Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " dis gevaarlik om alleen te reis " deur FANIE OLIVIER
" dis gevaarlik om alleen te reis " deur FANIE OLIVIER [boodskap #68196] Ma, 04 November 2002 20:59
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Fanie Olivier
dis gevaarlik om alleen te reis

dis gevaarlik om alleen te reis
deur die kongo deur kanada
selfs deur die herfserige kro.
die alleenreisiger stel hom bloot
aan bedelaars wat dreigend vra
losborsmeisies wat vraend eis
of aan die helder geel en rooi
die aandruik naby richmond na
'n onverdiende laatjaarreën.
die hele karoo is oortulp van vreugde
pers en groen teen die koppies gestrooi.
soveel gedigte gaan verlore verlore
in die koue mis uit die vol weirs
die populiere wat afdryf in moddervore
'n wit lam wat teen die donker huil
en mense bruin en harde mense wat agter
dik klipmure en die oopgevoude bybel skuil
hier stóók 'n mens nog in die winter vuur
as jy wil bad. voëls vlieg: hulle spel
jou naam, jou noemnaam want die regte een
is langer en hulle is so min en moeg.
hoe lank kan so 'n hartséér duur?:
tulpe is giftig die lusern laat die beeste swel
soveel gedigte gaan verlore ingeploeg
deur die dink die veërs wat spook teen die reën.
dis gevaarlik om alleen te reis
o, dis gevaarlik om alleen te reis.
Vorige onderwerp: Gedig
Volgende onderwerp: " Snoektyd " deur I.D. du PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:22:07 MGT 2024