Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gediggies
Gediggies [boodskap #76856] Ma, 28 April 2003 19:57 na volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, elkeen,

Wat my tog so opval in die Afrikaners is dat hulle tog so van
gediggies hou...
Ek sou wou geweet het hoekom. Is dit 'n tipiese karaktertrek van die
Afrikaners?
Daar is nog so 'n volk wat van gedigte hou en dis die Japannese. Ek
het dit gesien in 'n vervolgreeks op die televisie: eers lees hulle
een van hulle persoonlike gedigte voor en daarna pleeg hulle harakiri
en steek 'n mes in hulle eie buik. Nogal gruwelik eintlik.

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Gediggies [boodskap #76857 is 'n antwoord op boodskap #76856] Ma, 28 April 2003 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Nogal gruwelik eintlik.
>
> Groete,
>
> Norbert (uit Vlaandere)

Lei jy af dat liefde vir gedigte en gruwelikheid
kan 'n verband hê?

DD
Re: Gediggies [boodskap #76858 is 'n antwoord op boodskap #76857] Ma, 28 April 2003 23:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 28 Apr 2003 22:07:25 +0200, DD wrote:

>
>> Nogal gruwelik eintlik.

>> Groete,

>> Norbert (uit Vlaandere)
>
>
> Lei jy af dat liefde vir gedigte en gruwelikheid
> kan 'n verband hê?
>
> DD
>

Wel, jy vertel hier sowaar wat ek feitelik in my gedagte het. Maar ek
weet nie hoekom. So gevoelsmatig sou ek sê: elke digter is 'n
moordenaar of 'n selfmoordenaar. In iedere geval: tog 'n soort van
psigopaat. Waar die meeste mense normale sake sien sien 'n digter iets
anders. Ek vra me eie soms af wat hom skeel. Ek het gewoonlik die tyd
nie om te praat soos 'n digter nie en ek het ook nie daarvoor die lus
nie. Of miskien is ek te pragmaties.

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Gediggies [boodskap #76866 is 'n antwoord op boodskap #76856] Di, 29 April 2003 08:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Slegte gewoonte. Ek voel ook soms so oor van die krêp wat ek al geskryf het.

> ...eers lees hulle
> een van hulle persoonlike gedigte voor en daarna pleeg hulle harakiri
> en steek 'n mes in hulle eie buik. Nogal gruwelik eintlik.
>
> Groete,
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Gediggies [boodskap #76867 is 'n antwoord op boodskap #76858] Di, 29 April 2003 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dit hoef mos nie net destruktief te wees nie. Dis die wonderlikste belewenis
as 'n mens (bloot uit genade!) die insig kry om iets allerdaags om te giet
in iets ewigs. G'n gemoord en geslefmoord nie. Sies man.

> So gevoelsmatig sou ek sê: elke digter is 'n
> moordenaar of 'n selfmoordenaar. In iedere geval: tog 'n soort van
> psigopaat. Waar die meeste mense normale sake sien sien 'n digter iets
> anders. Ek vra me eie soms af wat hom skeel. Ek het gewoonlik die tyd
> nie om te praat soos 'n digter nie en ek het ook nie daarvoor die lus
> nie. Of miskien is ek te pragmaties.
>
> Groete,
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
Re: Gediggies [boodskap #76880 is 'n antwoord op boodskap #76858] Di, 29 April 2003 09:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Apr 2003 01:34:58 +0200, Sterrenkijker wrote:
> Of miskien is ek te pragmaties.

Of te stupid
Re: Gediggies [boodskap #76903 is 'n antwoord op boodskap #76856] Di, 29 April 2003 15:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker wrote:

> Wat my tog so opval in die Afrikaners is dat hulle tog so van
> gediggies hou...
> Ek sou wou geweet het hoekom. Is dit 'n tipiese karaktertrek van die
> Afrikaners?

Nee, ek dink nie jy kan so veralgemening maak nie. Jy moet onthou dat
hierdie NG definitief NIE verteenwoordigend van Afrikaners en die
Afrikaanse kultuur/samelewing is nie. Wat jy dalk hier spesifiek
opmerk is die "groupmind" effek (hier kan mens dit miskien eerder die
"Gloudina effek" noem. Ek het al mense hier gesien wat dit baie sterk
gestel het dat hulle NIKS van gediggies hou nie, en gladnie kan relate
nie. Annette is so voorbeeld, en ek kan haar woorde van destyds vir
jou aanhaal as jy wil. Ek onthou sy het nog die woord "resitasies"
gebruik wat my baie opgeval het. Maar deesdae sien ek haar gereeld
probeer "dig" en rympies maak- hier, en op ander lyste. So, moenie
'n groep mense/kultuur oordeel volgens wat jy op hierdie groep
waarneem nie - dit sal 'n REUSE fout wees - rerig, Norbert.

Persoonlik het ek 'n uiterste bewondering vir mense wat hulle gedagtes
in woorde kan uitdruk en deel met ons gewone plebs wat nie daartoe in
staat is nie. Om met ons emosies te kan speel ens. Ek dink tog dit
is seker maar 'n subjektiewe ervaring en dit hang af hoeveel of min jy
as individu met 'n spesifieke gedig of liriek kan "relate". Liefdes
gediggies laat my byvoorbeeld koud, maar digters soos Ginsberg doen
dit vir my, hoor!! :-)
(Ginsberg natuurlik sterk beinvloed deur my all time favorite digter
Walt Whitman en Blake natuurlik ook)

Ag elkgeval - my 2c vir wat dit werd is! :-)
Re: Gediggies [boodskap #76920 is 'n antwoord op boodskap #76903] Di, 29 April 2003 21:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Apr 2003 11:27:16 -0400, Katryn wrote:

> Sterrenkijker wrote:
>
>> Wat my tog so opval in die Afrikaners is dat hulle tog so van
>> gediggies hou...
>> Ek sou wou geweet het hoekom. Is dit 'n tipiese karaktertrek van die
>> Afrikaners?
>
> Nee, ek dink nie jy kan so veralgemening maak nie. Jy moet onthou dat
> hierdie NG definitief NIE verteenwoordigend van Afrikaners en die
> Afrikaanse kultuur/samelewing is nie. Wat jy dalk hier spesifiek
> opmerk is die "groupmind" effek (hier kan mens dit miskien eerder die
> "Gloudina effek" noem. Ek het al mense hier gesien wat dit baie sterk
> gestel het dat hulle NIKS van gediggies hou nie, en gladnie kan relate
> nie. Annette is so voorbeeld, en ek kan haar woorde van destyds vir
> jou aanhaal as jy wil. Ek onthou sy het nog die woord "resitasies"
> gebruik wat my baie opgeval het. Maar deesdae sien ek haar gereeld
> probeer "dig" en rympies maak- hier, en op ander lyste. So, moenie
> 'n groep mense/kultuur oordeel volgens wat jy op hierdie groep
> waarneem nie - dit sal 'n REUSE fout wees - rerig, Norbert.
>
> Persoonlik het ek 'n uiterste bewondering vir mense wat hulle gedagtes
> in woorde kan uitdruk en deel met ons gewone plebs wat nie daartoe in
> staat is nie. Om met ons emosies te kan speel ens. Ek dink tog dit
> is seker maar 'n subjektiewe ervaring en dit hang af hoeveel of min jy
> as individu met 'n spesifieke gedig of liriek kan "relate". Liefdes
> gediggies laat my byvoorbeeld koud, maar digters soos Ginsberg doen
> dit vir my, hoor!! :-)
> (Ginsberg natuurlik sterk beinvloed deur my all time favorite digter
> Walt Whitman en Blake natuurlik ook)
>
> Ag elkgeval - my 2c vir wat dit werd is! :-)

Ja-ja, ek verstaan julle almal wel.. Ek is self gewoon nie digterlik
nie!
Maar as jy sê dat Annette teenwoordig rympies skryf dan dink ek sy is
siek.. Vir sover ek uit Annette sy kommentare kan opmaak op hierdie
nuusgroep is sy geen persoon om gedigte te skryf nie..

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Gediggies [boodskap #76922 is 'n antwoord op boodskap #76880] Di, 29 April 2003 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Apr 2003 09:42:02 GMT, NoS...@tome.com (Ferdi Greyling) wrote:

> On Tue, 29 Apr 2003 01:34:58 +0200, Sterrenkijker
> wrote:
>
>
> Of te stupid

Kan wel so wees, maar ek mag nog alles eet en drink..

Norbert
Re: Gediggies [boodskap #76930 is 'n antwoord op boodskap #76920] Di, 29 April 2003 22:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker wrote:

> Ja-ja, ek verstaan julle almal wel.. Ek is self gewoon nie digterlik
> nie!

Dis mos ook goed? Ons is mos nie almal dieselfde nie, en word nie
geroer deur dieselfde kunsvorme nie. En daar is baie Afrikaners en
anderes van alle kulture en nasies wat soos jy voel.
Ek is definitief ook nie digterlik nie, maar ek geniet en waardeer
daardie spesifieke kunsvorm netsoveel soos musiek en ander kuns. Ek
is seker daar is ander vorme van kuns wat dalk jou emosies sal kan
roer?

> Maar as jy sê dat Annette teenwoordig rympies skryf dan dink ek sy is
> siek.. Vir sover ek uit Annette sy kommentare kan opmaak op hierdie
> nuusgroep is sy geen persoon om gedigte te skryf nie..

Wie's ek of jy om te oordeel?
Ek het dit maar net as "bewys" genoem van hoe 'n "groupmind" mense
beinvloed en tot watter mate dit wel geskied.
Re: Gediggies [boodskap #76932 is 'n antwoord op boodskap #76930] Di, 29 April 2003 23:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Apr 2003 18:51:59 -0400, Katryn wrote:

> Sterrenkijker wrote:
>
>> Ja-ja, ek verstaan julle almal wel.. Ek is self gewoon nie digterlik
>> nie!
>
> Dis mos ook goed? Ons is mos nie almal dieselfde nie, en word nie
> geroer deur dieselfde kunsvorme nie. En daar is baie Afrikaners en
> anderes van alle kulture en nasies wat soos jy voel.
> Ek is definitief ook nie digterlik nie, maar ek geniet en waardeer
> daardie spesifieke kunsvorm netsoveel soos musiek en ander kuns. Ek
> is seker daar is ander vorme van kuns wat dalk jou emosies sal kan
> roer?

Die enigste kunsvorm waarvoor ek lief is is die grafieke van die
beurskoerse. Verlede jaar het ek daardeur baie geëmosioneer gewees,
veral toe hulle na benede getuimel het...
>
>> Maar as jy sê dat Annette teenwoordig rympies skryf dan dink ek sy is
>> siek.. Vir sover ek uit Annette sy kommentare kan opmaak op hierdie
>> nuusgroep is sy geen persoon om gedigte te skryf nie..
>
> Wie's ek of jy om te oordeel?
> Ek het dit maar net as "bewys" genoem van hoe 'n "groupmind" mense
> beinvloed en tot watter mate dit wel geskied.

Ek vind Annette sy kombuisresepte baie interessanter..

Norbert
Re: Gediggies [boodskap #76934 is 'n antwoord op boodskap #76932] Wo, 30 April 2003 00:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker wrote:

> Die enigste kunsvorm waarvoor ek lief is is die grafieke van die
> beurskoerse. Verlede jaar het ek daardeur baie geëmosioneer gewees,
> veral toe hulle na benede getuimel het...

Okay okay - ek gee op met jou! Daar is geen maar GEEN hoop vir jou
nie! :-)

> Ek vind Annette sy kombuisresepte baie interessanter..

Wel sien, kosmaak is tog ook 'n vorm van kuns?
Re: Gediggies [boodskap #76939 is 'n antwoord op boodskap #76934] Wo, 30 April 2003 05:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Apr 2003 20:04:00 -0400, Katryn wrote:

>> Ek vind Annette sy kombuisresepte baie interessanter..
>
> Wel sien, kosmaak is tog ook 'n vorm van kuns?

Ja, rêrig! En daarin is Annette baie goed! Mannes sal tenminste kos hê
as hulle met Annette saamwoon. Ek stel voor dat Annette sy resepte dan
maar in digvorm opskryf!
Vlaamse gesegde: "Die liefde van die mannes gaan deur hulle maag!"

Norbert
Re: Gediggies [boodskap #76940 is 'n antwoord op boodskap #76939] Wo, 30 April 2003 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek skryf nie gediggies of lees dit nie, bloot omdat ek nie kan nie en dit
nie verstaan nie.
Ek skiet nie mense af of bewonder diegene wat dit wel kan doen nie. As dit
hulle gelukkig maak, hoekom nie?
As ek lus is vir 'n raaisel, haal ek 'n legkaart of blokkiesraaisel uit.
Meer logies vir my.
Ek het 'n wonderlike resep by die kaasfees gekry hoe om Camembert met vye en
neute te maak. Stel iemand hier belang?

Annette

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:fbnuav81m9n4tsdfua0ivebs0usu935par@4ax.com...
> On Tue, 29 Apr 2003 20:04:00 -0400, Katryn
> wrote:
>
>
>>> Ek vind Annette sy kombuisresepte baie interessanter..
>>
>> Wel sien, kosmaak is tog ook 'n vorm van kuns?
>
> Ja, rêrig! En daarin is Annette baie goed! Mannes sal tenminste kos hê
> as hulle met Annette saamwoon. Ek stel voor dat Annette sy resepte dan
> maar in digvorm opskryf!
> Vlaamse gesegde: "Die liefde van die mannes gaan deur hulle maag!"
>
> Norbert
Re: Gediggies [boodskap #76949 is 'n antwoord op boodskap #76922] Wo, 30 April 2003 09:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Apr 2003 23:22:44 +0200, Sterrenkijker
wrote:

> Kan wel so wees, maar ek mag nog alles eet en drink..

Altyd 'n plus in die lewe.
Re: Gediggies [boodskap #76952 is 'n antwoord op boodskap #76940] Wo, 30 April 2003 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Apr 2003 08:36:15 +0200, "Annette" wrote:

> Ek het 'n wonderlike resep by die kaasfees gekry hoe om Camembert met vye en
> neute te maak. Stel iemand hier belang?
>
> Annette
>

Jaaaa, Annette!!! Publiseer dit gou! Ek gaan volgende week (of miskien
die week nadien) Frankryk toe en sal daar varse Camembert koop. Hulle
Brie is ook ongelooflik eksellent en hulle maak daar ook bokmelkkaas
met rosyntjies wat in jenewer in die week gesit is. Fantasties!!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Gediggies [boodskap #76953 is 'n antwoord op boodskap #76949] Wo, 30 April 2003 11:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Apr 2003 09:11:37 GMT, NoS...@tome.com (Ferdi Greyling) wrote:

> On Tue, 29 Apr 2003 23:22:44 +0200, Sterrenkijker
> wrote:
>
>
>
> Altyd 'n plus in die lewe.
>
Ons verstaan mekaar rêrig!

Norbert
Re: Gediggies [boodskap #76957 is 'n antwoord op boodskap #76940] Wo, 30 April 2003 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Ek skryf nie gediggies of lees dit nie,

'n Vinnige soektog op Google sal die teendeel bewys - hier is
byvoorbeeld 'n voorbeeld van jou poging vir 'n haiku. Volgens die
draad van die gesprekke was dit 'n nuwe term vir jou en jy wou dit
bietjie verder ondersoek.

"Thank you Fluffy dear
While you have summer down there
The moon up here shines."

Daar is baie ander voorbeelde wat ek vir jou kan aanhaal en wys - hoe
jy met rym probeer speel het, en vele ander interessante verskynsels.
Ek weet nie waarom jy dit so sterk probeer ontken nie?
Re: Gediggies [boodskap #76973 is 'n antwoord op boodskap #76957] Do, 01 Mei 2003 05:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die feit dat ek grappige pogings aanwend, beteken nie dat ek my kan aanmatig
dat ek dit kan doen, of ander mense se gedigte kan lees of verstaan nie.

Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:3vovavcj7l7r8c6o0psmnpq22sop0ar4in@4ax.com...
> "Annette" wrote:
>
>> Ek skryf nie gediggies of lees dit nie,
>
> 'n Vinnige soektog op Google sal die teendeel bewys - hier is
> byvoorbeeld 'n voorbeeld van jou poging vir 'n haiku. Volgens die
> draad van die gesprekke was dit 'n nuwe term vir jou en jy wou dit
> bietjie verder ondersoek.
>
> "Thank you Fluffy dear
> While you have summer down there
> The moon up here shines."
>
> Daar is baie ander voorbeelde wat ek vir jou kan aanhaal en wys - hoe
> jy met rym probeer speel het, en vele ander interessante verskynsels.
> Ek weet nie waarom jy dit so sterk probeer ontken nie?
Re: Gediggies [boodskap #76987 is 'n antwoord op boodskap #76973] Do, 01 Mei 2003 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 1 May 2003 07:15:50 +0200, "Annette" wrote:

> Die feit dat ek grappige pogings aanwend, beteken nie dat ek my kan aanmatig
> dat ek dit kan doen, of ander mense se gedigte kan lees of verstaan nie.
>
> Annette
>

Verduideliking is onder annalise - gaan fkn ongemaklik wees om te
oortuig dat jy slegs 'n pogende amateur is wat gelieg het oor jou
onskuld, maar tot die volgende sitting (wat ongelukkig vir jou
onder die kompleet jurisdiksie van regter gestreepte muis val,
is jy ionder verdenking!

Hofordinnans (wat verdomp is dìt?)
Re: Gediggies [boodskap #77083 is 'n antwoord op boodskap #76957] Sa, 03 Mei 2003 09:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rachel Couch  is tans af-lyn  Rachel Couch
Boodskappe: 45
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> "Annette" wrote:
>
>> Ek skryf nie gediggies of lees dit nie,
>
> 'n Vinnige soektog op Google sal die teendeel bewys - hier is
> byvoorbeeld 'n voorbeeld van jou poging vir 'n haiku. Volgens die
> draad van die gesprekke was dit 'n nuwe term vir jou en jy wou dit
> bietjie verder ondersoek.
>
> "Thank you Fluffy dear
> While you have summer down there
> The moon up here shines."
>
> Daar is baie ander voorbeelde wat ek vir jou kan aanhaal en wys - hoe
> jy met rym probeer speel het, en vele ander interessante verskynsels.
> Ek weet nie waarom jy dit so sterk probeer ontken nie?

Ragel: Ja, ek het ook gewonder hoekom sy dit so sterk ontken.
Miskien wil sy maar net nie bekend word vir iemand wat n swakte het
vir gediggies nie.

Gie,gie
Re: Gediggies [boodskap #77115 is 'n antwoord op boodskap #77083] Sa, 03 Mei 2003 15:17 Na vorige boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
rachel...@yahoo.co.uk (Kinky) wrote:
Katryn:
Daar is baie ander voorbeelde wat ek vir jou kan aanhaal en wys - hoe
jy met rym probeer speel het, en vele ander interessante verskynsels.
Ek weet nie waarom jy dit so sterk probeer ontken nie?

Ragel: Ja, ek het ook gewonder hoekom sy dit so sterk ontken.
Miskien wil sy maar net nie bekend word vir iemand wat 'n swakte het
vir gediggies nie.
Gie,gie

Katryn weer:
Rageltjie de Beer? :-))))
Ag, sy wil maar net nie erken dat sy (en die res van ons ook maar)
sterk deur die "gloudina effek" beïnvloed word nie. Dit terwyl daar
sulke duidelike tekens is wat die teendeel aandui.
:-))
Vorige onderwerp: " nuusgerugte ' 80 's " deur TOM GOUWS
Volgende onderwerp: " salut d' amour " deur FANIE OLIVIER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:49:22 MGT 2024