Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Biddder " deur CHARL DURAND
" Die Biddder " deur CHARL DURAND [boodskap #68634] Wo, 13 November 2002 01:19
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

DIE BIDDER
Charl Durand

as ons tent opslaan
langs die M1 naby Midrand
onthou, ons sal vir jou bid

ons gaan hande oplê,
ons gaan saam met die Hammond sing
vriend, ons gaan vir jou bid

o, laat die heiliges verskyn
stof trap oorkant die heining
hulle weet wat vir hulle wag
die res,
laat hulle maar lag

as jy skuld het, kom bely
as jy jou vrou slaan
dis hier waar jy kan kom skaam kry

want hierdie is jou blinde oomblik
hier, jou grot, jou skuilplek van vergifnis
Vorige onderwerp: " Heilige beeste " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Al sou " deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 23:42:39 MGT 2024