Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Stigtingsdag " deur JOHAN MYBURG
" Stigtingsdag " deur JOHAN MYBURG [boodskap #76963] Wo, 30 April 2003 16:43
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Johan Myburg
Stigtingsdag

onder bartolomeu se bevare oë
pos ek vir jou karvele
na die cabo de boa esperança
hou goeie hoop dat jy my rantsoene
nog vars sal vang
want die see is rof die winde guur
ek stuur vooruit bleek kamele
met geskenke nie indiese speserye
of sjaals uit basaars uit bagdad of bombaai
nie maar duisend-en-een angolese verhale
van brigades kubane
sages van seges waarvan
waarheid maar vaag is
hou die lug dop! ek kom môre
deur vaderlandsblou wolke
met 'n vliegtuig so wit soos 'n yskas
ek bring my bevrore hart
uit die warm palm van die kontinent
ek plant my padr
Vorige onderwerp: " Gondwana " deur R.K. BELCHER
Volgende onderwerp: " Die Imperialisme van die Tyd " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:47:02 MGT 2024