Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Swerwers deur Koos du Plessis
Swerwers deur Koos du Plessis [boodskap #61681] Di, 07 Mei 2002 20:17
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Jy wat jou op die wysheid roem,
wie sou jy die swerwer noem:
die een wat sonder afskeid ry,
of sy wat eensaam agterbly?
Of wie?

Wie sou die ware swerwer wees:
die een wat reis; die een wat lees;
die enk`ling op sy slentergang;
of elkeen wat na iets verlang?
Of wie?

Wie sou die ware swerwer wees:
die een te voet; die een in gees;
die een wat deur die verland stryk;
of hy wat deur die rookmis kyk?
Of wie?

Jy wat jou op wysheid roem,
wie sou jy die swerwer noem:
die een met ras en reisbiljet;
of elkeen wat nog drome het?
Of wie?
Vorige onderwerp: Molberge deur Koos du Plessis (herinnering aan Springs)
Volgende onderwerp: Miskien Karien deur Koos du Plessis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 02:46:34 MGT 2024