Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Koos Doep - "Die Huistoepad"
Koos Doep - "Die Huistoepad" [boodskap #61916] Sa, 11 Mei 2002 05:30
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Die Huistoepad
Koos Du Plessis

die huistoepad is die pad wat jy vat
as jou oë verdor maar jou oë bly nat
en jy loop maar jy weet jy't die koers vergeet
lê die huistoepad tussen hoop en weet

maar die huistoepad is 'n donkerpad
dis 'n opdraendpad dis 'n dronkaardspad
dis 'n rowerspad en 'n kronkelpad
want die huistoepad is 'n kronkelpad

die huistoepad is 'n ware pad
maar 'n nare en vol gevarepad
dis 'n sloop-maarpad en 'n stroop-maarpad
want die huistoepad is 'n hoop-maarpad

die huistoepad is die pad wat jy vat
as jou siel verdor maar jou oë bly nat
en jy weet en jy weet jy is lank vergeet
lê die huistoepad tussen hoop en weet

en die huistoepad is 'n somber pad
dis 'n dink-en 'n peins -en 'n wonderpad
dis 'n sukkel- en beur- en 'n strompelpad
want die huistoepad is 'n kronkelpad

die huistoepad is 'n hartseer pad
dis 'n enkelpad dis 'n swart leë pad
dis 'n snags alleen deur die hoop loop pad
want die huistoepad is 'n doodlooppad
____________________________________
Vorige onderwerp: Help - ek soek Koos Doep se "Wie weet"....
Volgende onderwerp: Koos Doep - "Nagkonsert"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:36:01 MGT 2024