Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Konsertina in die Nag " deur C.M. van den HEEVER
" Die Konsertina in die Nag " deur C.M. van den HEEVER [boodskap #73067] Ma, 03 Februarie 2003 14:48 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Die Konsertina in die Nag
C. M. van den Heever

Die stroom se silwer stem die gaan verlore,
daar waar die spruit se donker waterspore
onder die sterrenag in vertes gly.
Nou leef geen plaasgeluid; net skaad'wees sprei
hul donker spokelywe langs die mure;
en groot gaan in die stilte al die ure
soos lewens in die duisternis verby.

Daar klaag eers sag, dan heimlik-mooi die hese
treurstemmetjie - verlangend soos 'n wese
na dae lankal weg, lankal nie meer;
die tone klim en draal en val dan weer
en op hul leef herinnering en swewe na kinderjare,
na kinderjare, rykste van die lewe,
na dae lankal dood - lankal nie meer.

Nog ween die konsertinastem en bewe
die wysie, waarin verlange lewe
vol ou weemoed en herin'ringspyn.
Dit is weer stil! en in die stilte skryn
die groot verlange na die ewige sterre;
en luister! soos 'n stemmetjie van verre
klaag die ou spruitjie in donker - en verdwyn.
Re: " Die Konsertina in die Nag " deur C.M. van den HEEVER [boodskap #73074 is 'n antwoord op boodskap #73067] Ma, 03 Februarie 2003 17:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie Antie ...

skryf in boodskap news:3E3E8145.9000200@rogers.com...
> Die Konsertina in die Nag
> C. M. van den Heever
>
> Die stroom se silwer stem die gaan verlore,
> daar waar die spruit se donker waterspore
> onder die sterrenag in vertes gly.
> Nou leef geen plaasgeluid; net skaad'wees sprei
> hul donker spokelywe langs die mure;
> en groot gaan in die stilte al die ure
> soos lewens in die duisternis verby.
>
> Daar klaag eers sag, dan heimlik-mooi die hese
> treurstemmetjie - verlangend soos 'n wese
> na dae lankal weg, lankal nie meer;
> die tone klim en draal en val dan weer
> en op hul leef herinnering en swewe na kinderjare,
> na kinderjare, rykste van die lewe,
> na dae lankal dood - lankal nie meer.
>
> Nog ween die konsertinastem en bewe
> die wysie, waarin verlange lewe
> vol ou weemoed en herin'ringspyn.
> Dit is weer stil! en in die stilte skryn
> die groot verlange na die ewige sterre;
> en luister! soos 'n stemmetjie van verre
> klaag die ou spruitjie in donker - en verdwyn.
>
Re: " Die Konsertina in die Nag " deur C.M. van den HEEVER [boodskap #73075 is 'n antwoord op boodskap #73067] Ma, 03 Februarie 2003 17:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder of CM getempteeer was om hierdie ene 'n sonnet te maak - bloot
deur die laaste vers weg te laat?

skryf in boodskap news:3E3E8145.9000200@rogers.com...
> Die Konsertina in die Nag
> C. M. van den Heever
>
> Die stroom se silwer stem die gaan verlore,
> daar waar die spruit se donker waterspore
> onder die sterrenag in vertes gly.
> Nou leef geen plaasgeluid; net skaad'wees sprei
> hul donker spokelywe langs die mure;
> en groot gaan in die stilte al die ure
> soos lewens in die duisternis verby.
>
> Daar klaag eers sag, dan heimlik-mooi die hese
> treurstemmetjie - verlangend soos 'n wese
> na dae lankal weg, lankal nie meer;
> die tone klim en draal en val dan weer
> en op hul leef herinnering en swewe na kinderjare,
> na kinderjare, rykste van die lewe,
> na dae lankal dood - lankal nie meer.
>
> Nog ween die konsertinastem en bewe
> die wysie, waarin verlange lewe
> vol ou weemoed en herin'ringspyn.
> Dit is weer stil! en in die stilte skryn
> die groot verlange na die ewige sterre;
> en luister! soos 'n stemmetjie van verre
> klaag die ou spruitjie in donker - en verdwyn.
>
Re: " Die Konsertina in die Nag " deur C.M. van den HEEVER [boodskap #73076 is 'n antwoord op boodskap #73075] Ma, 03 Februarie 2003 17:30 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Ek wonder of CM getempteeer was om hierdie ene 'n sonnet te maak - bloot
> deur die laaste vers weg te laat?

Asseblief, moet tog nie so 'n gross anglisisme
gebruik nie. Jy sal vir Elaine laat swymel. Gebruik
liewer "of hy onder die versoeking was."
Ek twyfel of die eerste 14 reëls die tradisionele
sonnet-vorm volg. En 'n sonnet moet 'n eb en 'n vloei
verteenwoordig. Hier is daar bloot, suksesvol, 'n
gemoedstoestand geskep, en dit alleen is nie stof vir
'n sonnet nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Nag " deur THEO WASSENAAR
Volgende onderwerp: " Gedigte van 'n Vaderland " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:14:04 MGT 2024