Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Afikaanse Kultuur: 'n VSA universiteit Afikaanse klass navorsing
Afikaanse Kultuur: 'n VSA universiteit Afikaanse klass navorsing [boodskap #5803] Do, 15 Februarie 1996 00:00
Amanda de Lange  is tans af-lyn  Amanda de Lange
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek is 'n verdwaalde boeremeisie wat baie lank laas in Afikaans geskryf
het. Ek is agt jaar gelede vir 'n jaar Europa toe, en 'n verkeerede
draai gevat het en op die ou einde in Amerika beland het, na 'n jaar en
'n half in die Ooste. Die rondlopery van my maak my familie mal, maar
hulle is maar net te bly om van my te hoor.

Die rede hoekom ek skryf is om te smeek vir hulp. Ek draf klass by die
enigste univesiteit in Amerika wat Afikaans offer. Dit is wonderlik om
Afikaans te praat met Suid-Afikaaners, en Amerikaaners wat vir 'n paar
jaar in Suid-Afrika gebly het. Daar is 35 studente van Suid Afrika hier
en ons is redelik georganiseer. Ons het 'n familie wat boerewors,
biltong en droewors maak. Ons maak land en sand melktert, en daar is 'n
winkel wat Vegemite en Horlicks invoer van Australie af. BYU het een van
die beste rugby spanne in Amerika en dit is heerlik om bietjie te gaan
kyk hoe die manne speel. (Ek hoe baie van Amerikaanse Voetball nou
dat ek dit verstaan maar ek dink hulle is te veel beskermed in
vergelyking met rugby).

Om weer terug te kom oor hoekom ek skryf. Ek neem nou 'n Afikaanse klass
waarin ons 'n 8 blaadsy papier moet skryf oor een of ander opsig van
Afikaanse kultuur. Ek is al so lank laas uit Suid-Afirka weg dat ek het
nie 'n baie goeie idea oor wat alles aan gaan nie. Ek sal EENIGE opinies
waardeer.

Jul kan anwoorde hier pos, of my kontak by de...@cougarnet.byu.edu.
Baie dankie vir die moeite.

Liefies,
Amanda de Lange
Vorige onderwerp: Wat gebeur daar met die universiteit van Wes-Kaapland?
Volgende onderwerp: matriek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 15:46:18 MGT 2024