Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Duty Calls op Reality TV
Duty Calls op Reality TV [boodskap #76882] Di, 29 April 2003 10:54 na volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
Sien gisteraand vir die eerste keer die program. Basies 'n TV kamera wat
saam met Joannesburgse Polisie uitgaan as hulle uitgeroep word. Weet enige
een dalk of die program of kanaal (Reality TV) deur iemand anders ook
uitgesaai word as MultiChoice? Dit kan nie goed wees vir ons land se beeld
nie.

Vir die wat dit nie gesien het nie, onder andere in gisteraand se program:
1). Polisie word uitgeroep na 'n hotel waar 'n man nie 'n sekswerker se
selfoon wil teruggee nie, omdat sy sy bril gebreek het. Elkeen vertel sy
weergawe van die storie vir die polisie (o.a. hoeveel hy moes betaal vir die
plesiertjie). Toe die polisieman vir hulle sê dat prostitusie onwettig is
stry die man en sê hulle het dit dan verlede jaar gewettig. Die man sê ook
dat hy vir die staatdiens werk en dus is dit nie vir hom nodig om 'n selfoon
by 'n prostituut te steel as hy 'n foon wil hê nie.

2). Polisie word uitgeroep na 'n "armed robbery". Toe hulle daar kom is daar
baie polisie en nog 'n groter skare mense. 'n Man lê op die grond wat
geskiet is. Koeël is voor by sy linker long in en agter onder by sy nier
uit. Sy vrou staan en huil. Hy (die man wat geskiet is) is nog by sy
positiewe en praat met die polisie. Die polisie sê hy moet net daar op sy sy
lê en wag tot die ambulans kom. Die tyd gaan verby, die skare gaan uiteen,
die polisie raak minder, die vrou pleit dat die polisie haar man moet
hospitaal toe vat. Polisieman praat met die kamera en sê hulle wag nou al
lank vir die ambulans, maar hulle mag nie die ou hospitaal toe vat nie
anders kan hulle in die moeilikheid kom. Nog tyd gaan verby, die gewonde man
kla hy haal moeilik asem, die vrou huil en pleit dat die polisie nie moet
wegry en hulle alleen los nie, die polisieman gil op sy kaptein dat die
ambulans darem nou baie lank neem en dat die man by die hospitaal moet kom.
Nog tyd gaan verby en die ambulans kom uiteindelik, 'n ambulansman kom
rustig aangestap, kyk eers oor en oor na waar die koeël in en uit is. Later
kom die man tog by die hospitaal en die dokter sê a.g.v. die baie lang tyd
wat dit gevat het voor hy by die hospitaal gekom het sal hulle hom nie kan
red nie.

Ek is seker as die ou nie op sy sy bly lê het (soos die polisie gesê het)
nie en eerder begin stap het hospitaal toe, sou hy dit gemaak het.
Re: Duty Calls op Reality TV [boodskap #76893 is 'n antwoord op boodskap #76882] Di, 29 April 2003 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
So. Wat is die probleem? Beide die gevalle kom vir my so na aan die
werklikheid voor as wat kan kom.
Maar, ons almal weet dis nie normaal nie.
En ja, ek is bevrees die wêreld geniet hierdie kameos van Afrika saam met
ons op TV.

"Stone" skryf in boodskap news:b8lll5$b7h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sien gisteraand vir die eerste keer die program. Basies 'n TV kamera wat
> saam met Joannesburgse Polisie uitgaan as hulle uitgeroep word. Weet enige
> een dalk of die program of kanaal (Reality TV) deur iemand anders ook
> uitgesaai word as MultiChoice? Dit kan nie goed wees vir ons land se beeld
> nie.
>
>
> Vir die wat dit nie gesien het nie, onder andere in gisteraand se program:
> 1). Polisie word uitgeroep na 'n hotel waar 'n man nie 'n sekswerker se
> selfoon wil teruggee nie, omdat sy sy bril gebreek het. Elkeen vertel sy
> weergawe van die storie vir die polisie (o.a. hoeveel hy moes betaal vir die
> plesiertjie). Toe die polisieman vir hulle sê dat prostitusie onwettig is
> stry die man en sê hulle het dit dan verlede jaar gewettig. Die man sê ook
> dat hy vir die staatdiens werk en dus is dit nie vir hom nodig om 'n selfoon
> by 'n prostituut te steel as hy 'n foon wil hê nie.
>
> 2). Polisie word uitgeroep na 'n "armed robbery". Toe hulle daar kom is daar
> baie polisie en nog 'n groter skare mense. 'n Man lê op die grond wat
> geskiet is. Koeël is voor by sy linker long in en agter onder by sy nier
> uit. Sy vrou staan en huil. Hy (die man wat geskiet is) is nog by sy
> positiewe en praat met die polisie. Die polisie sê hy moet net daar op sy sy
> lê en wag tot die ambulans kom. Die tyd gaan verby, die skare gaan uiteen,
> die polisie raak minder, die vrou pleit dat die polisie haar man moet
> hospitaal toe vat. Polisieman praat met die kamera en sê hulle wag nou al
> lank vir die ambulans, maar hulle mag nie die ou hospitaal toe vat nie
> anders kan hulle in die moeilikheid kom. Nog tyd gaan verby, die gewonde man
> kla hy haal moeilik asem, die vrou huil en pleit dat die polisie nie moet
> wegry en hulle alleen los nie, die polisieman gil op sy kaptein dat die
> ambulans darem nou baie lank neem en dat die man by die hospitaal moet kom.
> Nog tyd gaan verby en die ambulans kom uiteindelik, 'n ambulansman kom
> rustig aangestap, kyk eers oor en oor na waar die koeël in en uit is. Later
> kom die man tog by die hospitaal en die dokter sê a.g.v. die baie lang tyd
> wat dit gevat het voor hy by die hospitaal gekom het sal hulle hom nie kan
> red nie.
>
> Ek is seker as die ou nie op sy sy bly lê het (soos die polisie gesê het)
> nie en eerder begin stap het hospitaal toe, sou hy dit gemaak het.
>
Re: Duty Calls op Reality TV [boodskap #76915 is 'n antwoord op boodskap #76882] Di, 29 April 2003 19:51 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Man, moenie jou daaroor bekommer nie. Maak nie saak wat ons doen nie, dit
kan nie so sleg wees soos Spanje nie. Ek kyk nou die dag 'n ding "banned
from t.v.". Van die stories op die ding was nogal ysingwekkend. In een
geval, in Spanje, word die polisie uitgeroep na 'n bankroof toe. Daar gekom
brand die polisie los op die rowers en een word geskiet in die gesig. Die
ander een word uit die kar getrek, en die polisie kry 'n wapen aan die man
en neem dit weg. Onthou nou die man het homself oorgegee aan die polisie.
Hy's ongewapen en geboei, dus geen gevaar meer vir die polisie nie. Geen
polisieman is gewond in die voorval nie, maar hulle vererg hulle so vir die
man dat hulle hom sommer daar op straat doodskiet. Geboei en ontwapen.
Nog in Spanje, wys hulle hoe hulle 'n man "ondervra", so tussendeur gee
hulle hom so nou en dan 'n lekker klap deur die gesig of slaan hom met 'n
"billy club". Later ruk die polisie 'n sambok uit en foeter die arme man
dik. Hy huil na 'n ruk van die pyn, maar ou maat die polisie hou aan
donner. Dit nou omdat hulle DINK hy's betrokke by die een of ander
dwelmhandel, en hulle hom as voorbeeld wou gebruik om ander handelaars mee
af te skrik.

E

"Stone" skryf in boodskap news:b8lll5$b7h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sien gisteraand vir die eerste keer die program. Basies 'n TV kamera wat
> saam met Joannesburgse Polisie uitgaan as hulle uitgeroep word. Weet enige
> een dalk of die program of kanaal (Reality TV) deur iemand anders ook
> uitgesaai word as MultiChoice? Dit kan nie goed wees vir ons land se beeld
> nie.
Vorige onderwerp: SAUK weet nie of Riaan kan nuus lees.
Volgende onderwerp: Fliek: The Country of My Skull
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:35:34 MGT 2024