Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die speelman " deur NP van Wyk LOUW
" Die speelman " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #70085] Do, 05 Desember 2002 02:48
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

N.P. van Wyk Louw
Die speelman

Ek is 'n singer
met my ghitaar
wat deur die wêreld
sing en vaar.
Voor menige venster
in die skaduwee
het ek gesing -
'n uur of twee;
voor menige koning
in sy goue saal,
maar weinig goud
het my lied behaal;
en veel vir die volk
op mark en straat,
maar snags ná die dans
het hul my verlaat.
Dan het ek uit
in die veld gegaan,
serenades gesing
vir sterre en maan.
In die kerkhof op
die mooiste steen
speel ek my walse
maar nie meer alleen:
die grootoog-uil
sing laag in die bas,
en die kiewiet haal uit
uit die boonste kas.
So sit ons drie
op die mooiste graf -
dan sien jy hoe skuif hul
die deksels af,
die wit geraamtes,
groot en klein,
en dans om ons
in die vaal maanskyn,
statige danse
van toeka se tyd,
want die klere is lank
en glad nie wyd;
en hier en daar sien jy
stilletjies twee
in die donker sipresse
se skaduwee:
'Dis swaar om mekaar
so min te sien' -
'En môre kan oordeelsdag
wees miskien.'
Maar stil en statig
onder die maan
is die kring wat om
ons, spelers, gaan,
en vroeg as die lug
sy eerste rooi het,
was hulle ál wat my
saam huis toe genooi het,
maar ek is 'n singer
met my ghitaar
wat deur die wêreld
moet sing en vaar.
Vorige onderwerp: " Ballade van die bose" deur N.P. van Wyk LOUW
Volgende onderwerp: " Vlamme " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 19:00:30 MGT 2024