Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE
" Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE [boodskap #72287] Do, 23 Januarie 2003 03:38 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

GLORY TO THE DEAD AND LIFE TO THE LIVING
Henri Laurie

Vryspringers, ons, maar nie jammer nie
verskoningloos en asemblank
ons vingers soek na slym
ons yl gedagtes vroetel in holtes en skrewe ....
blameer die moeë murg en kwynende bloedselle.
Ons is lankal pap in die pype.
Die ander, die wat aas en bemesting geword het,
geleerd in die wetenskap van eindigheid,
nederig soos stof
hulle verdwyn agter die jubel van ons skaamte.
Hulle klets onverstaanbaar in die nag, om hoeke,
op herfsblare, onleesbaar, skryf hulle ons
halfvergete misdade neer,
klik soos polieste in ons hakke,
spot soos die laaitie oorkant in hyserknoppies en pryse in winkels.

Om te dink dat hulle ook daar was destyds
in die helder gierigheid en bitter belemmering
en dat hulle nou verdwaal in ons gedagtes
terwyl ons verdwaal op straat
mistig tussen die gespierde vendusie en
meedoënlose ellende.
Re: " Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE [boodskap #72321 is 'n antwoord op boodskap #72287] Do, 23 Januarie 2003 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andrew Taylor  is tans af-lyn  Andrew Taylor
Boodskappe: 42
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 23 Jan 2003 03:38:03 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
>
> GLORY TO THE DEAD AND LIFE TO THE LIVING
> Henri Laurie

Is dit die Henri Laurie van Rondebosch? Ek dink hy is 'n
[mathematician] (die woorde is nie in my wordeboek nie)
Re: " Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE [boodskap #72323 is 'n antwoord op boodskap #72321] Do, 23 Januarie 2003 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hallo Andrew!!!! Heppie nuwejaar vir jou daar in die koue!!

Ek is nie seker of jy miskien aan Dirk Laurie dink nie?

Mathematician - wiskundige.

Annette

"Andrew Taylor" skryf in boodskap news:csrv2voann59g1o0nl299l7jtgvg2v9ddk@4ax.com...
> On Thu, 23 Jan 2003 03:38:03 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>>
>>
>> GLORY TO THE DEAD AND LIFE TO THE LIVING
>> Henri Laurie
>
> Is dit die Henri Laurie van Rondebosch? Ek dink hy is 'n
> [mathematician] (die woorde is nie in my wordeboek nie)
>
Re: " Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE [boodskap #72326 is 'n antwoord op boodskap #72321] Do, 23 Januarie 2003 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Andrew Taylor wrote:

>> GLORY TO THE DEAD AND LIFE TO THE LIVING
>> Henri Laurie

> Is dit die Henri Laurie van Rondebosch? Ek dink hy is 'n
> [mathematician] (die woorde is nie in my wordeboek nie)

Ek weet nie waar hy bly nie, maar ek weet
dit was in Kaapstad, laas wat ek met hom
in kontak was.

Gloudina
Re: " Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE [boodskap #72327 is 'n antwoord op boodskap #72323] Do, 23 Januarie 2003 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Ek is nie seker of jy miskien aan Dirk Laurie dink nie?
>
> Mathematician - wiskundige.

Henri Laurie is Dirk Laurie se broer.
Dirk Laurie is 'n wiskundige. Getroud,
sover ek kan onthou, met een van D.J.
Opperman se dogters.

Gloudina
Re: " Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE [boodskap #72341 is 'n antwoord op boodskap #72321] Do, 23 Januarie 2003 18:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
.  is tans af-lyn  .
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 23 Jan 2003 13:40:59 +0000 (UTC), Andrew Taylor
wrote:

> Ek dink hy is 'n
> [mathematician] (die woorde is nie in my wordeboek nie)

Wordeboek ook nie
Re: " Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE [boodskap #72352 is 'n antwoord op boodskap #72327] Do, 23 Januarie 2003 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Andrew
Is dit die Henri Laurie van Rondebosch? Ek dink hy is 'n
[mathematician] (die woorde is nie in my wordeboek nie)

Annette wrote:
> Ek is nie seker of jy miskien aan Dirk Laurie dink nie?
> Mathematician - wiskundige.

Gloudina
Henri Laurie is Dirk Laurie se broer.
Dirk Laurie is 'n wiskundige. Getroud,
sover ek kan onthou, met een van D.J.
Opperman se dogters.

Wouter
Ja, Dirk is met Trinke Opperman getroud. En hy is 'n wiskundige.

Maar ek vermoed Andrew dink aan Dirk se pa, Henri Laurie senior,
'n aktuaris en dus ook 'n wiskundige. Hy was aktuaris by Sanlam
in Bellville en is later na Metropolitan Homes Trust in Kaapstad
verplaas, waar hy goed moontlik in Rondebosch gewoon het.
Ek dink nie Dirk kon in Rondebosch gewoon het nie, hy was na sy
studentedae op Stellenbosch meesal in Gauteng en Potchefstroom

Henri senior was in sy later jare joernalis en bestuurder in die
Perskorgroep, 'n baie interessante oubaas. As hy nog lewe
sal hy seker sowat 90 jaar oud wees. Ek het nogal gewonder
of dit hy of Henri junior was wat hierdie geskryf het, Henri
senior was natuurlik self 'n skrywer, maar ek weet nie
of hy ook digter was nie.
Re: " Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE [boodskap #72354 is 'n antwoord op boodskap #72326] Do, 23 Januarie 2003 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Andrew Taylor wrote:
> Is dit die Henri Laurie van Rondebosch? Ek dink hy is 'n
> [mathematician] (die woorde is nie in my wordeboek nie)

Gloudina
Ek weet nie waar hy bly nie, maar ek weet
dit was in Kaapstad, laas wat ek met hom
in kontak was.

Wouter
Ek dink jy is reg. As ek reg onthou is hy (Henri junior) 'n
wiskunde-dosent by Universiteit Kaapstad. Andrew het hom
dalk eerder in gedagte gehad.

Gloudina
Re: " Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE [boodskap #72363 is 'n antwoord op boodskap #72352] Do, 23 Januarie 2003 21:15 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

Ek het nogal gewonder
> of dit hy of Henri junior was wat hierdie geskryf het,

Nee, dis definitief Henri Junior.

Gloudina
Vorige onderwerp: Beautiful in Beaufort-Wes " deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: " Die man met die helm " deur C. LOUIS LEIPOLDT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:25:52 MGT 2024