Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " De Rust " deur FANIE OLIVIER
" De Rust " deur FANIE OLIVIER [boodskap #73612] Sa, 15 Februarie 2003 19:46
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Fanie Olivier
De Rust
vir oupa

nou het die aand die vaal heuwels weggevee:
dis stoeptyd vir 'n ou man in die rykdom
van sy jare sy kop helder soos die dagbreek.
so om die huis kan mens die kleure
van die struike net herken die outuin ruik
en ver die voorkop van die berg
sy hoë kuif sien uitstoot, oulaas, teen die lug.
dis stoeptyd en dis tyd van vrede maak:
'n lam blêr om haar ma
die voëls roep elkeen nog 'n laaste keer voor hulle nessies
uitsoek vir die nag: 'n duif 'n swart katlagter
'n janfiskaal. 'n hings runnik in die man se hart.
hy maak die dag se inventaris klaar: hy't hard
gewerk die skoon sweet in sy oë voel brand
gemelk 'n vers help kalf die boomveld
oopgeploeg gesaai geoes. met liefde liefgehad
met streng geloof geglo; sy vreugdes wyd gedeel
sy smarte vir homself gehou. hy het getrou
die dag se vordering aan God gemeld.
nou is dit stoeptyd en vir oulaas soek hy oor sy ryk:
die skemer het die bakens en die drade uitgepluk
en als is syne waar hy ook al kyk.
hy vou sy hande sterk maar sag
om soos die voëls van vroeër God
nog weer te dank vir kos en vere
vir die somtotaal van hierdie aand se dag.
Vorige onderwerp: " Hart se Punt " deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: " Rosa Rosarum " deur A.G. VISSER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 01:33:51 MGT 2024