Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Molberge deur Koos du Plessis (herinnering aan Springs)
Molberge deur Koos du Plessis (herinnering aan Springs) [boodskap #61680] Di, 07 Mei 2002 20:12
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Jou naam besing verlore ou fonteine
en tower beelde van oases langs die pad;
maar ver al wys die torings van die myne;
jou skoonheid lê veel dieper in die hart.
En ek onthou:
Op `n manier was daar met net dieselfde vrede
die neig mos om te woon net waar hy wil.
En daal ek af in skagte na benede, die verlede,
word die rammelende ratte langsaam stil.

En die dreuning in jou buik skud snags die mure
en bring flitse van blou blitse in `n skag
waar mans soos molle, grou in diepdroomure
en goed breek uit die brandkluis van die nag.
En ek onthou:
Ek onthou nog soms die misreën in Augustus,
uit die newelige berge van die mol;
die gelatenheid van mense wat gerug is,
maar bewus is:
hierlangs is die wêreld halfpad hol.

Daar was legendes van die vreemdste avonture,
diep-diep in die mensgemaakte berg;
en saan in grotte om die bendevure,
het die ligspel teen grou wande al verdwerg.

Daar was `n huis met `n kombuis en greinhouttafel;
en ses mense het gedeel in lief en leed.
En mettertyd het alles uitgerafel,
maar wat leed was,
het ek jare terug vergeet.

Maar ek onthou en delf nog goud uit die verlede,
uit die newelinge berge van die mol;
en droom en bou, al vreet die vrees my vrede,
en al is my eie wêreld halfpad hol.

En droom en bou, al vreet die vrees die vrede,
want die wêreld is maar oral halfpad hol.
En ek onthou.
Vorige onderwerp: Irma deur Koos du Plessis
Volgende onderwerp: Swerwers deur Koos du Plessis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:25:17 MGT 2024