Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Drosterhonde bo Oranjesig " deur PETER BLUM
" Drosterhonde bo Oranjesig " deur PETER BLUM [boodskap #71239] Wo, 01 Januarie 2003 21:22
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Peter Blum
Drosterhonde bo Oranjesig

Wat sou hulle makeer het, daardie brakke?
om weg te dros uit gawe buurte
waar hulle onder vriendelike dakke
beskerm was teen die winterguurte
- alles gehad het wat 'n hond in sy
eenvoud kan vra? kos in groot bakke
(ten spyte van die lewensduurte),
'n kaggelvuur om saans voor neer te vly
binne ons dampkring, ons aroma;
haas elke aand met Baas 'n wandeling,
en, as hul siek was, die behandeling
van 'n veearts met 'n diploma!
snuffelpartytjies op straathoeke,
en die uitdagende lapbroeke
wat die aflewerjong gedra het -
daardie brakke - wat sou hulle gepla het?

Niks moes hul ontbeer nie. Wie kon milder
as otis wees? Nietemin gaan die vermiste
honde tekere, kompleet soos terroriste,
bo in die berg, en trek a 'n bende saam -
met 'n bloeddorstige rifrug sonder naam
as leier... Niemand het hul tog verwilder!
Vannag klink hulle deurmekaar geblaf
wild-vreesaanjaend van die hoër hang
se digte dennebosse af
wat soos 'n oerwoud stadig nader kom
met 'n wrede eie lewe binne hom
- tot in ons erf
My kind is bang,
my vrou se senuwees is skoon op hol
- sy sê ek moet 'n punt-twee-twee aanskaf -
Wat kan hul tog makeer? Is hulle dol?
Vorige onderwerp: "Gebed om 'n volk " deur HANS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: " douwerstoof en sinkbad toe " deur JAN SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 00:38:48 MGT 2024