Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Beroerte " deur KOOT PIETERSE
" Beroerte " deur KOOT PIETERSE [boodskap #69608] Wo, 27 November 2002 21:43 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

BEROERTE
Koot Pieterse

In Saal C, aan die kant, langs 'n Schefflera-plant
lê ek slap in my tronksel van weefsel en vel.
Hier bedink ek die wag tussen helder en nag
terwyl ander hul kwel en my hartklop kom stel.

As ek slaap is ek vry, is dit weer ek en jy,
voel ek vroemôredou in my palm se vou -
sien ek sterre se sprankel, die son in die reën
en ek koester myself in die soet geur van jou.

In die nag is dit stil, net die asempomp raas
om my lewenslui longe vol asem te blaas.
In die gang eggo stappe, 'n ver foon lui skril -
daar's 'n hele gewoel tot die volgende stil.

Ek verbeel my ek hoor weer 'n katlagterkoor
en die lome geluid as 'n groenvlerkduif fluit.
Kyk, ek ruik weer die sand in 'n nat mielieland
en ek sien weer die klam in die oë van my bruid.

Maar hier woon ek alleen, met net wit om my heen.
Ek oorleef sonder lag, sonder leed.
As my God my kan hoor, want my roep is verloor -
mag hy my nie hier binne vergeet.
Re: " Beroerte " deur KOOT PIETERSE [boodskap #69735 is 'n antwoord op boodskap #69608] Vr, 29 November 2002 09:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> BEROERTE
> Koot Pieterse
>

Mooi Koot!
Re: " Beroerte " deur KOOT PIETERSE [boodskap #69736 is 'n antwoord op boodskap #69735] Vr, 29 November 2002 09:51 Na vorige boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, Drom.

Ek voel sleg om die krediet te neem hiervoor. Die woorde het vanself gekom
toe ek my skoonpa, 'n sterke bosveldboer, sien wegteer het. Ek wens dit
niemand toe nie.

Koot

http://www.oocities.org/grootkoot

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0211290110.5eb48254@posting.google.com...

> "@rogers.com" wrote in message
news:...
>> BEROERTE
>> Koot Pieterse
>>
>
> Mooi Koot!
Vorige onderwerp: " Wildernis " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Ons - Ingrid Jonker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:10:48 MGT 2024