Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Weer in die Ark " deur TOTIUS
" Weer in die Ark " deur TOTIUS [boodskap #67249] Wo, 09 Oktober 2002 02:18
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

WEER IN DIE ARK
Totius

Stormwaters van die Wêreldvloed
het eindelik skuimend uitgewoed.
'n Duif het Noag uit laat vlieg,
die't oor die golwe heengevlieg.

Maar bo dié ongestuime vloed,
was daar geen rusplek vir sy voet.

Uit koue wêreld, wind en weer,
het dit na Noag teruggekeer.

Hy't met sy hand die swerweling,
weer in die ark teruggebring.
Vorige onderwerp: " Droë Waterval " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: Gedig "Eerste Liefde"?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 12:01:04 MGT 2024