Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN
" die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #74211] Wo, 05 Maart 2003 13:55 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jeanne Goosen
die dag op nuweland

hoera en boland en haak vrystaat
skree ons van die pawiljoen
vir die rugbyspelers
wat soos gestreepte haaie rondduik
en na mekaar se boudvleise hap
en ons kou grondboontjies en ons kake gaan
op en af
op en af
'n maer meisie van swellendam
brei mansokkies
en soos ons boland en haak vrystaat skree
brei sy al vinniger
sodat ek senuweeagtig word
oor die spoed
waarmee sy die wol
oor haar dun dun voorvinger stoot
en ek my tong raakbyt
oral op die pawiljoen
spring mannetjies
regop
en die planke wip hulle weer terug
en dan weer
regop
en ons kou grondboontjies en ons skree
hoera boland haak vrystaat
soos die rugbyspelers
nou met toenemende venyn na mekaar gryp
en alles later bloederig word
en die gras mislikgroen regop staan
dit begin reën
en die blou reën was die bloed dieper
in die gras
die dag is pers en die son skyn oor alles
toe die eindfluitjie blaas
brul en skud die hele pawiljoen
sodat die potsierlike hoedjies
teen 'n ontstellende spoed op en af
op en af
wip
en die rugbyspelers dra die stukkende held
skouerhoog en die held gryns
en die meisie van swellendam
bêre haar breiwerk in 'n sneeuwitdoekie
en krap in haar neus
die rugbyspelers dra die stukkende held
tot voor my
Re: " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #74216 is 'n antwoord op boodskap #74211] Wo, 05 Maart 2003 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sy moes liewerste na King Park gegaan het - daar is nie so baie grondbone
nie. (Grondbone lok die verkeerde tipes ...)
skryf in boodskap news:3E6601F4.3080308@rogers.com...
> Jeanne Goosen
> die dag op nuweland
>
> hoera en boland en haak vrystaat
> skree ons van die pawiljoen
> vir die rugbyspelers
> wat soos gestreepte haaie rondduik
> en na mekaar se boudvleise hap
> en ons kou grondboontjies en ons kake gaan
> op en af
> op en af
> 'n maer meisie van swellendam
> brei mansokkies
> en soos ons boland en haak vrystaat skree
> brei sy al vinniger
> sodat ek senuweeagtig word
> oor die spoed
> waarmee sy die wol
> oor haar dun dun voorvinger stoot
> en ek my tong raakbyt
> oral op die pawiljoen
> spring mannetjies
> regop
> en die planke wip hulle weer terug
> en dan weer
> regop
> en ons kou grondboontjies en ons skree
> hoera boland haak vrystaat
> soos die rugbyspelers
> nou met toenemende venyn na mekaar gryp
> en alles later bloederig word
> en die gras mislikgroen regop staan
> dit begin reën
> en die blou reën was die bloed dieper
> in die gras
> die dag is pers en die son skyn oor alles
> toe die eindfluitjie blaas
> brul en skud die hele pawiljoen
> sodat die potsierlike hoedjies
> teen 'n ontstellende spoed op en af
> op en af
> wip
> en die rugbyspelers dra die stukkende held
> skouerhoog en die held gryns
> en die meisie van swellendam
> bêre haar breiwerk in 'n sneeuwitdoekie
> en krap in haar neus
> die rugbyspelers dra die stukkende held
> tot voor my
>
Re: " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #74218 is 'n antwoord op boodskap #74216] Wo, 05 Maart 2003 15:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Sy moes liewerste na King Park gegaan het

Ek wonder waar die naam Nuweland vandaan
kom. Ek weet die Engels is "Newlands." Wonder
of die Nuweland eerste gekom het, gedurende
die Nederlandse okkupasie, en of dit later gekom
het, gedurende die Britse besetting.

Penkop met die plooi tussen sy oë.
Re: " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #74225 is 'n antwoord op boodskap #74218] Wo, 05 Maart 2003 18:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Barend van B.  is tans af-lyn  Barend van B.
Boodskappe: 36
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" het geskryf in
:
>
> Jonas wrote:
>
>> Sy moes liewerste na King Park gegaan het
>
> Ek wonder waar die naam Nuweland vandaan
> kom. Ek weet die Engels is "Newlands." Wonder
> of die Nuweland eerste gekom het, gedurende
> die Nederlandse okkupasie, en of dit later gekom
> het, gedurende die Britse besetting.
>
Dié sal vas-en-seker tydens die besetting van die eensellige diertjies
gewees het - of anders was hulle oulike, verdwaalde Neanderthaler-meisies.
>
> Penkop met die plooi tussen sy oë.

:-bvb-:
uit: http://tinyurl.com/6wpf
Re: " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #74227 is 'n antwoord op boodskap #74218] Wo, 05 Maart 2003 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Ek wonder waar die naam Nuweland vandaan
kom. Ek weet die Engels is "Newlands." Wonder
of die Nuweland eerste gekom het, gedurende
die Nederlandse okkupasie, en of dit later gekom
het, gedurende die Britse besetting.

Wouter
Newland en Newlands is ou Engelse en Skotse vanne, en in
Brittanje is daar strate en plekke wat na van hierdie Newlands
vernoem is. Ek sal nie verbaas wees as die Kaapse Newlands
óf na iemand óf na 'n plek in Europa vernoem is nie.

Maar ek raai net.
Re: " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #74235 is 'n antwoord op boodskap #74227] Do, 06 Maart 2003 04:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Miskien moet hulle hom maar Securicorpark herdoop - dan weet ons waar die
naam vandaan kom?

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e664a68.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina
> Ek wonder waar die naam Nuweland vandaan
> kom. Ek weet die Engels is "Newlands." Wonder
> of die Nuweland eerste gekom het, gedurende
> die Nederlandse okkupasie, en of dit later gekom
> het, gedurende die Britse besetting.
>
> Wouter
> Newland en Newlands is ou Engelse en Skotse vanne, en in
> Brittanje is daar strate en plekke wat na van hierdie Newlands
> vernoem is. Ek sal nie verbaas wees as die Kaapse Newlands
> óf na iemand óf na 'n plek in Europa vernoem is nie.
>
> Maar ek raai net.
>
Re: " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #74237 is 'n antwoord op boodskap #74235] Do, 06 Maart 2003 05:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Ek sal nie verbaas wees as die Kaapse Newlands
> óf na iemand óf na 'n plek in Europa vernoem is nie

Jonas
Miskien moet hulle hom maar Securicorpark herdoop - dan weet ons waar die
naam vandaan kom?

Wouter
Hy is al lank terug verdoop, na Norwich Park. Toe neem Fedsure vir Norwich
Life oor en toe word dit Fedsure Park. En kort daarna neem Investec vir
Fedsure oor, nou is die Investec Park. Maar Investec gaan blykbaar nie die
naamreg-borgskap hernu nie, wie weet wat dit dan sal wees?

Maar in Kaaps ignoreer ons al daai en roep dit net Nuweland. :-)
Re: " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #74277 is 'n antwoord op boodskap #74227] Do, 06 Maart 2003 18:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote in
message news:3e664a68.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina
> Ek wonder waar die naam Nuweland vandaan
> kom. Ek weet die Engels is "Newlands." Wonder
> of die Nuweland eerste gekom het, gedurende
> die Nederlandse okkupasie, en of dit later gekom
> het, gedurende die Britse besetting.
>
> Wouter
> Newland en Newlands is ou Engelse en Skotse vanne, en in
> Brittanje is daar strate en plekke wat na van hierdie Newlands
> vernoem is. Ek sal nie verbaas wees as die Kaapse Newlands
> óf na iemand óf na 'n plek in Europa vernoem is nie.
>
> Maar ek raai net.

Dit kom van die naam van een van die VOC se destydse
drie 'buitenposten' in die Liesbeeck-vallei, nl.
Rustenburgh, De Schuer, en 't Nieuwe Land. Hierdie
drie 'buitenposten' was plase wat deur die VOC self
bedryf is, in teenstelling met ander plase in die
vallei wat deur sogenaamde vryburgers bedryf is.

Swart Simon
Re: " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #74281 is 'n antwoord op boodskap #74277] Do, 06 Maart 2003 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Ek sal nie verbaas wees as die Kaapse Newlands
> óf na iemand óf na 'n plek in Europa vernoem is nie.
> Maar ek raai net.

Swart Simon
Dit kom van die naam van een van die VOC se destydse
drie 'buitenposten' in die Liesbeeck-vallei, nl.
Rustenburgh, De Schuer, en 't Nieuwe Land. Hierdie
drie 'buitenposten' was plase wat deur die VOC self
bedryf is, in teenstelling met ander plase in die
vallei wat deur sogenaamde vryburgers bedryf is.

Wouter
Interessant. Hoe weet jy dit?
Re: " die dag op nuweland " deur JEANNE GOOSEN [boodskap #74294 is 'n antwoord op boodskap #74281] Vr, 07 Maart 2003 07:12 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasot
Argiewe, geskiedenis... en deur vele geslagte van ingelse sommer
"nieuwlinds" gewôre.

Thys op dat Bos der Van der Stel, VOC Gouverneur...

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e67a222.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek sal nie verbaas wees as die Kaapse Newlands
>> óf na iemand óf na 'n plek in Europa vernoem is nie.
>> Maar ek raai net.
>
> Swart Simon
> Dit kom van die naam van een van die VOC se destydse
> drie 'buitenposten' in die Liesbeeck-vallei, nl.
> Rustenburgh, De Schuer, en 't Nieuwe Land. Hierdie
> drie 'buitenposten' was plase wat deur die VOC self
> bedryf is, in teenstelling met ander plase in die
> vallei wat deur sogenaamde vryburgers bedryf is.
>
> Wouter
> Interessant. Hoe weet jy dit?
>
Vorige onderwerp: " Dopper Joris en Syn Seiltjie" deur PULVERMACHER
Volgende onderwerp: " Die sesde dag " deur HANS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 00:31:57 MGT 2024