Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die helers " deur INA ROUSSEAU
" Die helers " deur INA ROUSSEAU [boodskap #74806] Sa, 22 Maart 2003 02:10
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Ina Rousseau
Die helers

Ook hierdie vroegsomeroggend
duur die aanslag voort:
word die weefsel van die land

stukkend geskeur, die nate
met ysterhakies losgetorring -

maar buite in die tuin,
in 'n randakker lekkerriekend
van soetamaling en heliotroop,

is voëls
besig om 'n lang strook Vlaamse kant
uit klank te knoop.
Vorige onderwerp: " Gebed van die loot aan die wynstok " deur SHEILA CUSSONS
Volgende onderwerp: " Ons geliefde en getroude " deur R.K. BELCHER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 16:50:10 MGT 2024