Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER
" Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER [boodskap #75141] Ma, 31 Maart 2003 16:14 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Gebed om 'n basterkaptein
Ronnie Belcher

Die jakkals met die rooi krans om sy nek
brag onheil na my deur, want toe hy skrou
op sewe myl distansie dat net ek
sy woord kon hoor, toe weet ek dis oor jou,
Hermanus, wat daar iewers tussen klip
jou moeë burgers sonder dat jul weet
met hoogson 'n gebied laat binneglip
waar mausers reglê vir die aanvalskreet.
Toe waak en bid die hele Rehoboth
dat God oorvat, toe sien ons hoe die Maandag
glip van die voorvoet van die hotnosgod
en tussen Duisman en die son stofslaan,
en toe die dag blind word, skiet jul hot-om
toe weet ons dat ons bloed heel huis toe kom.
Re: " Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER [boodskap #75156 is 'n antwoord op boodskap #75141] Di, 01 April 2003 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Baie interresant. Wie was Hermanus? Wat is die Duisman?

Wie was / is Ronnie Belcher?

Jy weet seker dat hierdie in Namibia afspeel.

Bees

skryf in boodskap news:3E8869A1.2000605@rogers.com...
> Gebed om 'n basterkaptein
> Ronnie Belcher
>
> Die jakkals met die rooi krans om sy nek
> brag onheil na my deur, want toe hy skrou
> op sewe myl distansie dat net ek
> sy woord kon hoor, toe weet ek dis oor jou,
> Hermanus, wat daar iewers tussen klip
> jou moeë burgers sonder dat jul weet
> met hoogson 'n gebied laat binneglip
> waar mausers reglê vir die aanvalskreet.
> Toe waak en bid die hele Rehoboth
> dat God oorvat, toe sien ons hoe die Maandag
> glip van die voorvoet van die hotnosgod
> en tussen Duisman en die son stofslaan,
> en toe die dag blind word, skiet jul hot-om
> toe weet ons dat ons bloed heel huis toe kom.
>
Re: " Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER [boodskap #75163 is 'n antwoord op boodskap #75156] Di, 01 April 2003 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Bees wrote:

> Baie interresant. Wie was Hermanus? Wat is die Duisman?
>
> Wie was / is Ronnie Belcher?
>
> Jy weet seker dat hierdie in Namibia afspeel.

Ek weet nie presies wie Hermanus is nie,
maar hy was seker een van die kapteins van
die Rehoboth-basters.
Die woord "Duisman" word al van vroeg af
gebruik om die "wit man" aan te dui. Ek sien
dat die English South African Dictionary die
oorsprong as "unknown" aandui, maar dit is tog
seker afkomstig van "Dutchman"?
Sover ek weet, is Ronnie Belcher woonagtig in
die Boland, en help hy boeke uitgee. Weet iemand
iets meer van hom?

Gloudina
Re: " Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER [boodskap #75170 is 'n antwoord op boodskap #75163] Di, 01 April 2003 23:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Man, ek kan verkeerd wees, maar ek dink Ronnie Belcher was jare terug 'n
sanger/akteur gewees. Toe word hy wedergebore christen en begin net gospel
sing, van daar het sy gewildheid en loopbaan geduik en het hy so te sê
heeltemal van die toneel verdwyn. Of dit dieselfde Ronnie is sal ek nou nie
weet nie.

Elaine

wrote:

> Sover ek weet, is Ronnie Belcher woonagtig in
> die Boland, en help hy boeke uitgee. Weet iemand
> iets meer van hom?
>
> Gloudina
>
Re: " Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER [boodskap #75172 is 'n antwoord op boodskap #75170] Di, 01 April 2003 23:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Neeeee, elaine het te min geslaap. Ek dink aan Ronnie Boucher - whoopsies!
Sorry.

E

"Elaine" skryf in boodskap news:3e8a1a9d.0@news1.mweb.co.za...
> Man, ek kan verkeerd wees, maar ek dink Ronnie Belcher was jare terug 'n
> sanger/akteur gewees. Toe word hy wedergebore christen en begin net gospel
> sing, van daar het sy gewildheid en loopbaan geduik en het hy so te sê
> heeltemal van die toneel verdwyn. Of dit dieselfde Ronnie is sal ek nou nie
> weet nie.
>
> Elaine
Re: " Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER [boodskap #75175 is 'n antwoord op boodskap #75163] Wo, 02 April 2003 01:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote:
> Wie was / is Ronnie Belcher?

Gloudina
Sover ek weet, is Ronnie Belcher woonagtig in
die Boland, en help hy boeke uitgee. Weet iemand
iets meer van hom?

Wouter
Sover ek weet, was Prof Ronnie Belcher aan onder andere die
Universiteit van Stellenbosch verbonde en het hy na sy aftrede
op 'n plaas naby Stellenbosch gewoon. Maar ek wil onthou
dat die plaashuis afgebrand het, waar hy nou woon is ek nie
seker nie, maar ek vermoed dis steeds in Stellenbosch.
Hy het ook 'n privaat kollege begin.

Hy kom uit 'n Engelse Kaapse gesin, maar het Afrikaans gedoseer
en nagevors. Sy doktorsgraad was oor sonnetvorme. Hy is ook die
enigste blanke ere-Griekwa in die land.

Of hy boeke uitgee weet ek nie, maar hy skryf nog gedigte.
Soos jy elders noem is hy bekend vir sy sonnette.
Re: " Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER [boodskap #75183 is 'n antwoord op boodskap #75156] Wo, 02 April 2003 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Definitief het dit in Duits-SWA afgespeel met die draai van die vorige eeu
en dit trek op die Basters se laaste groot geveg met die Duitsers.....dis
waarvoor die Duisman staan [julle dink aan Duusman vanuit die Kaap].
Hermanus van Wyk was die volksvader van die Basters.
Baie interessant was die feit dat daar net in die geskiedenis van
Suider-Afrika prominensie gegee word aan die Groot Trek en die Dorslandtrek.
Van die Basters se trek vanuit die Kaap weet weinig alhoewel dit omtrent
dieselfde tyd plaasgevind het. Hulle het opgetrek en by Rehoboth staante
gevind het. 'n Feit is dat hulle die enigste bevolkingsgroep in SWA was
wat hul eie grond gekoop het! Die betrokke gebied van Rehoboth het aan die
Bondelswarts behoort en die Basters het besluit om die grond by hulle te
koop. Hulle het op 'n afbetalingskema gewerk, toe kom beroof die
Bondelswarts van die Basters se vee en besluit die Basters dat die vee
genoeg betaling was en het die saak maar laat gaan..... Hierdie
eiendomsreg was dan ook die rede hoekom die Basters vir Sam Nujoma wou moer
oor hy dan nou die hoof van die land is en hy vir hulle vertel wat hulle op
hulle eie grond mag maak.
In elk geval, die Basters en die Duitsers het groot aanklank met mekaar
gehad want die Basters wat uit die Kaap getrek het, was oor die algemeen
beter geskool en definitief kerkmense. Steel was vir hulle sonde en hulle
het saam met die Duitsers baklei teen die Hereros en Witbooi en sy manne.
Die situasie het egter versuur toe die Duitsers se grondplan nie saamgewerk
het met hulle visie vir hulle eie grond nie, en toe eet hulle mekaar. Dié
slag het by San Khubis afgespeel waar hulle hul finale 'stand' gemaak het
teen die blokkoppe.....en verloor het.

"Bees" skryf in boodskap news:3e89875e$0$13170$5a62ac22@freenews.iinet.net.au...
> Baie interresant. Wie was Hermanus? Wat is die Duisman?
>
> Wie was / is Ronnie Belcher?
>
> Jy weet seker dat hierdie in Namibia afspeel.
>
> Bees
>
> skryf in boodskap news:3E8869A1.2000605@rogers.com...
>> Gebed om 'n basterkaptein
>> Ronnie Belcher
>>
>> Die jakkals met die rooi krans om sy nek
>> brag onheil na my deur, want toe hy skrou
>> op sewe myl distansie dat net ek
>> sy woord kon hoor, toe weet ek dis oor jou,
>> Hermanus, wat daar iewers tussen klip
>> jou moeë burgers sonder dat jul weet
>> met hoogson 'n gebied laat binneglip
>> waar mausers reglê vir die aanvalskreet.
>> Toe waak en bid die hele Rehoboth
>> dat God oorvat, toe sien ons hoe die Maandag
>> glip van die voorvoet van die hotnosgod
>> en tussen Duisman en die son stofslaan,
>> en toe die dag blind word, skiet jul hot-om
>> toe weet ons dat ons bloed heel huis toe kom.
>>
>
Re: " Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER [boodskap #75193 is 'n antwoord op boodskap #75183] Wo, 02 April 2003 10:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kernagtig en baie interessant - baie dki.

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e8a8841.0@news1.mweb.co.za...
> Definitief het dit in Duits-SWA afgespeel met die draai van die vorige eeu
> en dit trek op die Basters se laaste groot geveg met die Duitsers.....dis
> waarvoor die Duisman staan [julle dink aan Duusman vanuit die Kaap].
> Hermanus van Wyk was die volksvader van die Basters.
> Baie interessant was die feit dat daar net in die geskiedenis van
> Suider-Afrika prominensie gegee word aan die Groot Trek en die Dorslandtrek.
> Van die Basters se trek vanuit die Kaap weet weinig alhoewel dit omtrent
> dieselfde tyd plaasgevind het. Hulle het opgetrek en by Rehoboth staante
> gevind het. 'n Feit is dat hulle die enigste bevolkingsgroep in SWA was
> wat hul eie grond gekoop het! Die betrokke gebied van Rehoboth het aan die
> Bondelswarts behoort en die Basters het besluit om die grond by hulle te
> koop. Hulle het op 'n afbetalingskema gewerk, toe kom beroof die
> Bondelswarts van die Basters se vee en besluit die Basters dat die vee
> genoeg betaling was en het die saak maar laat gaan..... Hierdie
> eiendomsreg was dan ook die rede hoekom die Basters vir Sam Nujoma wou moer
> oor hy dan nou die hoof van die land is en hy vir hulle vertel wat hulle op
> hulle eie grond mag maak.
> In elk geval, die Basters en die Duitsers het groot aanklank met mekaar
> gehad want die Basters wat uit die Kaap getrek het, was oor die algemeen
> beter geskool en definitief kerkmense. Steel was vir hulle sonde en hulle
> het saam met die Duitsers baklei teen die Hereros en Witbooi en sy manne.
> Die situasie het egter versuur toe die Duitsers se grondplan nie saamgewerk
> het met hulle visie vir hulle eie grond nie, en toe eet hulle mekaar. Dié
> slag het by San Khubis afgespeel waar hulle hul finale 'stand' gemaak het
> teen die blokkoppe.....en verloor het.
> "Bees" wrote in message
> news:3e89875e$0$13170$5a62ac22@freenews.iinet.net.au...
>> Baie interresant. Wie was Hermanus? Wat is die Duisman?
>>
>> Wie was / is Ronnie Belcher?
>>
>> Jy weet seker dat hierdie in Namibia afspeel.
>>
>> Bees
>>
>> skryf in boodskap news:3E8869A1.2000605@rogers.com...
>>> Gebed om 'n basterkaptein
>>> Ronnie Belcher
>>>
>>> Die jakkals met die rooi krans om sy nek
>>> brag onheil na my deur, want toe hy skrou
>>> op sewe myl distansie dat net ek
>>> sy woord kon hoor, toe weet ek dis oor jou,
>>> Hermanus, wat daar iewers tussen klip
>>> jou moeë burgers sonder dat jul weet
>>> met hoogson 'n gebied laat binneglip
>>> waar mausers reglê vir die aanvalskreet.
>>> Toe waak en bid die hele Rehoboth
>>> dat God oorvat, toe sien ons hoe die Maandag
>>> glip van die voorvoet van die hotnosgod
>>> en tussen Duisman en die son stofslaan,
>>> en toe die dag blind word, skiet jul hot-om
>>> toe weet ons dat ons bloed heel huis toe kom.
>>>
>>
>
Re: " Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER [boodskap #75202 is 'n antwoord op boodskap #75175] Wo, 02 April 2003 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Of hy boeke uitgee weet ek nie, maar hy skryf nog gedigte.
> Soos jy elders noem is hy bekend vir sy sonnette.

Ek het eenkeer, ek dink in Litnet, gelees
waar iemand vra hoekom Belcher een van sy
bundels self uitgegee het, aangesien hy tog
seker maklik 'n ander uitgewer kon kry. Daarna
het ek opgemerk dat 'n hele paar nuwe bundels
uitgegee is deur hom (met die woord Suider
erens in die naam.) Miskien moet jy bietjie
verder navors.

Gloudina
Re: " Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER [boodskap #75208 is 'n antwoord op boodskap #75183] Wo, 02 April 2003 14:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Definitief het dit in Duits-SWA afgespeel met die draai van die vorige eeu
> en dit trek op die Basters se laaste groot geveg met die Duitsers.....dis
> waarvoor die Duisman staan [julle dink aan Duusman vanuit die Kaap].
> Hermanus van Wyk was die volksvader van die Basters.

Baie dankie vir jou informasie. Ek wens jy
wil meer van hierdie soort geskiedenis van
Namibië gee.

Gloudina
Re: " Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER [boodskap #75218 is 'n antwoord op boodskap #75202] Do, 03 April 2003 05:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Of hy boeke uitgee weet ek nie, maar hy skryf nog gedigte.
> Soos jy elders noem is hy bekend vir sy sonnette.

Gloudina
Ek het eenkeer, ek dink in Litnet, gelees
waar iemand vra hoekom Belcher een van sy
bundels self uitgegee het, aangesien hy tog
seker maklik 'n ander uitgewer kon kry. Daarna
het ek opgemerk dat 'n hele paar nuwe bundels
uitgegee is deur hom (met die woord Suider
erens in die naam.) Miskien moet jy bietjie
verder navors.

Wouter
Ek is op Oudtshoorn en sal nie nou navors nie, maar die Kollege wat hy
gestig het is Suider Kollege of so iets. Hulle gee dan duidelik ook boeke
uit, jou inligting klink reg.
Re: " Gebed om 'n basterkaptein " deur RONNIE BELCHER [boodskap #75219 is 'n antwoord op boodskap #75208] Do, 03 April 2003 06:19 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Net om so 'n stertjie by te voeg.....die Basters het hulle ontstaan gehad
uit 'n vermenging van wit en swart terwyl die Kleurlinge 'n vermenging van
wit en asiaat is. Soos dit maar met die mens gaan van die paradys af, is
hulle belustig en het baie van die blanke boere maar hul plesiertjies op
ander plekke as hul eie vrouens gesoek en as dié dan preggies raak, dan is
hulle 'n potensiaal vir verleentheid en moet hulle weg. 'n Veilige hawe is
dan gevind by sendingstasies waar die kinders gebore is en waar die
sendelinge die hawelose mense help oorleef het en ook die Christendom aan
hulle verkondig het.
Hulle het uit die Kaap noordwaarts getrek oor die boere vanuit die
suide al meer noord agter die veld aangetrek het en die kennis gehad het om
hulle plase by die destydse Kaapse regering te registreer. Die Basters het
in 'n kol rondom die sendingstasie hul ding gedoen en dit was nie lank of
hulle en die boere het in konflik gekom oor grond. Toe vat hulle die pad
na Duits-Wes toe waar een moerse stuk aarde onbewoon lê. Let wel, amper
onbewoon want behalwe vir 'n paar San Boesmans hier en daar, 'n klompie
Hottentotte in die Suidweste van die land [ook uit die Kaap], 'n klompie
Hereros in die Ooste en Owambo's ver Noord, het die land eintlik brak
gelê....met volop wild.
Wel, soos laas gesê, die Basters het by Rehoboth vasgehaak [so 60km suid
van Windhoek en amper dood sentraal in die land uit alle rigtings] en daar
het hulle begin werk aan hulle plek. Nie lank nie, toe was daar huise, 'n
skool en 'n kerk. Ook strate en ander infrastruktuur. G'n wonder dan dat
die Duitsers en die Basters groter aanklank met mekaar gehad het as wat
hulle ooit met enige van die swart volkere kon kry nie. Hier was dan mense
van kleur wat ook wil werk en vooruit gaan. Daarenteen was daar die swart
volkere van SWA wat, behalwe vir tradisionele krale, nog geen dorp of
permanente infrastruktuur op hul eie tot stand gebring het nie.
Die Westerling of soortgelyke denkers probeer vandag steeds uitwerk wat
maak dat Afrika 'tick'. Hier by ons het jy twee groepe gehad, naamlik die
blankes en die Basters wat geroei het om 'n bestaan te maak en hulleself te
verbeter, terwyl die algemene swart man heel tevrede was om net 'n bestaan
te maak. Jy moet natuurlik onthou dat 'apartheid' op hierdie stadium nog
nie eers uitgedink was nie! Vandag sit ons met 'n wonderlike demokrasie,
maar steeds is hierdie kultuur waarneembaar. Die nuwe regeerders van die
land regeer soos konings en die man op straat is eintlik veel slegter af as
ooit, maar in Afrika moet jy vry wees en dit moet jou man op die troon
wees.....daarvoor kan jy maar ly!
Soos natuurlik in Zimbabwe en soos in die Arabiese lande waar die
oorlog nou woed. Daar is g'n enkele Arabiese staat wat demokraties regeer
word nie en nou hoop die VSA en sy agterryers om dit in Irak te vestig?
Dit gaan nie werk nie. Die Arabiere, net soos in die res van Afrika, wil
gedomineer word en mag is al waarvoor hulle respek het.
skryf in boodskap news:3E8AFA21.7090500@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Definitief het dit in Duits-SWA afgespeel met die draai van die vorige eeu
>> en dit trek op die Basters se laaste groot geveg met die Duitsers.....dis
>> waarvoor die Duisman staan [julle dink aan Duusman vanuit die Kaap].
>> Hermanus van Wyk was die volksvader van die Basters.
>
> Baie dankie vir jou informasie. Ek wens jy
> wil meer van hierdie soort geskiedenis van
> Namibië gee.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: " Ons geliefde en getroude " deur R.K. BELCHER
Volgende onderwerp: " Die melkweg lê omhoog " deur R.K. BELCHER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 22:39:33 MGT 2024