Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ontvlugting " deur INGRID JONKER
" Ontvlugting " deur INGRID JONKER [boodskap #74473] Do, 13 Maart 2003 04:16
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Ingrid Jonker
Ontvlugting

Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug
en dink my nou in Gordonsbaai terug:

Ek speel met paddavisse in 'n stroom
en kerf swastikas in 'n rooikransboom

Ek is die hond wat op die strande draf
en dom-allenig teen die aandwind blaf

Ek is die seevoël wat verhongerd daal
en dooie nagte opdis as 'n maal

Die god wat jou geskep het uit die wind
sodat my smart in jou volmaaktheid vind:

My lyk lê uitgespoel in wier en gras
op al die plekke waar ons eenmaal was.
Vorige onderwerp: " Skoppensboer " deur EUGENE MARAIS
Volgende onderwerp: " Beeld van 'n Jeug : Duif en Perd " deur N.P. van Wyk LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:55:20 MGT 2024