Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Môreliedjie deur Koos du Plessis
Môreliedjie deur Koos du Plessis [boodskap #61683] Di, 07 Mei 2002 20:27
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wat gee ek om die môrester?
Ek weet die dag lê drie uur ver.
En wanneer ek die fluite hoor,
speel ek die hele spel weer oor:
Van staan maar op, net soos die res.
Doen elke som en leer jou les.
Maar werk getrou, van ses tot ses
die maatskappy sorg vir die res.

Die wêreld wink; die lewe wag.
Met ywer kan jy veel vermag.
Doen net jou plig, van dag tot dag,
die toekoms lê en skaterlag.
As wysheid met die ouderdom
en grysheid en berusting kom,
moet ek tog teen die wysheid waak
wat wil `n ou man daarmee maak?

En wees maar lief en word bemin.
Dis net die deeltjie tussen-in.
Want liefde bly `n dubbeldoor:
Dis iets gewen en iets verloor.
Net iets gewen
net iets verloor.
Vorige onderwerp: Miskien Karien deur Koos du Plessis
Volgende onderwerp: " Spore op die Maan " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:49:53 MGT 2024