Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » "Koue Vuur" - deur KOOS DU PLESSIS
"Koue Vuur" - deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61662] Di, 07 Mei 2002 16:37
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Koue Vuur

die kole gloei soos vroeër aande
maar die vuur is in my kop

en 'n ysige wind skroei my hande
vas om die beker met dop
die ryp is 'n vlam om my voete
maar die koue brand in my bors

en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met 'n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op

daar's te veel met die wêreld gefoeter
daar's te veel met die mense gemors

en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met 'n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op

en die helde na al die geploeter
lê diep in die aarde se kors

en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met 'n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op

vreet my stuk-stuk op
vreet my stuk-stuk op
Vorige onderwerp: " Nokturne " deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: Karla deur Koos du Plessis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 12:50:43 MGT 2024