Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Wiele » 4x4 debat....
4x4 debat.... [boodskap #70015] Wo, 04 Desember 2002 06:59
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gisteraand op KykNet was toe die program 'Die 4x4 Turksvy' gebeeldsend en ek
moet sê die gevolgtrekkinge waartoe hulle daarin gekom het, het baie dinge
wat ons hier aan ons kus beleef, net bevestig:
1. Daar is paar duidelike invloedgroepe onder mense wat betrokke is by
strandgebruik. Ten eerste is daar die langtermyn kusinwoner. Dan is daar
die afgetrede stedeling wat na 6 maande se verblyf so slim raak oor die kus
en wat hy in 6 maande daaroor geleer het dat hy daarvan kan omval. Verder
is daar ook die stadsbewoner wat kus toe kom vir vakansies en slegs die
toestand sien op die ergste spitsgetye. Die res van die jaar gooi hy geld
vir bewaringsorganisasies om sy gewete te stil.
2. Daar is nog nooit eintlik toepaslike navorsing gedoen wat bewys dat
4x4'e wel die strande beskadig nie. Dit blyk dat die RSA regering hierdie
besluit geneem het op hoorsê en uit reaksie op druk van mense wat eintlik
nie die praktiese situasie glad nie reg lees nie. G'n wonder dan ook dat
hulle nie een regeringsaptenaar kon kry wat bereid was om hulle saak te
verdedig op TV nie!
3. 4x4'e billik gebruik, beskadig nie die omgewing nie. Wat wel 'n
gemors kan veroorsaak, is as jy 'n boel mense dwing om op een kol te parkeer
en dan verder te loop. Daar waar die parkering gaan plaasvind, gaan 'n
groot gemors wees. Ek dink ook dat jy veel meer samewerking gaan kry van
strandgebruikers deur 'n kompromis te tref....iets soos permitte vir
strandgebruik op beperkte gebiede, eerder as hierdie algehele verbod.
4. Feit is, mense wil by die see kom aftree en vakansiehou. Daarvoor is
daar permanente infrastruktuur nodig. Elke dorpie, hoe klein ook al, het
sy skoot besighede nodig wat deurlopend moet bestaan om diens te verskaf aan
permanenete inwoner en aan die vakansieganger. Meeste van hierdie mense is
mense wat vroeg aftree en dan lekker op die kus gaan woon. Dit is so dat
hengel 'n belangrike tydverdryf vir hierdie mense is en as hulle nie meer
kan op die strand ry nie, hoe gaan hulle visvang? Dis maklik om te sê
hulle moet loop, maar 'n ou mens?
Hierdie storie is maar dieselfde as hier by ons in Namibië toe
visregulasies ingestel is [wat baie nodig was 'n goed nagevors was, moet ek
toegee], maar toe ons by Seevisserye verneem toe daar verwarring by die
publiek is oor die permitte en die inhoud van die wet oor hoekom hulle nie
pamflette beskikbaar stel om die kusgebruiker op te voed oor
verantwoordelike kusgebruik nie, toe vertel die amptenaar ewe 'snotty' vir
my dat dit nie sy werk is om ander mense te leer nie. Daar's die
wet....'take it, or leave it'...
Vorige onderwerp: 4x4'e en jul strande?
Volgende onderwerp: Links autorijden
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:38:39 MGT 2024