Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kerstyd in die laer " deur JOUBERO MALHERBE
" Kerstyd in die laer " deur JOUBERO MALHERBE [boodskap #70707] Di, 17 Desember 2002 21:33
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

KERSTYD IN DIE LAER
Joubero Malherbe

O dapper kindjie van jare heen,
het julle ook Kersfees gevier?
Met bonte blomme en sterre-reën
'n wilde klein boompie versier?
Vanuit die laer klink daar 'n lied;
eerbiedig kniel hul neer.
O Heer, laat hier u wil geskied,
skenk liefde en vrede hul weer.

O kinders van die veld so wyd,
wat het jul vir Kersfees gekry?
'n Lap-pop mooi met kappie wat tuit,
'n waentjie met ossies van klei.
Vir Jesus sal julle dit graag wou skenk,
maar skenk jul lewens teer.
Met Kerstyd wil ons dan gedenk,
jul offers met liefde waardeer.

(Uit die F.A.K. Volksangbundel)
Vorige onderwerp: " Twee swaeltjies " deur WESSEL PRETORIUS
Volgende onderwerp: " Magersfontein " deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:15:47 MGT 2024