Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Muishondblomme " deur ABRAHAM FOUCHE
" Muishondblomme " deur ABRAHAM FOUCHE [boodskap #72628] Wo, 29 Januarie 2003 04:23
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Abraham Fouché
Muishondblomme
Pelargonia

Ek sou graag eendag weer
Sandhoogte toe wou gaan,
daar lank ronddwaal en kyk
of daar nog muishondblomme pryk
in die krom melkhoutboom
wat voor die voordeur staan.

Dan, ook miskien, gedagtig aan
die paradys en hel,
my jare op die muishondblare tel.

Aan elke swart kol op die blare
sal ek sê: ,,Gaan slaap.
Die mens is nie deur God alleen
om swaar te kry, geskaap."

Dan, as die duineriete nog
so vriendelik na my toe buig,
sal ek, as kind van sewentig,
soos een van sewe juig.
Vorige onderwerp: " Vaarwel aan Insulinde " deur C. LOUIS LEIPOLDT
Volgende onderwerp: " Oor Monnemente gepraat" deur PETER BLUM
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:31:37 MGT 2024