Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » UNISA en Barney Pityana
UNISA en Barney Pityana [boodskap #62709] Sa, 25 Mei 2002 04:56 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die M&G se dekking van die UNISA situasie in gister se uitgawe is feitelik
nie helemaal in die kol nie.

Dit is egter verblydend dat die Swartmag protagonis, Barney Pityana, goed
dopgehou word. Ietwat spandabelrig vir die sg. "peoples' principal"...
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #62848 is 'n antwoord op boodskap #62709] Di, 28 Mei 2002 11:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Die M&G se dekking van die UNISA situasie in gister se uitgawe is feitelik
> nie helemaal in die kol nie.
>
> Dit is egter verblydend dat die Swartmag protagonis, Barney Pityana, goed
> dopgehou word. Ietwat spandabelrig vir die sg. "peoples' principal"...

Die M&G se dekking was so ver uit die kol uit dat hulle nou in die hof
moet gaan staan en plies eksplein. Wag nou maar daarvoor voordat jy
verdere moontlike verkeerde afleidings maak.

Johnnie
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #62849 is 'n antwoord op boodskap #62709] Di, 28 Mei 2002 11:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Die M&G se dekking van die UNISA situasie in gister se uitgawe is feitelik
> nie helemaal in die kol nie.
>
> Dit is egter verblydend dat die Swartmag protagonis, Barney Pityana, goed
> dopgehou word. Ietwat spandabelrig vir die sg. "peoples' principal"...

Kom nou net van 'n nuuskonferensie af wat UNISA gehou het oor die M&G
berig.

Die "people's principal" het bietjie die vloer gevee met die M&G
verslaggewer wat die berig geskryf het.

Johnnie
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #62852 is 'n antwoord op boodskap #62848] Di, 28 Mei 2002 11:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Johnnie wrote:

> Die M&G se dekking was so ver uit die kol uit dat hulle nou in die hof
> moet gaan staan en plies eksplein. Wag nou maar daarvoor voordat jy
> verdere moontlike verkeerde afleidings maak.

Kan jy vir my asseblief die mees onlangse
ontwikkelinge beskryf in hierdie geval. Ek
lees so nou en dan die internetBeeld, maar
kan nie onthou dat ek iets oor UNISA daarin
gelees het nie.

Gloudina
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #62868 is 'n antwoord op boodskap #62849] Di, 28 Mei 2002 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Johnnnie - as jy my eerste berig korrek gelees het sou jy geweet het dat ek
reeds bewus was van die M&G se feitelike mistastings.
Maar ek herhaal. Die kern van die M&G se aanval is in die kol - daar is
wanbestedings by UNISA. Om mee te begin - om R1,7m te spandeer om 'n huis
terug te koop om Pityana se ego te streel is verregaande.
Jy moet maar vertrou dat die M&G getrou sal aanhou om hierdie manne op hul
tone te hou - jy sal sien dat die M&G nie veel oor die regering van die
Oos-Kaap gedoen het nie - en kyk waar trek die manne nou?

"Johnnie" skryf in boodskap news:c97aae43.0205280325.4af0008a@posting.google.com...
> "Jonas" skryf in boodskap news:...
>> Die M&G se dekking van die UNISA situasie in gister se uitgawe is feitelik
>> nie helemaal in die kol nie.
>>
>> Dit is egter verblydend dat die Swartmag protagonis, Barney Pityana, goed
>> dopgehou word. Ietwat spandabelrig vir die sg. "peoples' principal"...
>
> Kom nou net van 'n nuuskonferensie af wat UNISA gehou het oor die M&G
> berig.
>
> Die "people's principal" het bietjie die vloer gevee met die M&G
> verslaggewer wat die berig geskryf het.
>
> Johnnie
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #63070 is 'n antwoord op boodskap #62868] Di, 04 Junie 2002 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
>
> Die kern van die M&G se aanval is in die kol - daar is wanbestedings by
> UNISA. Om mee te begin - om R1,7m te spandeer om 'n huis terug te koop > om Pityana se ego te streel is verregaande.

Nee. Dit is nie verregaande nie. M&G se storie was die waarheid,
maar ver van die hele waarheid af.

Die feite is dat die huis was bewoon deur al UNISA se rektore tot en
met prof Cas van Vuuren. Seker vir 70 jaar of so was die huis bewoon
deur 'n rektor van die universiteit. Verder ook is dit standaard
praktyk in die land dat 'n universiteit 'n huis besit waarin sy rektor
woon. In die laaste jare maak hulle toenemend nie meer daarvan gebruik
nie, en dit is hulle keuse, maar die feit bly staan dat as jy 'n
rektor is, dan kan jy in jou universiteit se huis woon.

Na prof Cas het Marinus Wiechers gekom, en hy het verkies om in sy eie
huis te bly. Na hom het Antony Melck gekom wat ook nie daar wou bly
nie. Antony was in elk geval net 'n tydelike aanstelling. Dit was hy
wat besluit het om die plek te verkoop - 'n besluit wat hy dalk nie
moes geneem het nie, aangesien hy tydelik in sy pos was.

Nou dat daar weer 'n permanente rektor is het die Universiteit met die
probleem gesit dat hy geregtig is op universiteits-huisvesting. Hy ry
elke dag nog in van Johannesburg. Soorgelyke huise aan die een wat
die Universiteit besig was om te verkoop is ondersoek in die huismark.
Almal was duurder as wat dit sou kos om die bestaande huis terug te
koop plus R1.7 miljoen, hoofsaaklik ook omdat Antony Melck in sy haas
om van die plek ontslae te raak dit teen aansienlik onder die
markwaarde gaan verkoop het.

Waar Pityana se ego in prentjie inkom - en of hy hoegenaamd 'n ego het
- is vir my totaal onduidelik.

Johnnie
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #63094 is 'n antwoord op boodskap #63070] Wo, 05 Junie 2002 03:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat interessant is in Pityana se verklaring nav die M&G berig is dit wat hy
heeltemaal verswyg. Hy verswyg, vir watter rede ookal, dat hy die Voorsitter
is van die Lotto-maatskappy. Die posisie het m.i. twee relevante
implikasies: hy spandeer nie al sy aandag aan sy UNISA -funksies nie, en,
hier verdien hy waarskynlik nog 'n aansienlike inkomste. Ten spyte van twee
poste moet slegs UNISA aan hom akkommodasie bied.
Ook verswyg Pityana die rede waarom die rektorswoning deur UNISA aanvanklik
verkoop is - om die swak finansiële posisie van UNISA te beredder.
Pityana verswyg in sy repliek ook die feir dat daar ander UNISA-wonings is
wat tans verkoop word.
Pityana sou ook, volgens ander koerantberigte, toe sy aanstelling nog in die
weegskaal was reeds by UNISA se administrasie navraag gedoen het wat die
omvang van sy "goue-handskud" gewees het indien sy aanstelling toe skipbreuk
sou lei - dit voordat hy sy voete in 'n kantoor gesit het.
Van rassisme sal jy seker nie vir Pityana veel kan leer nie - hy was die
leier van die South African Students Organisation (SASO) in die vroeë 70's -
SASO sou bekendgestaan het as 'n swartmag-organisasie.

"Johnnie" skryf in boodskap news:c97aae43.0206040425.6e11b4e@posting.google.com...
> "Jonas" wrote in message
news:...
>>
>> Die kern van die M&G se aanval is in die kol - daar is wanbestedings by
>> UNISA. Om mee te begin - om R1,7m te spandeer om 'n huis terug te koop >
om Pityana se ego te streel is verregaande.
>
> Nee. Dit is nie verregaande nie. M&G se storie was die waarheid,
> maar ver van die hele waarheid af.
>
> Die feite is dat die huis was bewoon deur al UNISA se rektore tot en
> met prof Cas van Vuuren. Seker vir 70 jaar of so was die huis bewoon
> deur 'n rektor van die universiteit. Verder ook is dit standaard
> praktyk in die land dat 'n universiteit 'n huis besit waarin sy rektor
> woon. In die laaste jare maak hulle toenemend nie meer daarvan gebruik
> nie, en dit is hulle keuse, maar die feit bly staan dat as jy 'n
> rektor is, dan kan jy in jou universiteit se huis woon.
>
> Na prof Cas het Marinus Wiechers gekom, en hy het verkies om in sy eie
> huis te bly. Na hom het Antony Melck gekom wat ook nie daar wou bly
> nie. Antony was in elk geval net 'n tydelike aanstelling. Dit was hy
> wat besluit het om die plek te verkoop - 'n besluit wat hy dalk nie
> moes geneem het nie, aangesien hy tydelik in sy pos was.
>
> Nou dat daar weer 'n permanente rektor is het die Universiteit met die
> probleem gesit dat hy geregtig is op universiteits-huisvesting. Hy ry
> elke dag nog in van Johannesburg. Soorgelyke huise aan die een wat
> die Universiteit besig was om te verkoop is ondersoek in die huismark.
> Almal was duurder as wat dit sou kos om die bestaande huis terug te
> koop plus R1.7 miljoen, hoofsaaklik ook omdat Antony Melck in sy haas
> om van die plek ontslae te raak dit teen aansienlik onder die
> markwaarde gaan verkoop het.
>
> Waar Pityana se ego in prentjie inkom - en of hy hoegenaamd 'n ego het
> - is vir my totaal onduidelik.
>
> Johnnie
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #63106 is 'n antwoord op boodskap #63094] Wo, 05 Junie 2002 09:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...

> Wat interessant is in Pityana se verklaring nav die M&G berig is dit wat hy
> heeltemaal verswyg. Hy verswyg, vir watter rede ookal, dat hy die Voorsitter
> is van die Lotto-maatskappy. Die posisie het m.i. twee relevante
> implikasies: hy spandeer nie al sy aandag aan sy UNISA -funksies nie, en,
> hier verdien hy waarskynlik nog 'n aansienlike inkomste. Ten spyte van twee
> poste moet slegs UNISA aan hom akkommodasie bied.

Voorsitter van die Lotto-maatskappy, voorsitter van die Raad van die
Universiteit van Venda, en seker nog betrokke by 'n hele paar ander
dinge ook.

Wat is verkeerd daarmee? Elke rektor in die land is in 'n presiese
gelyksoortige posisie. Almal van hulle het direkteurskappe, dien op
permanente liggame, doen konsultasiewerk, en almal van hulle het groot
ekstra inkomste daarvan. Almal van hulle spandeer nie al hulle aandag
by hulle universiteite se funksies nie. Die hele lot.

En weet jy wat? Hulle word openlik deur hulle werkgewers toegelaat om
dit te doen! Jy kan selfs sê hulle word aangemoedig daartoe!

Hoekom is dit nou net in die geval van B-P 'n kardinale sonde?

> Ten spyte van twee poste moet slegs UNISA aan hom akkommodasie bied.

Heeltemal korrek. Gaan lees wat ek gister geskryf het, en jy sal sien
dat alle universiteite aan hulle rektore akkommodasie moet bied.

> Ook verswyg Pityana die rede waarom die rektorswoning deur UNISA aanvanklik
> verkoop is - om die swak finansiële posisie van UNISA te beredder.

Weer 'n keer nie die hele waarheid nie. Die huis is eerstens
oorhaastig verkoop deur iemand wat beter moes geweet het. Tweedens,
die opbrengs van die huis was om en by R6 miljoen. Unisa was nege
syfers in die rooi [met ander woorde dit was in honderde miljoene
gemeet]. Die paar miljoen van die huis was 'n druppeltjie in die
emmer, en dit sou allermins UNISA se finansiele posisie kon
"beredder".

> Pityana verswyg in sy repliek ook die feit dat daar ander UNISA-wonings is
> wat tans verkoop word.

So? Wat het dit te doen met die feit dat die rektorswoning teruggeneem
is?

> Pityana sou ook, volgens ander koerantberigte, toe sy aanstelling nog in die
> weegskaal was reeds by UNISA se administrasie navraag gedoen het wat die
> omvang van sy "goue-handskud" gewees het indien sy aanstelling toe skipbreuk
> sou lei - dit voordat hy sy voete in 'n kantoor gesit het.

So? Wat is verkeerd daarmee? As iemand aan my 'n prestige job aanbied
wat ek en hy albei weet is hoog tydelik, en ek moet 'n permanente werk
daarvoor opgee, dan sou ek beslis ook presies dieselfde gedoen het.
Ek dink om die waarheid te sê enigiemand sou onderhandel het vir sy
skeidingspakkervoorwaardes behalwe as hy totaal onnosel is.

> Van rassisme sal jy seker nie vir Pityana veel kan leer nie - hy was die
> leier van die South African Students Organisation (SASO) in die vroeë 70's -
> SASO sou bekendgestaan het as 'n swartmag-organisasie.

Ja, en? Hy is 'n kenner van rassisme. Goed, en dan? Is daar 'n
direkte verband tussen 'n goeie kennis van rassisme en beweerde
spandabelrigheid?

Johnnie
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #63121 is 'n antwoord op boodskap #63106] Wo, 05 Junie 2002 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Johnnie. Jy meld dat daar nie geskikte huise vir onder die beraamde R7M in
daardie buurt is nie. Jammer, maar dit is snert. Ek woon in Pretoria - ek
sal vir hom ten minste twee indien nie drie, uiters geskikte huise in
Pretoria, klipgooi van UNISA af, kan koop. (Sonder om verdere verbeteringe
aan te bring nie.)
Ek is bevrees dat Pityana nie UNISA se belange voorop gehou het nie, bloot
sy eie. (Melck het in elk geval nie self die huis verkoop nie.)
Pityana se navraag oor sy "goue handruk" voor hy die pos aanvaar het - wel,
indien dit jou goedkeuring wegdra, dan plaas dit jou bloot in dieselfde
kategorie as Pityana.

"Johnnie" skryf in boodskap news:c97aae43.0206050142.2d497ba@posting.google.com...
> "Jonas" skryf in boodskap news:...
>
>> Wat interessant is in Pityana se verklaring nav die M&G berig is dit wat hy
>> heeltemaal verswyg. Hy verswyg, vir watter rede ookal, dat hy die Voorsitter
>> is van die Lotto-maatskappy. Die posisie het m.i. twee relevante
>> implikasies: hy spandeer nie al sy aandag aan sy UNISA -funksies nie, en,
>> hier verdien hy waarskynlik nog 'n aansienlike inkomste. Ten spyte van twee
>> poste moet slegs UNISA aan hom akkommodasie bied.
>
> Voorsitter van die Lotto-maatskappy, voorsitter van die Raad van die
> Universiteit van Venda, en seker nog betrokke by 'n hele paar ander
> dinge ook.
>
> Wat is verkeerd daarmee? Elke rektor in die land is in 'n presiese
> gelyksoortige posisie. Almal van hulle het direkteurskappe, dien op
> permanente liggame, doen konsultasiewerk, en almal van hulle het groot
> ekstra inkomste daarvan. Almal van hulle spandeer nie al hulle aandag
> by hulle universiteite se funksies nie. Die hele lot.
>
> En weet jy wat? Hulle word openlik deur hulle werkgewers toegelaat om
> dit te doen! Jy kan selfs sê hulle word aangemoedig daartoe!
>
> Hoekom is dit nou net in die geval van B-P 'n kardinale sonde?
>
>> Ten spyte van twee poste moet slegs UNISA aan hom akkommodasie bied.
>
> Heeltemal korrek. Gaan lees wat ek gister geskryf het, en jy sal sien
> dat alle universiteite aan hulle rektore akkommodasie moet bied.
>
>> Ook verswyg Pityana die rede waarom die rektorswoning deur UNISA aanvanklik
>> verkoop is - om die swak finansiële posisie van UNISA te beredder.
>
> Weer 'n keer nie die hele waarheid nie. Die huis is eerstens
> oorhaastig verkoop deur iemand wat beter moes geweet het. Tweedens,
> die opbrengs van die huis was om en by R6 miljoen. Unisa was nege
> syfers in die rooi [met ander woorde dit was in honderde miljoene
> gemeet]. Die paar miljoen van die huis was 'n druppeltjie in die
> emmer, en dit sou allermins UNISA se finansiele posisie kon
> "beredder".
>
>> Pityana verswyg in sy repliek ook die feit dat daar ander UNISA-wonings is
>> wat tans verkoop word.
>
> So? Wat het dit te doen met die feit dat die rektorswoning teruggeneem
> is?
>
>> Pityana sou ook, volgens ander koerantberigte, toe sy aanstelling nog in die
>> weegskaal was reeds by UNISA se administrasie navraag gedoen het wat die
>> omvang van sy "goue-handskud" gewees het indien sy aanstelling toe skipbreuk
>> sou lei - dit voordat hy sy voete in 'n kantoor gesit het.
>
> So? Wat is verkeerd daarmee? As iemand aan my 'n prestige job aanbied
> wat ek en hy albei weet is hoog tydelik, en ek moet 'n permanente werk
> daarvoor opgee, dan sou ek beslis ook presies dieselfde gedoen het.
> Ek dink om die waarheid te sê enigiemand sou onderhandel het vir sy
> skeidingspakkervoorwaardes behalwe as hy totaal onnosel is.
>
>> Van rassisme sal jy seker nie vir Pityana veel kan leer nie - hy was die
>> leier van die South African Students Organisation (SASO) in die vroeë 70's -
>> SASO sou bekendgestaan het as 'n swartmag-organisasie.
>
> Ja, en? Hy is 'n kenner van rassisme. Goed, en dan? Is daar 'n
> direkte verband tussen 'n goeie kennis van rassisme en beweerde
> spandabelrigheid?
>
> Johnnie
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #63125 is 'n antwoord op boodskap #63121] Wo, 05 Junie 2002 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Pityana se navraag oor sy "goue handruk" voor hy die pos aanvaar het - wel,
> indien dit jou goedkeuring wegdra, dan plaas dit jou bloot in dieselfde
> kategorie as Pityana.

Nee, Jonas. Dit wys jou net op as 'n mens
wat oneindig onbekend is met die akademiese
wêreld ( en ook die wêreld van CEO's in die
besigheidswêreld.) Vertel ons eers weer 'n
bietjie hoe bekend jy is met academia?

Gloudina
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #63151 is 'n antwoord op boodskap #63125] Wo, 05 Junie 2002 22:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote:
> Pityana se navraag oor sy "goue handruk" voor hy die pos aanvaar het -
> indien dit jou goedkeuring wegdra, dan plaas dit jou bloot in dieselfde
> kategorie as Pityana.

Gloudina
Nee, Jonas. Dit wys jou net op as 'n mens
wat oneindig onbekend is met die akademiese
wêreld ( en ook die wêreld van CEO's in die
besigheidswêreld.) Vertel ons eers weer 'n
bietjie hoe bekend jy is met academia?

Wouter
Dit is nie elke dag wat ek ten volle met jou saamstem nie, Gloudina.
En Pityana is ook nie my koppie tee nie, ek hou nie van 'n
paar dinge wat hy in sy vorige poste kwytgeraak het nie.
Sy broer, Sipho, wat Direkteur-Generaal van Arbeid is of
was, is iemand vir wie ek baie meer respek het.

Maar die feite is hier aan Johnnie se kant. Hy is heeltemaal
reg dat rektore normaalweg ander nie-uitvoerende poste
beklee (gaan kyk net na die direksies van Sanlam en Ou
Mutual oor die jare en jy sal omtrent altyd 'n rektor daar kry)
en daar is geen sprake dat hulle huisvesting elders as by die
universiteit kry nie.

En natuurlik onderhandel 'n mens jou skeidingsvoorwaardes
as jy in 'n bestuurs- of senior pos ingaan. Daar is geen manier
wat ek enige pos sal aanvaar sonder om die skeidings-
voorwaardes baie goed na te gaan en te onderhandel as
dit nodig is nie. Dis jou enigste en laaste kans om dit te
doen, slegs 'n imbesiel sal daarvan wegskram.
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #63156 is 'n antwoord op boodskap #63151] Do, 06 Junie 2002 03:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter. Baie dankie. Ek aanvaar julle is feitelik korrek.
Maar, dan moet daar mos ernstige vrae oor die akademici gevra word. Die
beperkte blootstelling wat ek gehad het was aan baie toegewyde mense wat vir
hulle vak geleef het.
Wat UNISA betref is ek bewus dat feitelik niemand daar (akademici) "voltyds"
in hul pos staan nie. Ek het reeds male sonder tal enige persoon by 'n
departement probeer kontak - dan is selfs die sekretariële beampte nie eens
beskikbaar nie - dit teen 11:00 op 'n "gewone" dag. Dan was ek bloot verlig
dat ek nie 'n student aan daardie universiteit is nie. Nou wonder ek of
Pityana ooit hierdie probleem sal kan aanspreek - gedagtig aan sy eie balk?

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3cfe8bf7.0@news1.mweb.co.za...
> Jonas wrote:
>> Pityana se navraag oor sy "goue handruk" voor hy die pos aanvaar het -
>> indien dit jou goedkeuring wegdra, dan plaas dit jou bloot in dieselfde
>> kategorie as Pityana.
>
> Gloudina
> Nee, Jonas. Dit wys jou net op as 'n mens
> wat oneindig onbekend is met die akademiese
> wêreld ( en ook die wêreld van CEO's in die
> besigheidswêreld.) Vertel ons eers weer 'n
> bietjie hoe bekend jy is met academia?
>
> Wouter
> Dit is nie elke dag wat ek ten volle met jou saamstem nie, Gloudina.
> En Pityana is ook nie my koppie tee nie, ek hou nie van 'n
> paar dinge wat hy in sy vorige poste kwytgeraak het nie.
> Sy broer, Sipho, wat Direkteur-Generaal van Arbeid is of
> was, is iemand vir wie ek baie meer respek het.
>
> Maar die feite is hier aan Johnnie se kant. Hy is heeltemaal
> reg dat rektore normaalweg ander nie-uitvoerende poste
> beklee (gaan kyk net na die direksies van Sanlam en Ou
> Mutual oor die jare en jy sal omtrent altyd 'n rektor daar kry)
> en daar is geen sprake dat hulle huisvesting elders as by die
> universiteit kry nie.
>
> En natuurlik onderhandel 'n mens jou skeidingsvoorwaardes
> as jy in 'n bestuurs- of senior pos ingaan. Daar is geen manier
> wat ek enige pos sal aanvaar sonder om die skeidings-
> voorwaardes baie goed na te gaan en te onderhandel as
> dit nodig is nie. Dis jou enigste en laaste kans om dit te
> doen, slegs 'n imbesiel sal daarvan wegskram.
>
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #63166 is 'n antwoord op boodskap #63156] Do, 06 Junie 2002 09:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Soos Johnnie al genoem het, word akademici aangemoedig om
kontak met die privaatsektor te hou, sodat hulle weet wat in die
"real world" aangaan. Konsultasiewerk of nie-uitvoerende
direksieposte word dus as positief vir 'n senior akademikus se
loopbaan gesien, want die privaatsektor stel net in enkele
akademici belang, in die room van die oes. Dis 'n besliste
veer in so iemand se pet as hy wel so 'n pos kry. Jy kan
dit nie koppel aan 'n gebrek aan toewyding nie, dit sal net by
uitsondering so wees. In baie gevalle is dit juis dié wat ook
buitebelange het, wat die meer toegewyde en produktiewe
dosente en navorsers. Daar was tradisioneel baie NAFI's
in doserende poste, deesdae minder van die geldskroewe
aangedraai is. En daardie NAFI's doen baie min binne die
universiteit en niks buitekant nie.

NAFI? Dit staan vir No Ambition and Zero Interest :-)
Sal in Afrikaans seker GAFB wees?

Of daar by Unisa 'n probleem is sal ek nie weet nie, my
blootstelling is aan ander universiteite. Maar doserende
personeel sit nie vir lang tye op kantoor nie, so dit op
sig self definieer nie noodwendig 'n probleem nie.

Wouter

Jonas skryf in boodskap news:admlg0$psu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
Wouter. Baie dankie. Ek aanvaar julle is feitelik korrek.
Maar, dan moet daar mos ernstige vrae oor die akademici gevra word. Die
beperkte blootstelling wat ek gehad het was aan baie toegewyde mense wat vir
hulle vak geleef het.
Wat UNISA betref is ek bewus dat feitelik niemand daar (akademici) "voltyds"
in hul pos staan nie. Ek het reeds male sonder tal enige persoon by 'n
departement probeer kontak - dan is selfs die sekretariële beampte nie eens
beskikbaar nie - dit teen 11:00 op 'n "gewone" dag. Dan was ek bloot verlig
dat ek nie 'n student aan daardie universiteit is nie. Nou wonder ek of
Pityana ooit hierdie probleem sal kan aanspreek - gedagtig aan sy eie balk?

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3cfe8bf7.0@news1.mweb.co.za...
> Jonas wrote:
>> Pityana se navraag oor sy "goue handruk" voor hy die pos aanvaar het -
>> indien dit jou goedkeuring wegdra, dan plaas dit jou bloot in dieselfde
>> kategorie as Pityana.
>
> Gloudina
> Nee, Jonas. Dit wys jou net op as 'n mens
> wat oneindig onbekend is met die akademiese
> wêreld ( en ook die wêreld van CEO's in die
> besigheidswêreld.) Vertel ons eers weer 'n
> bietjie hoe bekend jy is met academia?
>
> Wouter
> Dit is nie elke dag wat ek ten volle met jou saamstem nie, Gloudina.
> En Pityana is ook nie my koppie tee nie, ek hou nie van 'n
> paar dinge wat hy in sy vorige poste kwytgeraak het nie.
> Sy broer, Sipho, wat Direkteur-Generaal van Arbeid is of
> was, is iemand vir wie ek baie meer respek het.
>
> Maar die feite is hier aan Johnnie se kant. Hy is heeltemaal
> reg dat rektore normaalweg ander nie-uitvoerende poste
> beklee (gaan kyk net na die direksies van Sanlam en Ou
> Mutual oor die jare en jy sal omtrent altyd 'n rektor daar kry)
> en daar is geen sprake dat hulle huisvesting elders as by die
> universiteit kry nie.
>
> En natuurlik onderhandel 'n mens jou skeidingsvoorwaardes
> as jy in 'n bestuurs- of senior pos ingaan. Daar is geen manier
> wat ek enige pos sal aanvaar sonder om die skeidings-
> voorwaardes baie goed na te gaan en te onderhandel as
> dit nodig is nie. Dis jou enigste en laaste kans om dit te
> doen, slegs 'n imbesiel sal daarvan wegskram.
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #63167 is 'n antwoord op boodskap #63166] Do, 06 Junie 2002 09:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
GAFB?
Miskien GANB?
Dan skryf mens dit met 'n Duitse aksent en hy word 'n Gans:)
Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3cff26d6.0@news1.mweb.co.za...
> Soos Johnnie al genoem het, word akademici aangemoedig om
> kontak met die privaatsektor te hou, sodat hulle weet wat in die
> "real world" aangaan. Konsultasiewerk of nie-uitvoerende
> direksieposte word dus as positief vir 'n senior akademikus se
> loopbaan gesien, want die privaatsektor stel net in enkele
> akademici belang, in die room van die oes. Dis 'n besliste
> veer in so iemand se pet as hy wel so 'n pos kry. Jy kan
> dit nie koppel aan 'n gebrek aan toewyding nie, dit sal net by
> uitsondering so wees. In baie gevalle is dit juis dié wat ook
> buitebelange het, wat die meer toegewyde en produktiewe
> dosente en navorsers. Daar was tradisioneel baie NAFI's
> in doserende poste, deesdae minder van die geldskroewe
> aangedraai is. En daardie NAFI's doen baie min binne die
> universiteit en niks buitekant nie.
>
> NAFI? Dit staan vir No Ambition and Zero Interest :-)
> Sal in Afrikaans seker GAFB wees?
>
> Of daar by Unisa 'n probleem is sal ek nie weet nie, my
> blootstelling is aan ander universiteite. Maar doserende
> personeel sit nie vir lang tye op kantoor nie, so dit op
> sig self definieer nie noodwendig 'n probleem nie.
>
> Wouter
>
>
> Jonas wrote in message
> news:admlg0$psu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wouter. Baie dankie. Ek aanvaar julle is feitelik korrek.
> Maar, dan moet daar mos ernstige vrae oor die akademici gevra word. Die
> beperkte blootstelling wat ek gehad het was aan baie toegewyde mense wat vir
> hulle vak geleef het.
> Wat UNISA betref is ek bewus dat feitelik niemand daar (akademici) "voltyds"
> in hul pos staan nie. Ek het reeds male sonder tal enige persoon by 'n
> departement probeer kontak - dan is selfs die sekretariële beampte nie eens
> beskikbaar nie - dit teen 11:00 op 'n "gewone" dag. Dan was ek bloot verlig
> dat ek nie 'n student aan daardie universiteit is nie. Nou wonder ek of
> Pityana ooit hierdie probleem sal kan aanspreek - gedagtig aan sy eie balk?
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3cfe8bf7.0@news1.mweb.co.za...
>> Jonas wrote:
>>> Pityana se navraag oor sy "goue handruk" voor hy die pos aanvaar het -
>>> indien dit jou goedkeuring wegdra, dan plaas dit jou bloot in dieselfde
>>> kategorie as Pityana.
>>
>> Gloudina
>> Nee, Jonas. Dit wys jou net op as 'n mens
>> wat oneindig onbekend is met die akademiese
>> wêreld ( en ook die wêreld van CEO's in die
>> besigheidswêreld.) Vertel ons eers weer 'n
>> bietjie hoe bekend jy is met academia?
>>
>> Wouter
>> Dit is nie elke dag wat ek ten volle met jou saamstem nie, Gloudina.
>> En Pityana is ook nie my koppie tee nie, ek hou nie van 'n
>> paar dinge wat hy in sy vorige poste kwytgeraak het nie.
>> Sy broer, Sipho, wat Direkteur-Generaal van Arbeid is of
>> was, is iemand vir wie ek baie meer respek het.
>>
>> Maar die feite is hier aan Johnnie se kant. Hy is heeltemaal
>> reg dat rektore normaalweg ander nie-uitvoerende poste
>> beklee (gaan kyk net na die direksies van Sanlam en Ou
>> Mutual oor die jare en jy sal omtrent altyd 'n rektor daar kry)
>> en daar is geen sprake dat hulle huisvesting elders as by die
>> universiteit kry nie.
>>
>> En natuurlik onderhandel 'n mens jou skeidingsvoorwaardes
>> as jy in 'n bestuurs- of senior pos ingaan. Daar is geen manier
>> wat ek enige pos sal aanvaar sonder om die skeidings-
>> voorwaardes baie goed na te gaan en te onderhandel as
>> dit nodig is nie. Dis jou enigste en laaste kans om dit te
>> doen, slegs 'n imbesiel sal daarvan wegskram.
>
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #63170 is 'n antwoord op boodskap #63166] Do, 06 Junie 2002 09:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter. Ek stem saam - indien die buite-werk in pas is met sy akademiese
verantwoordelikhede het ek geen probleem nie. Maar, in die geval van UNISA
is dit beslis nie die geval nie. Ek glo egter steeds dat die rektorskap verg
voltydse aandag - wel, hy word betaal/vergoed asof dit is. Ek probeer hard
om die verband tussen sy rektorskap en posisie by die Lotto-manne te
verstaan.

Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #63172 is 'n antwoord op boodskap #63170] Do, 06 Junie 2002 10:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die verband is besigheidsbeginsels. By die Lotto-
maatskappy word hy blootgestel aan 'n sakeonderneming
en sakelui. Dit keer dat hy soos die akademici begin dink
en die universiteit in 'n groef bestuur. Dis nou kru gestel, ek
bedoel eintlik dat 'n mengsel sakebeginsels en
sakeondervinding in die bestuur van selfs 'n universiteit 'n
baie goeie ding is. En natuurlik is hy voltyds by Unisa, maar
dit beteken nie dat hy nie elders vergaderings kan bywoon
nie. Elke voltydse bedryfshoof in die land het soortgelyke
verpligtinge

Wouter

Jonas wrote in message
news:adnb85$qi4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
Wouter. Ek stem saam - indien die buite-werk in pas is met sy akademiese
verantwoordelikhede het ek geen probleem nie. Maar, in die geval van UNISA
is dit beslis nie die geval nie. Ek glo egter steeds dat die rektorskap verg
voltydse aandag - wel, hy word betaal/vergoed asof dit is. Ek probeer hard
om die verband tussen sy rektorskap en posisie by die Lotto-manne te
verstaan.

"Wouter Plaasvark" wrote in message
news:3cff26d6.0@news1.mweb.co.za...
> Soos Johnnie al genoem het, word akademici aangemoedig om
> kontak met die privaatsektor te hou, sodat hulle weet wat in die
> "real world" aangaan. Konsultasiewerk of nie-uitvoerende
> direksieposte word dus as positief vir 'n senior akademikus se
> loopbaan gesien, want die privaatsektor stel net in enkele
> akademici belang, in die room van die oes. Dis 'n besliste
> veer in so iemand se pet as hy wel so 'n pos kry. Jy kan
> dit nie koppel aan 'n gebrek aan toewyding nie, dit sal net by
> uitsondering so wees. In baie gevalle is dit juis dié wat ook
> buitebelange het, wat die meer toegewyde en produktiewe
> dosente en navorsers. Daar was tradisioneel baie NAFI's
> in doserende poste, deesdae minder van die geldskroewe
> aangedraai is. En daardie NAFI's doen baie min binne die
> universiteit en niks buitekant nie.
>
> NAFI? Dit staan vir No Ambition and Zero Interest :-)
> Sal in Afrikaans seker GAFB wees?
>
> Of daar by Unisa 'n probleem is sal ek nie weet nie, my
> blootstelling is aan ander universiteite. Maar doserende
> personeel sit nie vir lang tye op kantoor nie, so dit op
> sig self definieer nie noodwendig 'n probleem nie.
>
> Wouter
>
>
> Jonas wrote in message
> news:admlg0$psu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wouter. Baie dankie. Ek aanvaar julle is feitelik korrek.
> Maar, dan moet daar mos ernstige vrae oor die akademici gevra word. Die
> beperkte blootstelling wat ek gehad het was aan baie toegewyde mense wat vir
> hulle vak geleef het.
> Wat UNISA betref is ek bewus dat feitelik niemand daar (akademici) "voltyds"
> in hul pos staan nie. Ek het reeds male sonder tal enige persoon by 'n
> departement probeer kontak - dan is selfs die sekretariële beampte nie eens
> beskikbaar nie - dit teen 11:00 op 'n "gewone" dag. Dan was ek bloot verlig
> dat ek nie 'n student aan daardie universiteit is nie. Nou wonder ek of
> Pityana ooit hierdie probleem sal kan aanspreek - gedagtig aan sy eie balk?
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3cfe8bf7.0@news1.mweb.co.za...
>> Jonas wrote:
>>> Pityana se navraag oor sy "goue handruk" voor hy die pos aanvaar het -
>>> indien dit jou goedkeuring wegdra, dan plaas dit jou bloot in dieselfde
>>> kategorie as Pityana.
>>
>> Gloudina
>> Nee, Jonas. Dit wys jou net op as 'n mens
>> wat oneindig onbekend is met die akademiese
>> wêreld ( en ook die wêreld van CEO's in die
>> besigheidswêreld.) Vertel ons eers weer 'n
>> bietjie hoe bekend jy is met academia?
>>
>> Wouter
>> Dit is nie elke dag wat ek ten volle met jou saamstem nie, Gloudina.
>> En Pityana is ook nie my koppie tee nie, ek hou nie van 'n
>> paar dinge wat hy in sy vorige poste kwytgeraak het nie.
>> Sy broer, Sipho, wat Direkteur-Generaal van Arbeid is of
>> was, is iemand vir wie ek baie meer respek het.
>>
>> Maar die feite is hier aan Johnnie se kant. Hy is heeltemaal
>> reg dat rektore normaalweg ander nie-uitvoerende poste
>> beklee (gaan kyk net na die direksies van Sanlam en Ou
>> Mutual oor die jare en jy sal omtrent altyd 'n rektor daar kry)
>> en daar is geen sprake dat hulle huisvesting elders as by die
>> universiteit kry nie.
>>
>> En natuurlik onderhandel 'n mens jou skeidingsvoorwaardes
>> as jy in 'n bestuurs- of senior pos ingaan. Daar is geen manier
>> wat ek enige pos sal aanvaar sonder om die skeidings-
>> voorwaardes baie goed na te gaan en te onderhandel as
>> dit nodig is nie. Dis jou enigste en laaste kans om dit te
>> doen, slegs 'n imbesiel sal daarvan wegskram.
>
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #63213 is 'n antwoord op boodskap #63121] Vr, 07 Junie 2002 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...

> Johnnie. Jy meld dat daar nie geskikte huise vir onder die beraamde R7M in
> daardie buurt is nie. Jammer, maar dit is snert. Ek woon in Pretoria - ek
> sal vir hom ten minste twee indien nie drie, uiters geskikte huise in
> Pretoria, klipgooi van UNISA af, kan koop. (Sonder om verdere verbeteringe
> aan te bring nie.)

Jou bewering.

> Ek is bevrees dat Pityana nie UNISA se belange voorop gehou het nie, bloot
> sy eie.

As jy 'n werk by 'n werkgewer aanvaar dan is jou eie belange vir enige
mens belangrik.

> (Melck het in elk geval nie self die huis verkoop nie.)

So? Wat probeer jy sê? Pityana het ook nie self die huis terug
gekoop nie!
Dit was egter 'n besluit van Melck wat die hele proses van huis
verkoop aan die
gang gesit het.

> Pityana se navraag oor sy "goue handruk" voor hy die pos aanvaar het - wel,
> indien dit jou goedkeuring wegdra, dan plaas dit jou bloot in dieselfde
> kategorie as Pityana.

Watter kategorie?

Ek merk op dat jy nou die man begin speel en nie meer die bal
nie, wat 'n seker teken is dat jy die wedstryd verloor het.

Ek herhaal nou maar net weer: as iemand vir jou 'n pos aanbied en die
enigste
seker faktor aan die pos is dat dit hoogs tydelik is, en jy doen nie
navraag oor
skeidingspakkette nie, dan is jy baie dom. Kyk daar hoe lekker speel
ek nou
die man!

Die storie btw van Pityana wat by Administrasie navraag sou gedoen het
oor
die famous skeidingpakket is oorspronlik deur die Mail & Guardian
vertel, en
hulle het met gepaste joernalistieke ingeriteit gesê dat dit 'n gerug
is.
Jy herhaal dit toe klakkeloos en by jou word dit toe sommer die
waarheid.

Dit ironie van die hele saak is dat indien UNISA 'n blanke rektor
aangestel het
veral nog uit voorste Afrikanergeledere, en die man het ingevolge sy
diensvoorwaarders versoek dat die Universiteit vir hom 'n amptelike
woning
voorsien, dan sou geen haan daarna gekraai het nie. Geen haan.

So Pityana se standpunt dat daar ten minste 'n element van rassisme in
die
hele storie is, is dalk nie so vergesog nie.

Johnnie
Re: UNISA en Barney Pityana [boodskap #63214 is 'n antwoord op boodskap #63170] Vr, 07 Junie 2002 08:49 Na vorige boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Wouter. Ek stem saam - indien die buite-werk in pas is met sy akademiese
> verantwoordelikhede het ek geen probleem nie. Maar, in die geval van UNISA
> is dit beslis nie die geval nie. Ek glo egter steeds dat die rektorskap verg
> voltydse aandag - wel, hy word betaal/vergoed asof dit is. Ek probeer hard
> om die verband tussen sy rektorskap en posisie by die Lotto-manne te
> verstaan.

Weet jy hoeveel tyd die Lotto-voorsitterskap van hom verg? Nee. Ek het 'n
goeie idee dat dit nie meer tyd van hom gaan vereis as byvoorbeeld die
direkteurskap van ABSA wat die rektore van UP nou al donkiejare by betrokke is
en voor betaal word nie.

Maar hulle is wit Afrikaners, sien? Hulle mag dit maar doen.

Johnnie
Vorige onderwerp: Veranderde skool termyne ... AAARGGGHHH!!!!
Volgende onderwerp: Skoolvakke
Gaan na forum:
  
[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:01:58 MGT 2024