Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Nag " deur THEO WASSENAAR
" Nag " deur THEO WASSENAAR [boodskap #73028] So, 02 Februarie 2003 16:12
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Theo Wassenaar
Nag

Die klein blink ogies van die groot swart nag
Staar my so stil aandagtig aan vanaand;
Hul glimlag net so effentjies en sag,
Asof hul reeds my diepste wens verstaan't.

Ek voel dat daar 'n band onsegbaar teer
Die groot heelal tot een geheel verbind,
Dat daar 'n gees wat ewig is regeer,
Voor wie die skepping klein voel soos 'n kind.

'n Onbegrepe wêreld sonder sin
Sou hierdie lewe wees vir hom wat in
Homself alleen 'n siel en wese vind:
'n Vreemde tussen wesens doof en blind.
Geluk in volheid word in hom gewek
Wat hom in alles, die Al in hom ontdek.
Vorige onderwerp: " Oor Monnemente gepraat" deur PETER BLUM
Volgende onderwerp: " Die Konsertina in die Nag " deur C.M. van den HEEVER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:02:55 MGT 2024