Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Koos Doep - "Nagkonsert"
Koos Doep - "Nagkonsert" [boodskap #61918] Sa, 11 Mei 2002 05:45
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Nagkonsert
Koos Du PLessis

as die nag sy stilte skink
herwin hy ou akkoorde
stem my aardse woorde
tot die maanlig daarin glim
soos op sy kitaar

elke aande sing hy sy lied
voor skaduwee gehore
soos eenkeer vantevore
oud maar so profeties nuut
daar dit als verklaar

oor die grense van tyd
van ruimte en tong
bind hy mense
in 'n wêreld wat kon

as sy vingers vrede vind
ontvang hy sonder grasie
weereens die ovasie
van die eeue in die wind
wat sy lied kom haal

dralend gaan die ou refrein
soos elke aand tevore
in die skaduwees verlore
en die nag is die gordyn
in die sterre saam.....
mmmmm

_______________________
Vorige onderwerp: Koos Doep - "Die Huistoepad"
Volgende onderwerp: Koos Doep - "Splinternuut"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 12:08:36 MGT 2024