Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Gebed van die loot aan die wynstok " deur SHEILA CUSSONS
" Gebed van die loot aan die wynstok " deur SHEILA CUSSONS [boodskap #74751] Vr, 21 Maart 2003 03:19
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sheila Cussons
Gebed van die loot aan die wynstok

Solank as wat die mens
sy gewaarwordinge in taal bly formuleer
Here, laat my taal leef
en dat U hom nooit van die liggaam
van Afrika sal amputeer nie -
en waar U moet terugsnoei, Heer,
laat ons u hand herken en rustig weet
U sal uit die vurige sap
wat U nou tot besinning kasty
iets wat helder en edel is eindelik distilleer.
Vorige onderwerp: " Rekenskap " deur CHRIS PELSER
Volgende onderwerp: " Die helers " deur INA ROUSSEAU
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 14:10:41 MGT 2024