Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Byvoeglike naamwoorde
Byvoeglike naamwoorde [boodskap #74800] Vr, 21 Maart 2003 18:10 na volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, elkeen,

Ek sou wou geweet van die taalkundiges onder julle:
-wanneer skryf die mense in Afrikaans 'n 'e' an die einde van 'n
byvoeglike naamwoord en wanneer doen hulle dit nie?
Ek is daaroor in die grootste verwarring.
Sal 'n antwoordjie seer waardeer.

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #74802 is 'n antwoord op boodskap #74800] Vr, 21 Maart 2003 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hi Norbert

Ek wens jy kan die oplossing vind op hierdie volgende blad
http://www.shibumi.org/eoti.htm

Gr.Rico

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:r6lm7vse34odk8hu0h0ai4c2mbr8o74k9q@4ax.com...
> Hallo, elkeen,
>
> Ek sou wou geweet van die taalkundiges onder julle:
> -wanneer skryf die mense in Afrikaans 'n 'e' an die einde van 'n
> byvoeglike naamwoord en wanneer doen hulle dit nie?
> Ek is daaroor in die grootste verwarring.
> Sal 'n antwoordjie seer waardeer.
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #74820 is 'n antwoord op boodskap #74800] Sa, 22 Maart 2003 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sterrenkijker wrote:

> -wanneer skryf die mense in Afrikaans 'n 'e' an die einde van 'n
> byvoeglike naamwoord en wanneer doen hulle dit nie?

Ek het nie 'n grammatikaboek hier, sodat
ek vir jou kan sê wat die taalkundiges sê
nie, maar ek sal bietjie probeer raadgee:

(1) Ek dink die -e- aan die einde verskyn
gewoonlik by byvoeglike naamwoorde wat
meer as een lettergreep het. Dus:
wonderlike ding
prettige ding
maanbestraalde ding
allemintige ding.

Maar daar is altyd uitsonderings, veral
by sommige tweelettergreep-woorde:
lekker ding
wakker persoon
En daar is somtyds 'n -e- by eenlettergrepige
woorde:
goeie ding, dooie ding ( waar in Nederlands
mens goede/dode sal sê?
mooie ding ( spesiale gebruik van "mooi" om
nog meer emosie te wys)

As jy nog probleme het, vra raad.

Tant Hessie van die Derde Republiek se taalkomitee
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #74821 is 'n antwoord op boodskap #74800] Sa, 22 Maart 2003 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:r6lm7vse34odk8hu0h0ai4c2mbr8o74k9q@4ax.com...

> Ek sou wou geweet van die taalkundiges onder julle:
> -wanneer skryf die mense in Afrikaans 'n 'e' an die einde van 'n
> byvoeglike naamwoord en wanneer doen hulle dit nie?

Hel, nou vra jy mos 'n onmoontlike ding. Daar's nie reëls daaroor nie.
Maar... wel... byvoeglike naamwoorde (bnw'e) wat wel 'n "=e" bykry as dit
vóór die naamwoord staan, verloor gewoonlik die "=e" ná die naamwoord.
Byvoorbeeld: "Dis 'n belaglike oorlog" en "Die oorlog is belaglik". Voorts
het bnw'e wat bestaan uit 'n stam plus 'n voor of agtervoegsel, gewoonlik
wel 'n "=e". Byvoorbeeld: be-lag-lik, ou-lik, ver-ve[e]l-ig. Dieselfde
geld vir bnw'e waarvan die trappe van vergelyking nie die gewone patroon
volg nie, byvoorbeeld goeie (goed, beter, beste i.p.v. goed, goeder,
goedste). Wanneer woorde wat gewoonlik nie die "=e" kry nie, wel die "=e"
kry, het hulle gewoonlik óf 'n figuurlike betekenis óf dit word gedoen om
die woord te beklemtoon.

Sou jy sê dat "hout" in "houte tafel" 'n bnw is? In Afrikaans is dit nie,
en daarom is dit "houttafel" in Afrikaans, en nie "hout tafel" nie.
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #74822 is 'n antwoord op boodskap #74820] Sa, 22 Maart 2003 18:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek soek al jaaaaaaaaaaaaaare na die antwoord op hierdie vraag. Ek het
ondertussen min of meer uitgevind dis soos Gloudina dit skry, maar dit is
nie regtig duidelik nie. Wat eenlettergrepige woorde betref, het ek ook al
gesien dat bv. "'n arm man" 'n man is met min geld, en 'n "arme man" een wat
jy kan jammer kry.

Hilda.

schreef in bericht news:3E7C836B.7020208@rogers.com...
>
> Sterrenkijker wrote:
>
>> -wanneer skryf die mense in Afrikaans 'n 'e' an die einde van 'n
>> byvoeglike naamwoord en wanneer doen hulle dit nie?
>
> Ek het nie 'n grammatikaboek hier, sodat
> ek vir jou kan sê wat die taalkundiges sê
> nie, maar ek sal bietjie probeer raadgee:
>
> (1) Ek dink die -e- aan die einde verskyn
> gewoonlik by byvoeglike naamwoorde wat
> meer as een lettergreep het. Dus:
> wonderlike ding
> prettige ding
> maanbestraalde ding
> allemintige ding.
>
> Maar daar is altyd uitsonderings, veral
> by sommige tweelettergreep-woorde:
> lekker ding
> wakker persoon
> En daar is somtyds 'n -e- by eenlettergrepige
> woorde:
> goeie ding, dooie ding ( waar in Nederlands
> mens goede/dode sal sê?
> mooie ding ( spesiale gebruik van "mooi" om
> nog meer emosie te wys)
>
> As jy nog probleme het, vra raad.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek se taalkomitee
>
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #74823 is 'n antwoord op boodskap #74822] Sa, 22 Maart 2003 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hilda wrote:

Wat eenlettergrepige woorde betref, het ek ook al
> gesien dat bv. "'n arm man" 'n man is met min geld, en 'n "arme man" een wat
> jy kan jammer kry.

Ek sou geinteresseerd wees om uit te
vind oor hoe julle hierdie verskil
in betekenis in Nederlands weergee?

Gloudina
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #74824 is 'n antwoord op boodskap #74821] Sa, 22 Maart 2003 21:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

Wanneer woorde wat gewoonlik nie die "=e" kry nie, wel die "=e"
> kry, het hulle gewoonlik óf 'n figuurlike betekenis óf dit word gedoen om
> die woord te beklemtoon.

Ja, die -e- aan die einde van eenletter-
grepige woorde is 'n studie in sigself.
Neem nou maar "geen bloue duit," "swarte
tater," "witte wolkies." Dit lyk vir my
mens kan met hierdie woorde rondspeel in
Afrikaans, sonder dat daar te veel reëls
daarvoor is.

Hoe gaan die met die kleine baba?

Gloudina
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #74825 is 'n antwoord op boodskap #74800] Sa, 22 Maart 2003 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 21 Mar 2003 19:10:12 +0100, Sterrenkijker
wrote:

> Hallo, elkeen,
>
> Ek sou wou geweet van die taalkundiges onder julle:
> -wanneer skryf die mense in Afrikaans 'n 'e' an die einde van 'n
> byvoeglike naamwoord en wanneer doen hulle dit nie?
> Ek is daaroor in die grootste verwarring.
> Sal 'n antwoordjie seer waardeer.
>
> Norbert (uit Vlaandere)

Dankie vir julle antwoorde, mense. Ek kan nou nie deelneem an die
diskussie nie (ek doen nou my werk van die weekeinde). Ek kom volgende
week Maandag terug.

Norbert
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #74826 is 'n antwoord op boodskap #74823] So, 23 Maart 2003 07:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hilda : In Nederlands word die adjektief ook net verbuig as dit attributief
is bv. 'een bange hond'. As dit predikatief is, bly die onveranderd : bv.
Die hond is bang. As dit 'n de-woord is dan word hulle verbuig : de grote
weg, een kleine hond - alle meervoude ook : mooie huizen. As dit 'n
het-woord is word hulle verbuig as daar voor die woord : het, dit, dat of 'n
besitlik voornaamwoord staan : het kleine meisje, dit grote huis, dat leuke
kind, mijn zwarte paard. Anders bly dit onveranderd : een klein meisje,
weinig lekker bier, fijn zand, ens.

Die 'eienskapaanduidende' adjektief wat 'n kwaliteit uitdruk kan (hoef nie -
in die spreektaal sal daar dikwels wel 'n 'e' gebruik word) sonder 'e'
gebruik word as dit gevolg word deur bv. man, een naam van 'n beroep of 'n
funksie, ens. bv: een oud en wijs man, een groot strateeg, een uitstekend
leraar, ... maar jy kan ook sê : een uitstekende leraar (= onderwyser), een
groot toneelspeelster (beteken dus nie dat sy 'groot : big' is nie, maar dat
sy 'n baie bekwame speelster is).

Met 'mens' en 'iemand' is daar nooit 'n verbuiging nie : een vreedzaam mens,
een belangrijk iemand.

Hierdie reëls is algemene reëls, daar's baie 'nuanses', maar dis te lank om
alles te skryf.

Hilda.

schreef in bericht news:3E7CCF45.9020200@rogers.com...
>
> Hilda wrote:
>
> Wat eenlettergrepige woorde betref, het ek ook al
>> gesien dat bv. "'n arm man" 'n man is met min geld, en 'n "arme man" een wat
>> jy kan jammer kry.
>
> Ek sou geinteresseerd wees om uit te
> vind oor hoe julle hierdie verskil
> in betekenis in Nederlands weergee?
>
> Gloudina
>
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #74830 is 'n antwoord op boodskap #74824] So, 23 Maart 2003 18:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3E7CD0E3.9000706@rogers.com...

> Hoe gaan die met die kleine baba?

Kleine baba is nie meer 'n kleine baba nie. Hy is 15 maande oud en loop al
lekker rond. Sy boetie/sussie kom in September aan. Ek weet ook nie hoe
dit dié keer gebeur het nie.
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #74907 is 'n antwoord op boodskap #74830] Di, 25 Maart 2003 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

> Kleine baba is nie meer 'n kleine baba nie. Hy is 15 maande oud en loop al
> lekker rond. Sy boetie/sussie kom in September aan. Ek weet ook nie hoe
> dit dié keer gebeur het nie.

Het jy nog nie van die birds en die
bees gehoor nie?

Gloudina
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #75178 is 'n antwoord op boodskap #74825] Wo, 02 April 2003 04:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marilize[1]  is tans af-lyn  Marilize[1]
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink dit hang af of die byvoeglike naamwoord predikatief (na die
onderwerp wat beskryf word) of attributief (voor die onderwerp)
gebruik word. Byvoeglike naamwoorde kan dus die e kry as dit
attributief gebruik word en die byvoeglike naamwoord in sy gewone trap
is bv warm en nie warmer of warmste nie. Die e versterk maar net
gevoel, so mens sit hom aan soos wanneer jy 'n intensiewe vorm sou
gebruik? Of ek dink so, ek is 'n Afrikaanse onderwyseres wat deesdae
net Engels gee in Australie!
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #75181 is 'n antwoord op boodskap #75178] Wo, 02 April 2003 06:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Apr 2003 20:05:15 -0800, noemn...@yahoo.com (Marilize) wrote:

> Ek dink dit hang af of die byvoeglike naamwoord predikatief (na die
> onderwerp wat beskryf word) of attributief (voor die onderwerp)
> gebruik word. Byvoeglike naamwoorde kan dus die e kry as dit
> attributief gebruik word en die byvoeglike naamwoord in sy gewone trap
> is bv warm en nie warmer of warmste nie. Die e versterk maar net
> gevoel, so mens sit hom aan soos wanneer jy 'n intensiewe vorm sou
> gebruik? Of ek dink so, ek is 'n Afrikaanse onderwyseres wat deesdae
> net Engels gee in Australie!

Dankie vir jou reaksie, Marilize. Dit sal wel so wees soos jy my dit
hier vertel. Maar tog verstaan ek nie sulke sakes as byvoorbeeld
hierdie wat volg:
Ek lees in my woordeboek:
"helium" = 'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en smaaklose gas...
In my eie taal (Vlaams = Nederlands) is dit so:
"helium" = een schaars, zeer licht, kleur-, reuk- en smaakloos gas...
Hier sien jy dat geen enkel van daardie byvoeglike naamwoorde 'n 'e'
gekry het.. Dit kom omdat die woord "helium" by ons 'n onsydige woord
is (ons sê: 'het' gas, i.p.v. 'die' gas) en omdat daar die onbepaalde
lidwoord 'een' geskryf is mag daar geen 'e' an die eind van die
byvoeglike naamwoorde kom nie. Dit sal wel so wees as daar gesê word:
"het schaarse, zeer lichte, kleur-, reuk- en smaakloze gas..",
eenvoudig omdat ons hier die bepaalde lidwoord "het" gebruik het en
daardeur verander ook die vorm van die byvoeglike naamwoorde. Dis net
so 'n bietjie soos in Duits waar die verbuiging van die byvoeglyke
naamwoorde ook verander afhanklik van die lidwoord.
Maar by julle sien ek staan: 'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en
smaaklose gas... Nou is my vraag duidelik: waarom skryf julle "skaars"
in hierdie geval sonder 'n 'e' en die andere byvoeglike naamwoorde
skryf julle mèt 'n 'e'? Die gevoelswaarde van die woorde "skaars",
"lig" en "smaakloos" is in daardie sin tog dieselfde? En hulle is ook
aldrie attributief gebesig, of is ek verkeerd?
Sal 'n antwoordjie seer waardeer!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #75207 is 'n antwoord op boodskap #75181] Wo, 02 April 2003 14:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sterrenkijker wrote:

> Maar by julle sien ek staan: 'n skaars, baie ligte, kleur-, reuk-, en
> smaaklose gas... Nou is my vraag duidelik: waarom skryf julle "skaars"
> in hierdie geval sonder 'n 'e' en die andere byvoeglike naamwoorde
> skryf julle mèt 'n 'e'? Die gevoelswaarde van die woorde "skaars",
> "lig" en "smaakloos" is in daardie sin tog dieselfde? En hulle is ook
> aldrie attributief gebesig, of is ek verkeerd?

Goeie vrae, Norbert. Die algemene riglyn bly
nog altyd - meerlettergrepige byvoeglike
naamwoorde sal byna altyd die -e- aan die einde
kry, eenlettergrepige byvoeglike naamwoorde
meestel geen -e-. Dis wit man, geel kleur, nat
vloer. Dis nou as dit voor die selfstandige
naamwoord gebruik word.
Dus is daar geen probleem met "skaars" in jou
voorbeeld nie. Wel met die "ligte" gas. Nou,
dit sal nie baie gebruik word nie, maar mens kan
dink dat iemand sal verkies om te sê "die lig gas"
en dat hy die gebruik sal kan verdedig.
Iemand het eenkeer aan my verduidelik dat tale
soos Afrikaans, wat wegbeweeg van grammatikale
reëls en verbondenheid aan die geslag van lidwoorde,
groter vryheid het om modale veranderings te maak
in betekenis deur rond te speel met woordeindes.
Dit is dus vir ons moontlik om die -e- aan die
einde van eenlettergrepige woorde te sit, as ons
daardeur 'n ander atmosfeer aan die woord kan gee.
Byvoorbeeld - mooie meisie, kleine baba, witte
wolkies, reine skoonheid ens.

Gloudina
Re: Byvoeglike naamwoorde [boodskap #75647 is 'n antwoord op boodskap #74823] Wo, 09 April 2003 20:06 Na vorige boodskap
yvon  is tans af-lyn  yvon
Boodskappe: 2
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Junior Lid
Een ''arm man'' heeft weinig en een ''arme man'' kan zowel een man zijn die
weinig heeft,
als een man waar je medelijden mee hebt. Het verschil is gewoonlijk uit de
context te halen.
Maar ik heb de rest van de antwoorden nog niet gelezen...
yvon

schreef in bericht news:3E7CCF45.9020200@rogers.com...
>
> Hilda wrote:
>
> Wat eenlettergrepige woorde betref, het ek ook al
>> gesien dat bv. "'n arm man" 'n man is met min geld, en 'n "arme man" een wat
>> jy kan jammer kry.
>
> Ek sou geinteresseerd wees om uit te
> vind oor hoe julle hierdie verskil
> in betekenis in Nederlands weergee?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Nogmaals byvoeglike naamwoorde...
Volgende onderwerp: vat, pak en neem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:17:41 MGT 2024