Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "himne " deur TOM GOUWS
"himne " deur TOM GOUWS [boodskap #73333] Di, 11 Februarie 2003 17:33
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

himne
spr. 8:22-31
met die geboorte van emma-maryn gouws
TOM GOUWS

nog voor Hy Hom die hang van die heelal kon verbeel
voor die inknoop van die firmament
voor enige oerbegin
heel van ouds af
van die voortyd
in ewighede in
is jy bedink

toe ongesêde fonteine swaar ondergronds beur
toe daar nog geen wêreldvloed was
voor berge ingesink het
voor die heuwels was
lank voor iets
is jy fynversigtig geformeer
is jy sag tot sy lendene toebetrou

toe Hy die hemele in sy vingerpunte voel woel
nog voor gedagtes van grond deur Hom flits
toe Hy speels 'n kring aftrek op die donker waters
toe Hy grofweg 'n grens stel vir die see
toe Hy inskiklik die fondamente van die aarde lê
met verwondering kyk hoe ontkiem sy hart
is jy geweef in die skaamte van die skoot

voor die wêreld was, kind sonder skadu, is jy gebore.
toe reeds was jy kunstenaar naas Hom
het Hy in oorgawe geskep
terwyl jy voor sy aangesig speel altyd
en in jou was sy verlustiging altyd
voor die inknoop van die firmament
nog voor Hy Hom die hang van die heelal kon verbeel

20 mei 1999
Vorige onderwerp: " Nicoline " deur HANS du Plessis
Volgende onderwerp: " Hart se Punt " deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 05:21:45 MGT 2024