentien honderd en tagtig:

die goeie reëns in die natgroen natal
sleur elke staning koppe klap sag teen
opdrifsel sak oor diere lyke dryf arklog
kyk vlak in die diepkolk vas

na die vaderland het die seergemiste broer nie teruggekeer
dinge soos dié gebeur so doodgewoon
soos vleis uit versperrings vel geruk móét bloei
ribbes hul waaksaamheid verslap en klappend knak

as die liggaam spoorslags soos 'n stuifswam inplof
alles so ongenadig gou dat hy doodgelate en -verbaas
- soos 'n bom moes dit hom tref -
alles ontbind om in te pas by dié onverwagte donderslag

die getroue ander broer van die vrystaat se lyf
was met aanraking styf
van vreesloosheid die mond
kaakklem gespan die oë hol
gekyk in leë dieptes van verlies
sonder om te sien
die droogte van dié seisoen máák
die oog deersugtig dit raak
diep en nes 'n mes sny die pyn
'n oomblik dieper as die syn
die fyn neusvleuels oop vir asem
proe die soet strignien hoor die bliksem
buite ruik die eerste reën
voel hoe ruk die lyf styf

die verlore verstrooide vader sit tuis
agter gegrendelde slot in die donker koelte
'n spits steel groei hy uit sy hoed
verpot 'n eendagmooi agter matglas
sien hy die kafferboom bloei hande
vingers gryp na die wind soos lugwortels
voel-voel aan die vreemde
donkerhoek hyg op teen die lig
kloofwond in die sy
ylerige water sug daaruit
'n pad lê opgehewe
sweepslag deur swart boomkroes
weerlig brand swawelvlamhelder
die band van vrees oor die nag se skouers

ons weet nou wat verlore is o land
waar donker voorgevoelens huiwer
soos dryfsand verstuif ons het die weduwee en wees gesê
en teen die rigting van die vrye voorvaarders in
van die donker stroom wat stadig nader stoot gevlug
moes later om laaste aardse besit te vergader terug
(terloops die helderberg val toe vry
vlerk skugter aan teen die see)

terug in die donkergroen land van natal is als steeds nat
voete dreun soos donderweer blits pangas
kap wit-omkwaste bene opruiend wild en kwaai
strome donker bloed syfer steeds in die witsand in die see

gelijk 'n israel was totius die mooiweer-boerprofeet se woord
helaas had hy reg: afrika se palindroom spel alkant dood
Vorige onderwerp: " Die Imperialisme van die Tyd " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: Gediggies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 23:02:33 MGT 2024