Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Gebed om 'n volk " deur HANS DU PLESSIS
"Gebed om 'n volk " deur HANS DU PLESSIS [boodskap #71216] Di, 31 Desember 2002 19:22
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hans du Plessis
Gebed om 'n volk

Gee, Heer, dat ons uit hierdie diep en donker poel
van volkwees tog u enkel doel
en ruimer roeping vind.

Hoe lank, God, hoe lank nog kind
wat in elke duister hoek
die kammavolk loop soek?

Gee dat ons buite hierdie laer om
van die naelstring los kan kom;
gee dat ons geloof anachronisme bly,

maar maak in ons die eenling vry;
wil U binne hierdie vaste kring
tog u heilige oopte bring.
Vorige onderwerp: " onsuiwer wiskunde " deur TOM GOUWS
Volgende onderwerp: " Drosterhonde bo Oranjesig " deur PETER BLUM
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 02:29:06 MGT 2024